|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 81
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221. |
|
|
Die dood van die mens
81 Een Skrifgeleerde egter, wat tot My bekeer was en by ons gebly het, sê: “Heer en Leraar! U het nou vir die wondermooie Maria van Magdala gesê dat U self `n ware brood uit die hemele is en eweso `n egte wyn, en wie die brood en hierdie wyn sal eet en drink, sal die dood ewig nie sien, voel en smaak nie. Ek weet wel dat U met “brood” U woord en met die “wyn” die lewende Gees daarin bedoel het, en met die “eet” van die “brood” die aanneem van U woord en met “drink” van die “wyn” die handeling volgens U goddelike leer beteken, wat sekerlik vanuit die hemele stam, omdat U self die enigste allerhoogste Heer van die hemel en ook van die aarde is; maar dat hy, wat die ware hemelse brood sal eet en die wyn uit die hemele sal drink gladnie sal sterf nie, is iets baie nuuts, en ek weet nie hoe ek dit moet begryp nie. Want mens kan ook wel van alle mense sê dat jy die dood nie sien, nie voel, en ook nie smaak nie; want `n mens sien, voel en smaak die dood inderdaad nie, solank hy nog leef nie - maar as hy gesterwe het en dood is, dan sien, voel en smaak hy die dood beslis ook nie, omdat hy geen lewe en bygevolg ook geen enkele gewaarwording meer het nie. U sien dat hierdie saak volgens my insig `n dubbele betekenis in hom het en dat dit daarom wenslik is dat U as Heer oor lewe en dood hierdie saak eers duideliker vir ons uiteen sal sit.
[2] Alle aartsvaders en profete, wat ook streng geleef en gehandel het volgens U wil wat aan hulle geopenbaar is, het uiteindelik tog ook gesterwe, en ons sal almal sekerlik ook moet sterf, omdat U ons reeds self by verskillende geleenthede maar al te duidelik gewys het op die afval van die vlees van die siel; maar nou sê U dat daar vir die een wat U leer sal aanneem en mettertyd navolg, geen dood sal bestaan nie. Hoe moet ons dit begryp?”
[3] Ek sê: “Vriend, by jou sal daar nog baie bewyse nodig wees, voordat dit heeltemal helder vir jou sal word! Het Ek dalk bedoel dat `n mens wat volgens My woord sal lewe ook liggaamlik altyd op hierdie aarde sal lewe? Hoe kan mens as Skrifgeleerde so blind en dwaas dink en oordeel! Wat die liggaam betref sal elke mens natuurlik sterf en sy liggaam sal die dood sekerlik nie sien, voel en smaak nie - maar des te sterker die siel van `n sondaar, as hy sy lewe nie volgens My leer sal verbeter en egte, ware boete sal doen nie! Want by die een wie se siel nog heeltemal vermeng en vergroei is met die vlees en die sinnelike luste daarvan, sal die siel die dood ook baie goed sien, voel en smaak, wanneer daar vir die liggaam die uur van die losmaak sal aanbreek.
[4] Kyk maar eens hoe die gemoedsgesteldheid van `n misdadiger se siel is, as hy ooreenkomstig die wette na die plek van teregstelling gesleep word om te sterf! Die siel sien in die eerste plek al die liggaamlike dood vir haarself en voel en smaak dit op `n baie kwellende wyse, en in die tweede plek duur die dood vir die magtelose en geestelike dooie siel aan die ander kant nog baie lank voort. Die laaste kom ten eerste deurdat sy in haar magteloosheid en volledige verlatenheid haarself nie meer, ooreenkomstig die woede wat in haar brand, kan wreek op diegene wat haar liggaam gedood het nie, en ten tweede deurdat sy in die diepste lewensduisternis beland, waaruit sy geen uitweg vind nie en so die ergste kwelling ondergaan, net vir solank totdat sy haar eie slegtigheid begin in te sien en haar lot geduldig verdra. Wil dit dalk sê dat so `n siel die dood nie sien, voel en smaak nie?!
[5] Maar `n siel wat volgens My leer reeds op hierdie aarde volledig wedergebore word in haar gees vanuit My, sal `n dergelike dood sekerlik ewig nie sien, voel en smaak nie, omdat sy in die volste en helderste lewensbewussyn sonder enige pyn van die liggaam sal skei, wanneer Ek haar vir ewig na My toe sal roep. Ek sê vir julle: baie van julle wat die geestelike wedergeboorte sal bereik, sal My vanaf hierdie aarde vra: “Heer, hoe lank sal U ons nog op hierdie aarde die sware las van die vlees laat verdra?” En met alle liefde sal Ek vir hulle sê: “Wees nog `n kort tydjie geduldig, dan sal Ek julle van julle las bevry!” En as die een of die ander van julle deur die heidene ter wille van My Naam ter dood gebring word, sal hy lag en hom verheug, omdat hy as martelaar van sy vlees bevry word, en selfs in die pyne van die vlees sal hy `n geluksalige verrukking voel. En wanneer dit beslis so en nie anders is nie, het Ek dan dubbelsinnig gespreek soos wat jy as Skrifgeleerde ook sê jy dit begryp het? Sê jy nou of jy nou nog so oor hierdie saak dink!”
[6] Die Skrifgeleerde sê: “Ja, Heer en Leraar, nou is hierdie saak ook vir My duidelik! Ek begryp dit nou en is ook baie bly daaroor, hoewel ek tog openlik moet beken dat selfs die mees saligmakende liggaamlike dood vir hulle, wat nog op aarde in die vlees moet bly, absoluut niks bekoorlik of begeringswaardig is nie, maar slegs die teendeel laat sien en baie vernederend skyn te wees vir die eer van `n mens wat in `n sekere sin meester oor die natuur is; want die verstandige mens wat homself in sy denke, geloof en kennis verhef het tot die volledige Godsbewussyn en ook God se liefde in sy hart dra, is uiteindelik by sy sterwe nie net niks voor op watter dier dan ook nie, maar staan ver daaragter.
[7] Want die dier weet sekerlik nie vooraf dat hy sal sterf nie en die mens moet sy hele lewe lank rondloop met die hoogs onaangename bewussyn, en as gevolg daarvan is dit ook nie heeltemal onbegryplik dat baie mense hulle alleen al in alle sinlike wêreldse genoegdoeninge stort nie, omdat die bittere gedagte aan die sekere dood hulle in `n sekere sin daartoe dwing.
[8] In die gesonde menslike gemoed is daar sekerlik oorwegend `n spesiale en blye gevoel van saligheid, want wie sou nie bly, gelukkig en opgewek wil wees nie? Maar te midde van hierdie gevoelens, wat die mens dikwels so gelukkig maak, kom die swart en vir die gemoed beangstigende gedagte aan `n sekere dood na bowe, en met die saligheid is dit dan dae lank gedaan!
[9] Ja, wanneer elke mens weet wat ons nou deur U barmhartigheid weet, sou hulle hulleself natuurlik niks van die gedagte aan die dood aangetrek het nie! Maar hoe weinig is daar wat dit weet. En dus is hulle na my mening ook te verontskuldig as hulle te midde van hulle ellende, waarvan hulle voortdurend helder bewus is, soveel moontlik verstrooiing soek, sodat hulle nie as vriende van `n gelukkige lewe elke oomblik deur die gedagte aan die dood en die graf afgeskrik word nie. Ek sien nou goed in dat die mens met die dra van sy swaar vleeslike las, nooit volledig salig kan word nie, en dat die liggaamlike dood uiteindelik `n onskatbare wins vir hom is; maar die Skepper kon tog die mens die voorreg geskenk het dat sy dood niks bitter in hom sou gehad het nie en niks wat sy gemoed dikwels soseer sou beangstig nie? Die mens sou immers in één oomblik opgelos kon word en `n bewoner van die ander wêreld word!
[10] Waartoe dien die dikwels langdurige wegkwyn tot die dood wat daarop volg, waartoe die pyne en die bitterheid van die dood en vervolgens die langdurige ontbinding en vergaan van die dooie liggaam in die graf?
[11] Kort en klaar: met die gebruiklike manier van sterf van die mens is ek dit absoluut nie eens nie en ek kan dit nie as billik beskou nie!”
|
|
|
|
|