|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 165
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221. |
|
|
`n Genesing in die siekehuis van die tollenaar. Jesus laat die kinders na Hom toe kom
(Lukas 18: 15-17)
165 Toe Ek dit vir die mense gesê het, dink hulle by hulself: “Hy het waaragtig en waar geoordeel!”
[2] Maar die tollenaar verontskuldig hom teenoor My met die woorde: “Vriend, jy het weliswaar baie waar geoordeel, en jou oordeel sou my nog meer genoeë gedoen het, as ek nie juis die tollenaar was wat hom na volle waarheid so in die tempel teenoor God uitgespreek het nie! Maar hoe dit ookal sy, dit kom my tog uiters raaiselagtig voor hoe jy dergelike dinge so goed kan weet. Wat My betref, beskou Ek jou as `n profeet en ek vra jou om in die Naam van Die Een wat jou so met Sy Gees verlig het, my huis en my gesin te seën!”
[3] Ek sê: “Dit het jou al te beurt geval deurdat Ek voor jou huis stilgehou en `n ruspouse geneem het. Maar om jou ook te laat insien dat Ek nie slegs die reg, maar ook die mag het om jou huis en jou gesin te seën, moet jy maar eers die huis binnegaan, wat ook joune is en aan hierdie herberg behoort!
[4] Die huis het jy self ingerig om arm siekes uit hierdie streek en ook van buite te herberg, en jy het gesorg vir `n arts en vir baie goeie geneesmiddels. Daar word nou nog sewe ernstige siek mense verpleeg, wat nie deur jou arts gehelp kan word nie, hoe ervare en van goeie wil hy ookal is. Maar Ek het hulle reeds gehelp! Gaan nou dus maar die huis binne en oortuig jouself!”
[5] Die huis was maar `n paar treë verwyder van die hoofhuis, en die tollenaar en alle ander gaan inderhaas na binne en tref tot hulle baie groot verbasing al sewe volkome gesond aan; hulle vra hulle wie hulle gesond gemaak het, want daar moes `n groot wonderwerk gebeur het. Want nog nooit het `n arts sulke lammes, kreupeles, blindes en jiglyers genees nie.
[6] Toe sê die volkome geneesdes: “Ons weet nie wie ons so skielik en so wonderbaarlik genees het nie; want daar was niemand by ons nie, ook nie ons arts sedert vanmôre nie. Maar `n paar oomblikke gelede het ons `n krag soos vuur deur ons heen voel stroom en ons was so gesond soos nooit voorheen nie; ons durf egter nie ons beddens verlaat nie, want ons kon nie glo dat ons werklik gesond geword het nie.
[7] Die twee blindes dien ons wel as `n eerste bewys dat nie net is die lig van hulle oë weer terug nie, maar dat ons ook weer heeltemal in die besit van ons regte ledemate gekom het, maar tog glo ons nie volledig in ons tog so duidelik ondervindende genesing nie; maar nou glo ons dit, omdat julle daarvoor na ons toe gekom het.
[8] Een of ander wonderbaarlike mens en geneser moes dit self vir julle gesê het, anders sou julle nie hierheen gekom het om julle daarvan te oortuig of die wonderdoener teenoor julle die waarheid gespreek het - en dus weet julle beter wie ons genees het as wat ons dit self weet. Maar besorg ons nou ook ons klere, sodat ons na buite kan gaan en die wonderbaarlike geneser ons dank kan betuig!”
[9] Op aanwysing van die tollenaar gebeur dit dan ook gou.
[10] Nou sit die ou Fariseër, `n owerste en enkele ander priesters en Skrifgeleerdes groot verbaasde oë op en weet daar geen raad mee nie, en die een vra die ander wie hy dink dat Ek was.
[11] Maar die gewone burgers en ook die geneesdes sê eenstemmig: “Dit is tog eienaardig dat priesters en Skrifgeleerde nog kan vra wie dit is, wat deur die mag van sy wil die mees ongeneeslike siektes in één oomblik kan genees! Dit kan alleen God of `n buitengewone vroom mens wees wat, net soos die groot profete, van God se Gees vervul is
[12] Die priesters en die Skrifgeleerdes bedrieg die volk egter en sê dat dit nie gepas was dat leke die slegte moed moet hê om priesters van God `n les te gee nie.
[13] Die leke slaan egter geen ag daarop nie, maar gaan met die geneesdes die siekekamer uit, kom voor My staan en sê: “Heil U, groot Heer, wat na ons toe gekom het in die Naam van JaHWeH! Hosanna in die hoë en alle lof aan JaHWeH God, wat die mens `n dergelike mag verleen het!”
[14] Daarop haas baie vaders en moeders hulle na hulle wonings en bring weldra `n groot aantal kinders saam, wat in meerdere of mindere mate siek en swak was, en vra My of Ek hulle almal sal seën en daardeur gesond maak.
[15] Die aantal saamgebringde kinders was egter aansienlik en toe die leerlinge hoor dat Ek elke kind apart wil aanraak, ooreenkomstig die wens van die ouers, sê hulle: “Nou, nou, die dag sal nouliks nog twee uur duur. As die Heer elke kind apart moet aanraak en seën, sal die dag wel verby wees; en ons moet nog na `n ander plek reis! Want daar is geen sprake daarvan dat ons hier sal bly nie, omdat Hy onderweg al gesê het dat Hy nie in die eerste dorp sou oornag nie. En wat Hy eenmaal uitspreek, daar wyk Hy ook nooit `n haarbreedte van af nie. Laat ons die toestromende kinders terugstuur met die goeie opmerking dat dit nie nodig is dat elke kind apart aangeraak hoef te word nie; dit is voldoende dat Hy slegs één woord oor hulle uitspreek, dan sal hulle almal genees en geheel en geseënd en versterk wees!”
[16] Nadat hulle dit gesê het, verhinder die leerlinge vervolgens die toegang tot My en waarsku diegene wat onstuimig na My toe wil deurdring.
[17] Maar tog roep Ek al die baie kinders na My toe en sê vir die leerlinge: “Ag, laat al die kinders tog na My toe kom en hou hulle nie teë nie; want vir sulke kinders is die ryk van God! Waarlik Ek sê vir julle: wie die ryk van God nie soos `n kind in besit neem nie, die kom nie daarin nie!”
[18] Daarop laat die leerlinge alle kinders na My toe kom en Ek raak hulle almal aan, druk hulle aan My hart en liefkoos hulle en almal word fris, kragtig en gesond, en Ek laat hulle gaan onder die nie aflatende dankbetuiginge van die ouers.
[19] Toe kom daar egter enkele leerlinge na My toe die sê: “Heer! U het nou alweer `n nuwe voorwaarde gestel om die ryk van God deelagtig te word! Hoe kan ons, vir die merendeels vergrysde manne, nou weer kinders word om in die ryk van God te kom? En tog het U nou net duidelik gesê dat `n mens wat die ryk van God nie soos `n kind in besit neem nie, nie daarbinne sal kom nie! As dit dan so is, wat baat al ons inspanning, ontsegging en selfverloëning dan?”
[20] Ek sê: “Daar is tog werklik baie geduld nodig om met julle om te gaan! Hoe lank sal Ek julle nog moet verdra, voordat julle die dinge suiwer sal verstaan? As Ek sê dat mens net soos `n kind die ryk van God in besit kan neem, dan verstaan Ek daaronder immers nie die liggaamlike kindwees nie, maar alleen die kindwees in julle harte. `n Kind het geen hoogmoed, geen toorn, geen haat, geen neiging tot ontug, geen blywende hartstogte en ook geen ongeduld nie; hy huil wel, as iets hom aangedoen word, maar hulle laat hulle ook vinnig troos en vergeet die verdriet wat hulle gehad het en omarm die weldoener met alle liefde. So moet elke mens ook in sy hart en gemoed wees, dan is die ryk van God ook al sy eiendom. As julle dit nou begryp, sal julle tog nie meer hoef te vra hoe `n mens soos `n kind die ryk van God in besit moet neem nie? - Het julle dit verstaan?”
[21] Die leerlinge beaam dit en bedank My vir hierdie toeligting.
[22] Daarop vra die herbergier, wat soos bekend, ook tewens tollenaar was, aan My: “Wonderbare Heiland! U het hierdie plek nou `n onbeskryflike groot weldaad bewys, wat ons nie verniet van U kan verlang nie. Sê nou hoeveel ons U skuldig is, dan sal ek U betaal!”
[23] Ek sê: “Maar Ek sal niks aanneem nie; want watter mens het iets, wat hy nie van God ontvang het nie? Hoe kan mense God egter betaal met dit wat tog van God is?
[24] As jy egter tog iets wil doen, doen dit dan aan die arm mense, dan sal God dit aanneem asof jy dit vir Hom gedoen het! Want glo My, wat Ek hier gedoen het, dit het nie Ek gedoen nie, maar die Gees van Die Een wat julle julle God en Vader noem, maar wat julle nog nooit geken het nie; maar Ek ken Hom en sien altyd Sy aangesig. Vra dus nie meer wat jy My skuldig is nie! Maar bring ietwat brood en wyn!”
[25] Daarop haas die herbergier hom met syne die huis binne en bring vir ons brood en wyn in die regte hoeveelheid en Ek en die leerlinge versterk ons almal daarmee.
|
|
|
|
|