Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 59

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Hoe ons aarde se verhouding is tot ander wêrelde

59 Ek sê: “Julle het My woorde by die beantwoording van julle eerste vraag baie goed begryp en in die onthulling wat Ek julle gegee het so `n treffende en ware toepassing op julle lewe gevind dat Ek dit nooit Self duideliker aan julle kon gegee het nie; en wie aldus, soos jy ook gesê het, deur die nou poort in homself sal binnegaan, sal ook in volle werklikheid in sy gees wedergebore word tot die ewige lewe. Maar omdat julle die onthulling wat Ek julle gegee het so helder en goed begryp het, is dit byna `n wonder dat julle die volledige antwoord op jou tweede vraag nie ook in jouself waargeneem en ten volle gevind het nie.

[2] Kyk, wanneer die mense van hierdie aarde in verhouding tot die eindelose Groot Skeppingsmens dit word wat die bevestigende, positiewe kamertjie van hulle hart is, ten opsigte van die algehele omvang van hulle liggaam, dit tog ook leef en aktief is volgens die norme van die verstand, die wil en so nou en dan ook nog van die instink, dan is jou tweede vraag tog baie maklik en duidelik te beantwoord!”

[3] Die Romein sê: “Ja, ja, Heer en Leraar, dit blyk my nou self ook al haas so te wees! Ek het die gevoel dat ek dit al weet; maar - tog weet ek dit eintlik ook nog nie! Wees vir my en ons almal daarom tog nog die goedheid en barmhartigheid self om ons op die korrekte weg te lei!”

[4] Ek sê: “Nou, goed dan, Ek sal dit doen! Kyk en luister!

[5] Die belangrikste basis van die lewe lê, vir die liggaam sowel as vir die siel, in die bekende bevestigende, positiewe kamertjie van die hart. Wanneer dit aktief is, dan lewe vandaar uit tewens alle eindelose baie deeltjies van jou hele wese op so `n manier, asof hulle self kamertjies, totstandbringers en draers van die lewe is. En kyk, jou ledemate kan deur die regte oefening in werklik baie dinge `n verbasendwekkende krag en `n kunstige vaardigheid bereik! Waaraan het hulle nietemin al hulle eienskappe en groot kunstige vaardighede te danke? Kyk: alles maar net aan die kamertjie van die hart; want daarsonder sou alle ledemate ewe dood en onbeweeglik gewees het, soos die van `n metaal afgodsbeeld.

[6] Ja, waar leer die ledemate van `n kunstenaar sulke vaardighede dan van, en wel alle ledemate volgens hulle spesifieke bou en doeltreffende vermoë? Kyk: alles maar net vanuit die kamertjie van die hart, en wel volgens `n trapsgewyse volgorde! 

[7] Die eerste beweging van die lewe bring die hart stap vir stap in beweging. Van daaruit gaan die aktiwiteit via die bloed oor na die longe, die lewer en die milt en van daar na die res van die organe en na die kop met al sy onderdele.

[8] As die kop eenmaal in orde is en die brein ontwikkel is, neem by die mens vervolgens die denke, oordeel, gevolgtrekking, verstaan en begrip `n aanvang en vanaf daardie oomblik eers die egte en wyse oefening van die uitwendige liggaamdele, wat dan alle arbeid, hoe kunstig ookal, weldra so goed en wys verrig asof jy dit self tot `n eie, vry en selfstandige lewe gebring het. Daaroor sê Ek julle egter nog die volgende:

[9] Wanneer `n mens in die gees wedergebore is, kan hy ook in alle dele van sy siel en liggaam dink en vir homself baie goed waarneembaar spreek, en is dan net soos Ek in sy hele wese gees, lewe, krag, gedagte en `n volkome lewende woord. En waardeur het die mens dit dan wel geword? Kyk, dit kom alles weer slegs voort uit die bevestigende, positiewe kamertjie van sy hart!

[10] Soos die mens sy hele onderrig en sy hele ontwikkeling ook net ten deel val vanuit die kamertjie in sy hart, so ontvang - na gelang van hulle eie vorm en vermoëns - die mense van ander wêrelde op dieselfde manier hulle ontwikkeling ook maar net vanuit die hartkamertjie van die Groot Skeppingsmens - wat natuurlik wel enorm groot is.

[11] Hoe dit gebeur, kan julle nou natuurlik nog nie begryp nie; maar wanneer julle volledig in die gees wedergebore sal wees, dan sal julle die groot “hoe” en “waarom” duidelik opneem en goed begryp. Het jy nou al enigsins `n idee hoe die mense van ander wêrelde kennis van My kry en ook wys en salig word?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205