Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Lasarus se getuienis oor die Heer

9 Lasarus sê: “Het julle dan nie in die Skrif gelees: Wanneer die Heer as `n Menseseun na hierdie aarde toe sal kom, sal die weinig regverdiges die engele uit die hemele sien neerdaal en Hom dien? Wat sal julle egter sê, as ek julle vertel dat ek en baie wat by my was, dit gesien het, en dit was geen droom en nog minder een of ander illusie nie, maar `n volle, tasbare waarheid! En die jongman hier is `n engel, en nog `n aartsengel bowendien!

[2] Aan die sewe manne uit die ver Agter-Egipte het die innerlike gees getoon dat die groot belofte volledig by ons Judeërs in vervulling gegaan het, en hulle begewe hulle op die weg en kom, deur die gees gelei, by ons aan, om die selfde Heer van alle heerlikheid as mens met die mens te sien omgaan en Hom te sien onderrig. En ons is so blind dat ons nog nie wil insien, wat die ver hiervandaan wonende mense al in die helderste lig sien nie.

[3] Wat my vermoë egter aangaan, waardeur ek kon weet wat julle agter geslote deure gesê het, dit het ek nooit voorheen gehad nie, maar die groot, baie verhewe Galileër, die Heer, het dit aan My gegee as gevolg van my geloof in Hom en die liefde wat ek vir Hom het en vanweë Hom ook vir my baie arm medemens.

[4] Wat ek julle hier gesê het, is `n heilige waarheid; maar ek kan julle dit nie anders verseker as deur dit vir julle eens en vir altyd te sê: So is dit en nie anders nie, en daarom glo ek dat die baie verhewe Galileër in alle lewende waarheid die beloofde Messias, JaHWeH Sebaot is. Wie in Hom glo en Hom bo alles liefhet en sy naaste soos homself, die sal die ware, ewige lewe in hulle hê!

[5] Maar julle kan daarom doen wat julle wil. Want dit is ook `n heilige uitspraak van die Heer: Selfs die wil van die duiwel moet vry gelaat word; want anders sou die mens geen mens en ewebeeld van God wees nie. Hy sou `n dier gewees het, waarvan die siel geen vryheid het en daarom alleen so kan handel as wat dit deur God se almag gedrywe word.

[6] Alles wat julle op aarde en aan die uitspansel sien, is geoordeel en staan onder die onveranderlike wet van die “moet”. Die mens moet hom hierdie starre en onwrikbare wet vir `n kort tyd alleen ten aansien van sy liggaam laat welgeval; slegs die liggaam van die mens, - wat betref sy vorm, groei en baie kunstige organiese ingesteldheid, asook wat die normale duur van die liggaamlike lewe betref, - word deur God se almag gelei en daarom kan God ook oombliklik elke siek liggaam genees deur middel van die krag van Sy goddelike wil. Maar met die vrye siel van die mens het die almag van God niks te make nie! Daarom is ook die gedragsreëls wat God vir die siele van die mens aan die mens gegee het, nie onder die “moet” nie, maar onder die “jy sal” gegee.

[7] Ons het die wette derhalwe sonder `n “moet” van God gekry en jy kan dit in ag neem, as jy dit wil; daarom word niemand nou ook deur die Heer gedwing om hulle gelowig tot Hom te wend nie, maar elkeen moet dit vry uit homself wil. Mens sou moet nadink oor die gevolge wat dit vir die siel het aan die ander kant, waar dit net so vry sal bly soos wat sy nou is, slegs met die verskil dat sy alles wat sy daar vir haar ewige lewensonderhoud nodig sal hê, uit haarself moet put. Maar hoe sal dit daar met haar gaan, as sy die raadgewing van God nie opgevolg het en hier geen geestelike skatte en hulpmiddele in haarself versamel het nie?

[8] Soos God Hom ook hier met Sy almag terughou vanweë die volste lewensvryheid van die siel, so sal Hy Hom kragtens Sy ewige orde ook ewig terughou. Hier op hierdie aarde het elke mens egter vir sy siel die voordeel dat God se almag hom allerlei skatte gegee het om te gebruik; en wanneer hy dit volgens God se raadgewing korrek gebruik, kan hy daarmee vir ewig baie groot geestelike skatte vir sy siel verwerf. Aan ander kant egter val `n deur God geskape wêreld vol skatte en voedsel heeltemal weg; daar sal elke siel, as ewebeeld van God, vir haarself alles uit haarself moet skep, dit wil sê: uit haar eie wysheid en uit haar eie geheel vrye wil. Hoe sal dit dan met haar gaan, wanneer sy nog nooit in verbinding gestaan het met God se Wil of met Sy Wysheid en Liefde nie?

[9] Wat sal `n blinde, duistere en derhalwe totaal magtelose siel, by wie dit ontbreek aan alle innerlike, geestelike skatte aan die ander kant dan begin en doen? Wanneer julle ook maar enigsins daaroor sal nadink, moet julle tog insien hoe ontsettend dom dit is om nou geen deel te wil hê aan hierdie groot tyd van God se barmhartigheid, wat hom hier en nou voordoen, terwyl mens miskien nooit weer in so `n hoë mate so `n skitterende geleentheid daartoe sal hê nie!

[10] Ek het julle nou alles gesê, wat `n waarheidsliewende vriend julle kan sê, en ek sê julle nou nog één keer, wat ek julle al verskeie kere gesê het: Julle is wat my betref gladnie gebonde nie en kan doen wat julle wil; want julle siele is net so volkome vry as die van my.”

[11] Toe die Fariseërs Lasarus so hoor spreek, sê die tweede spreker wat, soos ook bekend, `n bekwame Skrifgeleerde was: “Dat vriend Lasarus, wat as privaat persoon seker byna so vermoënd is as nouliks `n tweede in die land, en beslis geen belang daarby kan hê dat ons sy raad opvolg nie, is vir ons so helder soos glas! Want wat sou hy geleë wees aan ons goud en silwer, ons pêrels en edelstene? Hy het soveel daarvan dat hy maklik `n koninkryk daarmee sou kon koop! Hy oorreed ons dus nie om in die Galileër te glo nie, sodat ons uit die tempel tree en vervolgens ons skatte vir rente sou belê op sy wisselbank nie; dit is ver van ons om so iets van hom te glo, aangesien hy `n paar jaar gelede sy wisselbank immers vir altyd gesluit het! Maar hy, wat bekend staan as `n bekwame beoordelaar van alle moontlike gebeurtenisse in hierdie wêreld, het die saak van die groot Galileër geensins eensydig beskou nie en het met sy bekende skerpsinnige gees die korrekte kern in hierdie uitsonderlike saak gevind; daarom sou dit werklik die beste wees, as ons sondermeer doen wat hy vir ons as vriend aangeraai het!

[12] In ons tempel is nou werklik weinig meer uit te haal! Die materiële wins het vir die grootste deel so goed as verdwyn, vir ons siele egter is daar in die tempel steeds maar net groter verlies, maar nooit meer wins nie; daarom sou ons baie verstandig wees, as ons onsself op ons hoë leeftyd eers eindelik daarvan op die hoogte sou stel, hoe dit daar na ons liggaamlike dood, wat by ons seker nie al te lank op hom sal laat wag nie, met ons siele sal uitsien. Ek sou my nou dadelik volledig vrymaak van die tempel, as julle dit ook almal sou doen!

[13] Maar één ding sou ek van vooraf nog as `n maklik te vervulde voorwaarde wil stel, en dit is die volgende: Ek sou nou graag nog `n keer met die jongman wil spreek, wat vriend Lasarus ons so flussies as `n aartsengel aangedui het. Sê My, vriend Lasarus, sou dit miskien moontlik wees?”

[14] Lasarus sê: “O, niks is makliker as dit nie! Ek hoef hom maar net te roep, dan sal hy hom op dieselfde oomblik hier bevind.”

[15] Die tweede spreker sê: “Asseblief, vriend, doen dit; want ek brand van verlange om hierdie aartsengel-mens te sien en te spreek.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205