Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 164

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Voor die herberg van `n tollenaar. Die geskiedenis van die Fariseër en die tollenaar

(Lukas 18: 9-14) 

164 Na hierdie voorspelling van My loop ons vervolgens eers swyend en met haastige tred verder, kom baie gou op die heuwel en sien van daar af ook al die plekkie wat baie naby lê, wat Ek eerste aangegee het.

[2] Ons bereik dit dan ook vinnig en maklik, en rus uit voor `n herberg, waarvan die eienaar tegelykertyd tollenaar was. Hy vra ons of ons vreemdelinge of inwoners, dit wil sê, Judeërs was.

[3] En Ek sê vir hom: “Aangesien jy self tog `n Judeër is, sal jy aan ons ook wel sien dat ons geen vreemdelinge is nie! Jou vrou is weliswaar `n Griekse vrou, hoewel sy Judese kleding dra; maar hierdie mense, wat by My is, is Judeërs, ofskoon enkeles van hulle Griekse kleding dra.”

[4] Nou kyk die tollenaar verbaas op en sê: “Niemand het U nog ooit in hierdie afgeleë streek gesien nie; hoe weet U dan dat my liewe vrou `n Griekse vrou is?”

[5] Ek sê: “Ek weet nog baie meer oor jou en jou vrou, oor julle twee kinders, wat `n tweeling is, en eweneens oor jou huis en oor die hele dorp; maar as jy sou weet Wie dit is wat nou met jou spreek, sou jy sê: “Heer, bly by My, want die dag loop ten einde!”

[6] Na hierdie woorde van My raak die tollenaar nog meer ontsteld en sê: “Vriend! Jy is `n wonderlike mens! Jy is `n waarsêer of `n Esseen of selfs `n egte profeet! Want anders sou jy tog onmoontlik kan weet dat my vrou `n Griekse vrou is en dat ons werklik slegs twee kinders het, wat inderdaad `n tweeling is. Wil jy nie met jou metgeselle in my huis inkom en `n klein verfrissing vir julle neem nie? Ek dink dat `n mens beslis baie van jou te wete moet kom, wat vir hom van groot nut sou wees!”

[7] Ek sê: “Jy het tog gaste in die huis en daar is weinig ruimte binne. Bowendien is Ek nie `n bepaalde vriend van die Fariseërs, Skrifgeleerdes, priesters en skynvromes nie, daarom bly Ek liewer buite.”

[8] Nou was die tollenaar nog meer verbaas, omdat Ek hom ook vertel watter gaste daar in sy huis was. Daarop gaan hy self die huis binne en sê vir die gaste wat hulle daar bevind dat daar nou net `n baie merkwaardige groep mense aangekom het, en dat daar één by was wat, desondanks `n vreemdeling was, maar van verborge dinge beter op hoogte was as menige inwoner.

[9] Die tollenaar het dit nog maar nouliks gesê, of almal in die huis staan op en haas hulle na buite om ons, en veral vir My, te bekyk en tewens vrae te stel.

[10] Één van hulle, `n gepensioeneerde Fariseër, wat hom erg op sy eerlikheid en vroomheid verlaat, sê vir My: “Luister eens, vriend, die herbergier van hierdie herberg het vir ons gesê dat jy verborge dinge weet en ook, hoewel jy `n vreemdeling is, beter op hoogte is van die dinge in die dorp en hierdie streek as `n inwoner! Sê My nou eens wie ek is en hoe my karakter is!”

[11] Ek sê: “Sodat jy en nog verskeie ander wat net soos jy is en wat hulle net soos jy as vroom en regverdig beskou, mag sien dat Ek jou goed ken, wil Ek jou `n baie in kort, `n klein voorval uit jou lewe vertel. Omdat jy jouself as vroom en regverdig beskou, maar ander mense verag, van wie jy oordeel dat hulle nie soos jy is nie, gaan jy dan ook na die feeste in Jerusalem, bring aan die tempel die voorgeskrewe offers en regverdig jouself op die manier in die oë van die priesters van die tempel.

[12] Gedurende die Pasga van hierdie jaar reis daar dan ook `n ou Fariseër, wat homself as vroom en regverdig beskou, na die tempel, asook `n tollenaar.

[13] Die Fariseër loop tot baie naby die offeraltaar om deur verskeie vooraanstaande mense bekyk en opgemerk te word, bid vir homself, en wel taamlik hard, as volg: “God, ek dank U dat ek nie soos baie ander mense is nie, soos ook diewe, rowers, onregverdige, egbrekers, en ook soos die tollenaar wat saam met My reis nie! Want ek vas tweemaal per week en gee selfs as Fariseër die tiende van alles wat ek het; so hou ek my ook aan die gebooie van Moses en het bowendien ook altyd die insettinge van die tempel hoog in ere gehou. Gee My, o God, die barmhartigheid dat ek ook in die toekoms in hierdie geregtigheid en sondeloosheid sal bly en ten slotte hierdie wêreld ook op hierdie manier sal verlaat!”

[14] Maar die tollenaar bly `n end van die offeraltaar af staan en durf selfs nie sy oë opslaan nie, maar slaan homself op die bors en sê: “O Heer, wees my sondaar, wat nie waardig is om sy oë op te hef na U heiligdom nie, barmhartig en betoon medelye!”

[15] Wie, dink julle, verlaat die tempel as werklik geregverdig in God se oë: Die Fariseër, wat homself verhoog het, of die tollenaar, wat homself voor God verdeemoedig en verneder het?”

[16] Toe sê sommiges, wat wel gemerk het dat Ek die ou Fariseër met hierdie beeld betrek het, omdat hulle hom baie goed geken het vanweë sy herhaalde roemery en prysery van homself by diegene wat hulself net so vroom en regverdig beskou: “Vriend, daaroor kan slegs God oordeel, wie se alsiende oog die hart en niere van die mens ondersoek; ons mense kan geen definitiewe oordeel daaroor vel nie, omdat jy as vreemdeling ook hierdie geskiedenis, wat hom inderdaad net so afgespeel het, so baie presies en uitvoerig ken, moet jy ons maar sê wie van die twee geregverdig voor God die tempel verlaat het!”

[17] Ek sê: “O, die genoeë kan Ek julle wel doen! Ek sê vir julle: hierdie tollenaar gaan geregverdig die tempel uit, omdat hy homself verneder het en sy skuld teenoor God in sy hart getrou en waaragtig bekend gemaak het, en so keer hy ook ten aansien van die Fariseër geregverdig na sy huis terug. Wie homself verhoog, word verneder, en wie homself verneder, sal verhoog word!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205