Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 195

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die verlange van die Arabier

195 Nou kom daar nogmaals `n Arabier na My toe wat vra, of Arabiere se baie sonde hulle ook beslis vergewe sou kan word, wanneer hulle ook sou handel waarvolgens Ek die Essene nou geleer het.

[2] Ek sê: “Elke mens kan die doop van die Gees uit God ontvang, as hy die enig ware God ken, werklik in Hom glo, Hom dan ook bo alles liefhet en sy medemens soos homself, en handel soos dit ook aan hom uit God se mond geopenbaar is. Maar wie die vroue meer liefhet as God, die bly in sy sonde!”

[3] Toe die Arabier dit, saam met verskeie aanwesige stamgenote, uit My mond gehoor het, staan hy aanvanklik ontsteld, maar hy vermaan hom gou en sê: “Ja, wyse en magtige Heer en leraar, U het baie duidelik gespreek en ek sien die waarheid van U woorde in; maar die waarheid is in ons aardse lewe nie so maklik om na te volg as wat mens dit met dit eerste oogopslag kan voorstel nie. God bo alles liefhê en ook werklik in Hom glo en daarom ook sy naaste meer lief te hê as homself, dit sou baie maklik wees en tegelykertyd iets baie saligmakend, as aan alles nie die korrekte en ware kennis van God vooraf moes gaan nie! Maar hoe kan mens één enig ware God ken en vir homself `n voorstelling maak van hoe Hy is en waar Hy is?  

[4] Ons is, soos wat die Judeërs ons ook noem, heidene van geboorte en het nooit iets gehoor oor `n enige ware God nie, behalwe van een of ander Judeër in `n baie onbegryplike taal; ons het ons dan ook voortdurend gehou by die leer wat ons van ons voorvadere oorgelewer gekry het en lewe volgens die sedes en gewoontes waarin ons vanaf ons geboorte opgevoed is; en daarvoor kan een of ander enige ware God ons nie ter verantwoording roep nie. 

[5] Dat ons baie van ons vroue hou, is waar. Maar wat moet ons doen? Hulle is nou eenmaal daar en met hulle mond, hulle gebare, hulle gestalte en natuur eis hulle liefde van ons, en ons natuur self gebied ons om die mooi en teer vroue lief te hê; ons sou dit dus as `n sonde beskou het om die vroue, veral as hulle nog jonk en mooi is, nie lief te hê nie. Maar een of ander een enige ware God as Enigste bo alles lief te hê sal vir ons nooit moontlik wees nie, omdat daar vir ons, behalwe die son en die lig van elke vuur, nog nooit `n herkenbare en waarneembare God bestaan het nie.

[6] Ons het ook priesters en magiërs, wat tot allerlei buitengewone dinge in staat is, wat sê dat hulle die dinge kan doen met behulp van die geheime krag van die natuur en haar geeste, en dat hulle daarom ook onsterflik is. Maar hierdie priesters en magiërs weet maar self net so min van één ware God as ons; ons ken Hom nie, kan dus ook nie in Hom glo en Hom nog minder bo alles liefhê nie; want wat vir ons mense eintlik nie bestaan nie, kan ons ook onmoontlik bo alles liefhê.

[7] Die son, die grootste weldoenster van die aarde en haar wesens, bestaan en ons aanbid haar, net soos die vuur, waarsonder daar net so min menslike lewe sou kan bestaan as sonder water en brood. En so hou ons ook van die vroue, omdat hulle daar is om mense vir ons ter wêreld te bring en hulle in hulle kindertyd as moeders met alle liefde, sorg en tederheid te versorg! Hulle is in `n sekere sin die skeppers van die mens; dit kos hulle baie moeite en groot inspanning en daarom verdien hulle ook al ons liefde en agting.

[8] Dit het ons alles reeds van kinds af aan geleer en daarna ook met ons verstand ingesien dat dit so is, en daarom het ons ook volgens die leer geleef; en ons kan niks daaraan doen as dit nie so goed was nie.

[9] Maar wanneer daar nou maar één ware God reeds sedert ewigheid bestaan het, wat Hom aan die Judeërs bekend gemaak het, dan moes Hy Hom tog ook wel aan ons Arabiere, die Perse, die Indiërs, die Egiptenare, Grieke en Romeine en nog baie ander volkere bekend gemaak het, wat egter, vir sover ek weet, tot nog toe nooit die geval was nie. En daarom kan `n God, wat vir ons nog nooit bestaan het nie, dit nie vir ons tot sonde reken, as ons nie ooreenkomstig Sy, miskien wel êrens of ooit geopenbaarde, wil geleef en gehandel het nie.

[10] Baie magtige Heer en Leraar, maak nou aan ons die een, ware God bekend en laat ons Hom so ken dat daar in ons geen twyfel oor Sy bestaan meer agterweë bly nie, dan sal ons nie net werklik in Hom glo nie, maar Hom ook bo alles liefhê en aan Sy wil, as dit ons bekend gemaak sou word, beslis ook baie getrou voldoen! Maar solank dit nie gebeur nie, kan ons die een ware God nie bo alles liefhê en aan Sy nooit aan ons bekend gemaakte wil ook voldoen nie.

[11] As U Self die een en enig ware God is, soos uit baie van U woorde en ook uit U daadkrag nie al te moeilik af te lei was nie, sê en toon ons dit dan nog duideliker, dan sal ons werklik in U glo, U bo alles liefhê en net soos hierdie Essene baie presies voldoen aan U wil, wat aan ons bekendgemaak is! Maar dit wat ek verlang, moet eers gebeur!” 

[12] Ek sê: “Jy het nou baie verstandig gepraat en môre sal daar ook aan jou verlange tegemoetgekom word! Maar jou bewering dat God Hom tot op hede nog nooit aan julle geopenbaar het nie, is nie waar nie! God het Hom ook aan julle voorouers net so waar, trou en openlik geopenbaar en hulle Sy wil bekend gemaak; maar die steeds toenemende liefde vir die wêreld en eieliefde van hulle nakomelinge het gemaak dat die kennis van die slegs een ware God baie vinnig wegsak, swakker en swakker geword het, en tegelyk daarmee het die handel volgens God se geopenbaarde wil verdwyn, omdat die mens, wat hom steeds na buite na die wêreld sal wend, dit te ongemaklik en te bitter gevind het.

[13] Toe tree daar ook al gou mense op wat self gladnie glo nie, maar werksku was en tog op die koste van hulle medemens op die wêreld so goed en aansienlik moontlik wil lewe. Hulle leer die goedgelowige mense wat hulle geval en vir hulle aangenamer voorkom, as om die leer te ken van die een ware God en die handeling volgens Sy wil; want die handel volgens God se wil vereis `n groot selfverloëning, waarsonder niemand God bo alles en sy naaste soos homself kan liefhê nie.

[14] Kyk, so staan die sake in werklikheid; maar wat jy dink, naamlik dat die enige ware God Homself maar net aan die Judeërs geopenbaar het, is nie waar nie!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205