|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 218
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221. |
|
|
Hoe die helpers van die Essene ingespan kan word
218 Toe die beskrewe wonderwerk volbring was en die ouers hulle met hulle kinders in die herberg bevind, kom die herbergier, en ook sy personeel, aan wie die wonder iets baie natuurlik in hierdie plek skyn te wees, na ons toe; hulle vra Roclus, of en hoeveel hulle hom vir die groot wonderdaad in berekening moes bring vir die welsyn van die baie arm mense, wat van dag tot dag in hierdie plek in aantal toeneem, watter geld hy dan, soos ook altyd, gewetensvol aan die beheerder van die armes se versorging sou afgee.
[2] Roclus sê, soos wat Ek hom ook in die geheim in sy hart gelê het: “Aan my is hierdie barmhartigheid deur God verleen, en daarom verlang ek ook van niemand enige offer nie. Maar as iemand self uit vrye wil iets wil doen vir die arm mense, waaraan ons by ons geen gebrek het nie, kan julle dit aanneem en aan die instelling gee! Maar laat die yster doodskiste onmiddellik na die kasteel bring, sodat dit nie hier te lank voor elkeen sigbaar bly staan nie!”
[3] Die herbergier sê: “Maar as die vreemdelinge die doodskiste nou as herinnering weer saam na hulle huis wil neem?”
[4] Roclus sê: “Sê dan vir hulle dat ek dit so beveel het! Maar sê vir die een wat tog `n doodskis wil saamneem dat sy kind dan onderweg na sy huis sal sterf; dan sal niemand weier om die doodskis hier te laat nie!”
[5] Toe die herbergier dit van Roclus gehoor het, buig hy voor ons en haas hom die huis binne om te sorg dat alles wat Roclus hom beveel het, gebeur.
[6] Daarop verlaat ons hierdie plek dadelik, trek ons terug in die plekkie en begewe ons na `n ander poort, waarbuite `n vry herberg wat reeds lank gelede deur die Essene opgerig is. Dit was, op die kasteel na, wel die grootste gebou ter plaatse, waarby ook baie groot tuine behoort het, wat saam met die gebou as één geheel deur `n hoë, sterk muur omring was, wat elke honderd treë van `n wagtoring voorsien was. In hierdie herberg, wat vanuit Essea gesien, tussen dit ooste en die suide lê, was daar, behalwe `n groot aantal kreupeles, ook nog `n hele spul pleegkinders, wat volgens die vroeëre, reeds bekende gebruik van die Essene aan die ouers gegee word as hulle opnuut tot lewe gewekte kinders.
[7] Toe ons in hierdie herberg aankom, sê Roclus vir My: o Heer en Leraar! Kyk, dit is nou nog my grootste punt van sorg! Die baie kreupeles genees en hulle dan vir een of ander diens te gebruik, sou, veral noudat U aanwesig is, maklik wees; maar hierdie baie kreupeles was in vroeër tye in die besonder by die groot seremonies ter opwekking van dooies eensgesinde handlangers, en weet ook hoe die gestorwe kinders weer hier tot lewe gewek is! As ons hulle nou gesond maak en hulle êrens anders in die wêreld `n betrekking gee, dan kan dit maklik gebeur dat die een of ander in `n onbewaakte oomblik ons ou kasteel sou verraai, en dan sou ons wel weer in groot verleentheid kan raak, waar nóg ons nóg iemand anders mee gediend sou wees.
[8] Maar Ek het nou medelye met hierdie mense van beide geslagte, wat nou merendeels kreupel en sieklik is deur die groot inspanning wat hulle moes lewer, en ek sou hulle deur U barmhartigheid wil help. Maar as hulle gesond geword het, sal hulle seker weer hulle ou funksie wil opneem, wat hulle voorheen menige gewin opgelewer het, omdat hulle as wederopgewektes deur die vreemdelinge dikwels ryklik beloon was. Maar hierdie funksie bestaan nou nie meer nie, en ons is dus egter verleë oor hulle. Slegs `n advies van U sou ons daarin kan help.
[9] Met die pleegkinders is makliker `n goeie reëling te tref, omdat hulle nie die rede ken waarom hulle daar is nie. Maar hulle versorgers en opvoeders ken dit wel; net, hulle hoort by ons en weet goed hoe die sake nou in hierdie plek daarvoor staan. Van hulle het ons dus niks te vrees nie; want hulle is ook deur My oor U ingelig en rig hulle, alhoewel hulle merendeels heidene is, in alles volgens U en U leer. Slegs die kreupeles en sieklikes gaan ons, soos ook gesê, die meeste ter harte!”
[10] Ek sê: “Die kreupeles en sieklikes is suiwer heidene en hang nog hulle ou gode aan. Maak hulle tot belyers van die een, ware God, en toon hulle die krag van God se Gees in die mens, wek die geloof en die liefde volgens My leer in hulle op en genees hulle daarna, dan sal julle niks meer van hulle te vrees hê nie; hulle sal julle dan nog baie goeie dienste bewys. En aangesien hulle nou eenmaal reeds by julle hoort; moet hulle ook by julle bly! Julle wil tog immers baie hier verander, sodat daar van die ou, valse dinge niks meer aanwesig sal wees nie; daarby sal julle baie arbeiders nodig hê en almal, wat binne hierdie mure lewe, baie goed kan gebruik. Bowendien het julle `n sodanige oorvloed aan aardse goedere dat julle daarmee maklik tienduisend mense gedurende duisend jaar kan onderhou en voed, en daarom kan julle ook elkeen wat binne hierdie mure woon, wel vir `n kort tydjie goed onderhou en voed. - Is jy ook nie volkome daarmee eens nie?”
[11] Roclus sê: “O Heer en Leraar, ewige liefde, goedheid en erbarming! Dit was stilletjies ook al lankal my plan; maar my broeders wil in die opsig nie my mening daarin deel nie. Maar noudat dit helder en duidelik uit U mond gehoor is, sal ons met U barmhartigheid en hulp ook hierdie dinge maklik goed in orde kry, en daar het van my nou `n las van duisend pond van die skouers afgeval. Wil U, o Heer, nie Self hierdie herberg en die inrigting daarvan in oënskou neem nie?”
[12] Ek sê: “Vriend, vir Myself is dit nie nodig nie, aangesien Ek alles daarbinne van die grootste tot dit kleinste baie presies ken; maar ter wille van julleself en My leerlinge sal Ek ook hierdie instelling van julle wel binnegaan en die belangrikste gedeeltes daarvan deurloop!”
|
|
|
|
|