Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 51

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die komende oordele

51 (Die Heer:) “Laat elkeen dus vol sagmoedigheid en deemoed wees, dan sal julle mekaar daardeur die grootste en mees ware menslike eer bewys en in vrede en rus met mekaar lewe en omgaan!

[2] Eersug en hoogmoed wek egter wrewel, ergernis, veragting, wrok, toorn en ten slotte wraak, oorlog en die bose gevolge daarvan. Die hoogmoedige en eersugtige mens is ook steeds vol selfsug en hebsug; en omdat hy alles alleen vir homself wil verwerf, ter verhoging van sy wêreldse eer, is die treurige gevolg daarvan dat honderde en duisende mense om hom heen dan niks het nie en in die grootste armoede en behoeftigheid moet lewe, soos wat dit ook ten tye van Noag die geval was en in die laaste tyd van die nuwe heidendom nog meer die geval sal wees.

[3] Maar hierdie bose en volkome helse toestand onder die mense sal die oordeel wees wat hulle self sal veroorsaak. Die enorme aantal arm mense en verdruktes sal hulle uiteindelik bo hulle uiterste hoogmoedige verdrukkers verhef en korte mette met hulle maak, en dit sal `n tweede sondvloed wees deur middel van die vuur van die ten slotte te erg en swaar verdrukte arm mense.

[4] Maar ook `n natuurlike vuur sal in die tyd baie plekke verwoes; want in die tyd sal die mense uit te hoog opgewerkte aardse winsbejag soos kwaadaardige wurms deurdring in die dieptes van die aarde, daarin allerlei skatte soek en dit ook vind. Wanneer hulle egter die magtige ligging van begraafde oerbosse (steenkool) van die aarde sal bereik en dit sal gebruik vir die gloei en smelt van metale en vir nog baie ander dinge, dan sal ook die laaste oordeel, wat hulle oor hulself afroep, voor die deur staan.

[5] Die mense wat meestal in die groot stede van die konings en magtiges van die aarde van die tyd sal woon, sal egter die meeste te ly hê.

[6] Bly daarom almal steeds in die sagmoedigheid en deemoed en daardeur in die ware naasteliefde, dan sal daar geen oordeel oor julle afgeroep word nie; want waar die mens in daardie tyd in My orde sal lewe, sal geen laaste oordeel hom ook voordoen nie. Ek het julle dit nou vooruit gesê, met die bedoeling dat julle dit ook vir die ander mense sal sê en verkondig, sodat niemand uiteindelik as `n verontskuldiging kan aanvoer dat hy nie gewaarsku was vir die gevaar nie.”  

[7] Almal sê: “Heer en Leraar, aan ywer vir die goeie en ware saak sal dit ons, met U hulp, werklik nie ontbreek nie; maar daar is baie mense op die aarde, wat groot en uitgestrek is, en ons sal nie op alle plekke kan kom nie; en so sal die bose onder die goeie en ware voortwoeker, en ons sal waarskynlik nie in staat wees om volledig paal en perk daaraan te stel nie!”

[8] Ek sê: “Daarvoor sal julle, soos ook elke waaragtige goeie mens in My Naam, ook sekerlik nie ter verantwoording geroep word nie. Want dit is voldoende dat die waarheid aan die mens verkondig word; of hulle daarvolgens sal lewe en handel, is heeltemal hulle eie saak. Wie daarvolgens sal lewe en handel, sal nie in `n oordeel beland nie, maar die ewige lewe ontvang en salig word.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205