Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 100

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Sedes en gewoontes

100 Nadat elkeen in hierdie nag baie goed uitgeslaap en uitgerus was, staan almal saam met My, ruim `n uur voor sonsopkoms op, en het hulle hulleself volgens die gewoonte van die Judeërs gewas; maar die Romeine het hulle volgens hulle gewoonte met welriekende water gewas en smeer hulle daarna in met net sulke welriekende olie, wat natuurlik `n baie aangename geur in die kamers van die huis versprei het.

[2] Toe kom daar enkele leerlinge na My toe en sê: “Heer, hulle het weliswaar ons geloof en ons oortuiging aangeneem, maar hulle skyn tog aan hulle heidense gebruike te wil vashou! Die water, die olie en die salf sal wel baie kosbaar wees en dan sou dit tog ook vir hulle nuttiger wees om hulle net soos ons met suiwer en fris water te was en die baie geld, wat hulle water, hulle olie en hulle salf sekerlik kos, vir die arm mense te gebruik!”

[3] Ek sê: “Wie vir die arm mense doen wat hierdie Romeine doen, het ook die reg om, as sy vermoë dit toelaat, ook sy liggaam te versorg op die manier wat hy reeds van kinds af gewoond is; want vir hulle het dit net so `n natuurlike behoefte geword as die suiwer, fris water vir julle. Ek let nie daarop, of en waarmee iemand sy huid gereinig en verfris het nie, maar slegs of hy gewas en rein van hart ten opsigte van My is. 

[4] Daarom moet julle, as julle My evangelie aan die volkere sal verkondig, julle ook nie bemoei met die manier waarop hulle gewoond is om hulle liggame te versorg nie; want vir elkeen is dit voldoende dat hy in My en My Naam glo en volgens My leer leef; maar sy liggaam moet hy voed en versorg soos hy dit ook van kinds af aan gewoond was, sodat hy op sy eie manier fris en gesond kan bly. 

[5] Kortom, dit waarvan julle sien dat Ek dit duld, moet julle ook duld! En wat Ek julle tot elkeen se sieleheil aangeraai het, moet julle ook diegene aanraai na wie julle deur My Gees gelei word, - sonder om julle daaraan te steur of iemand dit aanneem of nie!

[6] Ook moet julle alles eet en drink wat julle op die tafel voorgesit word en geen drukte maak oor die materiële uiterlike Judeërdom nie, wat vir My geen waarde het nie, maar handel in die gees van die ware, innerlike en lewende Judeërdom; dan sal julle My waaragtige leerlinge wees; dan sal Ek welgevalle aan julle hê en aan julle werke en sal in die gees by julle bly tot aan die einde van die tyd van hierdie aarde! - Het julle My begryp?”

[7] Nou sê Johannes: “Heer, U sê altyd: “tot aan die einde van die tyd van hierdie aarde!” Goed, maar wanneer dit verby sal wees, hoe sal dit dan verder gaan in die hele ewigheid, en sal ons dan tot aan die einde van die tyd van hierdie aarde hier moet bly en steeds aan alle volkere van die aarde U evangelie moet verkondig?”

[8] Met `n vriendelike gesig sê Ek vir My geliefde leerling: “Wat se kinderlike gees en kinderlike verstand het jy tog nie! Julle sal, wat julle liggaamlike persoonlikheid betref, ook nie langer op hierdie aarde hoef te lewe as enige ander normale gesonde mens nie; maar julle sal vir `n deel geestelik werksaam bly voortlewe in al diegene wat julle in My Naam sal navolg, - maar vir `n ander belangrike deel sal julle by My in My hemele ewig verder lewe en van daaruit meer as nou kan inwerk op die mense van hierdie aarde, wat soos aan julle ook bekend is, boonop die bestemming het om net soos julle, My kinders te word.

[9] Maar dit sal vir julle tot nou toe nog onbegryplik lank duur voordat die eintlike einde van die tyd van hierdie aarde sal kom! Want kyk, alle materie van hierdie aarde bestaan uit veroordeelde siele, wat nog vrygemaak moet word. Reken nou één atoom materie vir die substansie van één siel, en bedink dat daar per jaar maar 10 000 maal 10 000 siele uit die oordeel van die materie verlos kan word langs die weg, wat Ek julle al herhaalde kere getoon het - omdat daar naamlik by so `n groot jaarlikse toename van die aantal mense, nie meer mense op die aardbodem kan bestaan nie - dan sal julle goed insien dat die aarde, hoewel onder nog baie veranderinge, ook in materiële opsig nog behoorlik lank sal bly bestaan.

[10] Daarby kom egter nog dat daar vanuit die son en die eter wat haar omgeef, steeds opnuut materie aan die aarde toegevoeg word, waarvan die hoeveelheid origens kleiner is as die jaarlikse hoeveelheid verloste materie, en in die lig bekyk sal julle nog des te meer begryp wat vir `n baie lang bestaansduur hierdie aarde tot aan haar laaste tye nog beskore is. Dit is alleen alles deur My sedert die ewigheid so bepaal, en die tyd lyk net vir die mens lank, wat nog die las van die vlees dra; maar in My ryk sal julle die tyd en haar duur met baie ander oë en met `n baie ander insig en ander wysheid beskou. - Kyk, so staan die sake daarmee!

[11] Maar nou gaan ons weer na buite! Want nou sal alle aanwesiges wel gou uit hulle kamers na hierdie saal kom; en voor die tyd wil Ek al buite wees met julle paar.”

[12] Toe Ek so met die paar ou leerlinge van My gespreek het, en wel met Petrus, Johannes, Andreas, Jakobus en Matthéüs, kom ons Lasarus ook na ons toe, begroet My en vra wanneer Ek die oggendmaal sou wil gebruik.

[13] En Ek sê: “Kort na sonsopkoms, aangesien Ek My daarna tot die aand na `n plek sal begewe, van waaruit ons vanaand eers weer sal terugkeer; watter plek ons sal besoek, sal julle wel later te hore kry!”

[14] Toe Lasarus dit hoor, gaan hy weg om alles te reël; maar Ek gaan met die paar leerlinge dadelik na buite, en Lasarus kom My spoedig agterna.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205