Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 183

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die verlossing van die materie

183 (Die Heer:) “Weliswaar is geen enkele mensesiel met al haar gevoelens van sterflikheid as volkome dood te beskou nie, maar tog is dit `n egte dood van die siel, as jy in die voortdurende toenemende angs leef om haar so aangenaam geworde lewe spoedig te verloor, of dit baie smartlik ewig in `n duistere kerker te moet deurbring, sonder enige hoop om ooit daaruit verlos te word.

[2] Maar weet julle wat dit is, wat `n dergelike gevoel oproep in die siele van meestal materiële, selfsugtige en trotse heidene, en waarom hulle dan ook alle moontlike genoegdoeninge en verstrooiing najaag, net om die gevoel van sterflikheid, wat hulle bo alles teenstaan, soveel moontlik kwyt te raak?

[3] Kyk, die liefde vir die wêreld en die materie bring dit teweeg! Solank `n siel aan die besitting en rykdomme van hierdie wêreld hang en dit van regsweë as haar volledige eiendom beskou en daarom ook elke mens straf, wat hom, in geval van nood, vanweë sy armoede, daaraan sou kon vergryp of hulle al eens daaraan vergryp het, solank sal hulle die gevoel nooit heeltemal kwytraak nie, nóg in hierdie, nóg in die ander wêreld; want alle materie is geoordeel en dus dood, ten opsigte van die vrye gees. Maar as `n siel aan die dooie materie geheg is, kan sy ook geen ander gevoel hê as slegs die van die dood nie.

[4] As `n siel haar egter deur die ware en lewende geloof in die Een God en deur die liefde tot Hom en die naaste van die materie afkeer, dan sal sy `n dergelike gevoel, soos dit ook nou by julle die geval is, ook weldra volledig kwytraak, en dit is dan ook vir elke mens `n sekere en onmiskenbare teken dat die oordeel en die dood van die siel gewyk het. 

[5] Maar dit is egter geen maklike werk vir `n siel nie, as dit eenmaal vervul is met die liefde vir die wêreld, en daar is baie ryk en magtiges op die wêreld vir wie dit moeiliker is om afstand te doen van die materie en haar ingebeelde waarde, as vir `n kameel om deur die oog van `n naald te gaan. Maar tog is dit ook met die hulp van God moontlik, soos dit nou ook by julle Grieke die geval is en nog steeds meer die geval sal wees, as julle dit uit vrye wil in dade sal omsit, soos  wat Ek julle nou aangeraai het!

[6] As julle maar net glo, maar die geloof nie in dade omsit nie, dan is die geloof self nog dood en kan dit die siel geen egte lewe gee nie; maar deur die daad word die geloof lewend en derhalwe ook die siel deur haar lewende geloof. Daarom sê Ek julle nog eens: glo dus nie net wat julle van My hoor nie, maar handel gewillig en ywerig daarvolgens, dan sal julle in julleself die ware, ewige lewe ontvang!

[7] Ek sien nou wel dat julle My almal as Heer en Leraar erken, maar dit sou in julle siele nog nie die gevoel van volledige onsterflikheid opwek nie; maar wat die gevoel van onsterflikheid in julle siele opwek, is die feit dat julle in volle erns in julle hart besluit het om altyd te doen wat Ek julle aangeraai het.

[8] Bly nou, in ooreenstemming met die besluit, voortaan ook in My Naam optree, dan sal die ewige lewe uit My in julle bly, en julle sal in ewigheid geen dood meer sien of smaak nie!

[9] Wat het `n mens daaraan, as hy alle skatte van die aarde sou besit en hom daarmee alle denkbare soorte van vermaak sou kan verskaf, maar daardeur skade aan sy siel ly? Sal al hierdie skatte hom wel uit die harde kettings van die dood kan verlos?

[10] Werklik! Die dood kan aan die dood geen lewe gee nie; dit kan alleen die lewende daad volgens My leer doen, omdat Ek Self voortdurende liefde, daad en lewe is! Want alles wat daar in die oneindigheid is, is immers `n werk van My liefde en My lewe. Glo julle dit?”

[11] Almal sê: “Ja, grootste Heer en Leraar uit U self van ewigheid, ons glo nou alles, en ons sal ons geloof ook deur werke, volgens U baie suiwer en ware leer, tot lewe bring, as U ons altyd waarlik mag help, sou ons ooit swak word!

[12] Maar nou nog `n klein vragie: Het die ou priester op Patmos hierdie leer, wat U uitvoerig tot ons gerig het, ook net so in sy geheel en volledig in die gees gehoor, soos ons dit hier gehoor het?”

[13] Ek sê: “Baie verseker, soos wat Ek julle ook alreeds gesê het! Wat Ek hier vir julle gesê het en nog verder sal sê, lê Ek hom in sy hart, en hy sal dit daar uithaal en dit vir homself en vir julle en vir baie ander opskrywe. En as julle op Patmos kom, sal julle julleself daarvan oortuig.

[14] En nou gee Ek elkeen van julle die vryheid om My die een of ander te vra. Wie tot sy heil nog iets van My wil weet, kom vra dit; want wie soek, sal vind!”

[15] Toe almal dit van My gehoor het, word hulle baie vrolik en opgewek; want hulle het nog baie, waaroor hulle van plan was om My te vra. Maar toe hulle dit vir My wou vra, weet niemand van hulle wat hulle My eintlik moes vra nie; en daarom weet hulle dan ook nie so goed wie van hulle die eerste `n vraag aan My moes stel nie.

[16] Maar Ek help hulle gou uit hierdie verleentheid deur te sê: “Wel nou, Kado, vra jy maar, as niemand anders durf vra nie!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205