Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die toekomstige bevolkingsdigtheid van die aarde. Die gebreke van die ouderdom

15 Maar één van die Indiese magiërs, wat ook nog by ons was, sê: “Groot Heer en Leraar, ek het nog baie dinge, waarby `n helderder lig my nie sou skaad nie! Wanneer ek U dus iets sou vra, sou U my dan wel `n antwoord waardig ag?”

[2] Ek sê: “Jy is eweseer `n mens soos elke ander een, en dit is genoeg! Vra maar wat jy wil, dan sal ek jou `n antwoord gee!”

[3] Hierop dink die magiër ewe daaroor na of die vraag wel nie te onnosel en gewoon was nie; maar hy vermaan homself gou en sê: “Heer, daar is iets, wat ek volgens die ervaringe wat ek op hierdie aarde opgedoen het, eintlik nie goedvind vir die voortbestaan van die mens nie! Wanneer U dit nie verander en op een of ander manier verbeter nie, sal dit met die voortbestaan van die mens met verloop van die tyd beslis moeilikheid gee.

[4] Kyk, mense en diere vermenigvuldig hulle van dag tot dag en het ook steeds meer voedsel nodig; maar die bodem van die aarde word nêrens uitgebrei of vergroot nie! Wanneer dit nog `n paar duisend jaar so aangaan, sal dit met die voortbestaan van die mens beslis probleme oplewer. Wat sê U, o Heer, oor hierdie mening van my?”

[5] Ek sê: “My dierbare vriend, hierdie sorg kan julle julleself om diverse redes geheel en al bespaar; want hoeveel mense die bewoonbare deel van die aarde nou kan bevat, is al sedert ewige tye baie goed deur My bereken. Wanneer die aarde - wat daarvan tot op hede drooggelê is om die mens te herberg - nog tienduisend jaar so voortbestaan en die menslike geslag hulle elke jaar sal verdubbel of verdriedubbel, sal op hierdie aarde nog tienmaal soveel mense soos nou, baie goed kan voortbestaan. En as daar dan mettertyd inderdaad soveel mense sou kom dat die huidige groot, droog gelegde bodem van die aarde hulle nie meer sou kan voed nie, wel nou, dan het ons nog `n hele spul metodes in die hand om in één oomblik vir nog honderd-duisend maal soveel mense soos wat daar nou op aarde woon, hele wêrelde uit die see omhoog te laat kom! Oor die punt wat vir jou so sorg baar, kan julle dus heeltemal gerus wees!

[6] Daar woon nou op aarde so `n groot aantal mense dat jy geen getal ken, wat groot genoeg is om die aantal aan te dui nie, en tog is daar op aarde nog sulke groot stukke volledig onbewoonde grond, wat duisend jaar nouliks voldoende sou wees om daaroor te reis en dit te bekyk. En tog besit bepaalde ryk mense groot stukke land vir hulself, wat werklik meer as honderdmaal groter is as wat vir hulle voedsel nodig is. As julle aanneem dat die aardbodem mettertyd enigsins eweredig verdeel sal wees, dan sal alle mense - al was daar wel honderd keer soveel as nou - nog genoeg voedsel en `n inkomste vir hulle liggaam vind, en verseker wanneer hulle volgens My leer sal lewe! Is julle met hierdie uitleg tevrede?”

[7] Die magiër sê: “Heer en Leraar, geheel en al, en dit is vir my nou `n stuk ligter om die hart! Maar ek het nog iets, waaroor ek van U nog `n klein bietjie meer lig sou wil hê, wat ek my tot nou toe in U baie verhewe geselskap my eie gemaak het. Daar is weliswaar al daaroor gespreek en uit U mond het ook verklarings gekom, wat my baie lig gegee het; maar iets het vir my nog duister daarby gebly. Noudat ek eenmaal met my metgeselle by die bron van die lig staan, sou ek ook in alles wat nog vir my duister is, `n bietjie meer lig wil hê.

[8] Kyk, Heer en Leraar, die bestaan en lewe van `n mens is werklik groots en oorheerlik! Hy word verwek, gebore en van hierdie oomblik af deur sy ouers opgevoed tot `n mens, hy kan dink, praat en handel volgens die denkbeelde wat hom deur die opvoeding bygebring is en wat hy as denkende mens self ontdek het, deur middel van sy denkvermoë en deur die langsame weg van ervaring en gevormde verstand.

[9] Wanneer `n mens dan van goeie wil is en geestelike krag onder groot inspanning en dikwels bittere ervaringe op so `n hoë moontlik vlak gebring is, dan begin sy liggaamlike en ook sy geestelike krag af te neem, die liggaam word moeisaam, oud en gebrekkig, word siek en sterf dan ook onder meestal groot pyne en in groot angs en vrees vir die dood.

[10] Nou weet ek wel uit U mond dat die dood vir die mens niks afskrikwekkend moet wees nie, en ook volledig pynloos sou wees, wanneer hulle in die geopenbaarde orde gebly het en daarvolgens geleef en gehandel het; - nou is dit egter vir die mens baie betreurenswaardig dat daar so baie sonder hulle skuld onmoontlik iets kan weet van die geopenbaarde orde vir die menslike lewe wat in die oertyd geopenbaar is, en daarom genoodsaak is om in `n geheel daaraan teenoorgestelde orde te lewe, wat sonder hulle skuld ontstaan het; desondanks moet hulle die erge gevolge daarvan net so goed verdra, asof dit deur hulle skuld verdien sou gewees het. Wel nou, dit beskou ek eerlik gesê, van U kant `n merkwaardige inrigting in die meganisme van die menslike liggaam!

[11] Dit is `n baie goeie wet dat hulle die mens dood, wat met die dood gestraf moet word, as waarskuwende voorbeeld vir ander wat miskien ook in hulle bose luste deur iemand gehinder word. Maar `n wet, waardeur byvoorbeeld iemand wat van die dak afgeval het en deur sy val `n ander mens van sy lewe beroof het, eweneens met die dood gestraf moet word, sou tog wel die mees onregverdigste wees wat daar op die wêreld bestaan! En kyk, presies so kom dit vir my ook die so nou net aangehaalde goddelike beskikking voor met betrekking tot die siekte en die baie pynlike liggaamlike dood van die meeste mense; jy ondergaan daardeur `n straf, wat jy in feite nooit deur eie skuld verdien het nie! Dan sou U in die vervolg tog wel iets anders kan inrig!

[12] Weliswaar is dit waar dat die Indiërs, wat dikwels baie jare lank die ergste pyne met groot standvastigheid verdra het, omdat ons geloofsleer hulle vertel dat God Sy grootste behae skep in hulle ergste pyne wat langdurig is, en met die grootste geduld, standvastig te verdra. Maar by die aanblik van sulke dikwels baie gruwelike lyding en sulke pyn verset hulle die gemoed van `n mensevriend wat innerlik onbevange en vry van vooroordele is, en vra aan die Skepper van die aarde en mense: “Almagtige en wyse God! Kan U eintlik wel behae skep in die onnoembare kwellinge en pyne van U skepsele? As die mens verdwaas is in hulle denke en verstand, het U immers tog genoeg metodes om hulle steeds opnuut te verlig, soos U ook die eersgeskape mens van hierdie aarde verlig het!”

[13] Waarom laat U toe dat duisende geslagte eers duisende jare onder die bitterste kwellinge moet lewe, voordat daar maar `n vonkie van U lig onder hulle uitgestrooi word?

[14] Kyk, Heer, dit is `n baie belangrike vraag van ons, baie geplaagde mense, aan U, die Heer en Skepper van die aarde en mense! Gee ons daaroor `n ware lig!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205