Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 182

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Oor komende dinge

182 (Die Heer:) “Julle weet dat iemand wat ryk aan aardse goedere geword het, meestal ook in sy hart tot `n klip van gevoelloosheid en liefdeloosheid geword het. Wat interesseer hom die baie duisende ander mense, wat deur honger, dors en nog ander boosheid gekwel word, hom nog; want hy is nou eenmaal uitstekend versorg, het nog nooit honger en dors gevoel nie en het `n oorvloed aan skatte om elke genot aan homself te verskaf, sodat hy nooit enige verveling of `n ander ongenoegsaamheid te proe kry nie. 

[2] Waar staan so `n mens dan in die innerlike geestelike lewensfeer? Ek sê vir julle: Op die punt van die ewige oordeel en die dood daarvan, en sy hele omgewing is nie ver daarvan af nie! 

[3] Onthou wat Ek julle bowendien nog verkondig! As daar op aarde eenmaal baie Epikuriste sal wees, sal daar ook weldra `n algemene oordeel deur God oor alle mense op hierdie aarde toegelaat word, en dan sal ons wel sien of daar weer êrens mense sal opstaan, wat met die meetlat in die hand vir hulle medemens durf sê: “Kyk, die groot stuk land het ek afgemeet, ek het die grense daarvan aangegee en verklaar dit tot my volkome onaantasbare eiendom, en wie die brutaliteit het om dit van my te betwis of maar net te sê: “Vriend, elkeen van ons het, as hy maar die mag en die metodes daarvoor het, die reg om jou ingebeelde reg uit jou hande te ruk!”, die bestraf ek met die dood!” 

[4] Ek sê vir julle: dan sal dergelike mense nooit meer daar wees nie! Want wanneer Ek die volgende keer na hierdie aarde toe sal kom, om oordeel te hou oor sulke dooie epikuriste, maar ook om die loon van die lewe te gee aan die een wat uit liefde vir God en sy naaste baie ellende en nood geduldig verdra het, dan sal die aarde met geen enkele meetlat meer opgemeet word tot die voordeel van iemand alleen nie, maar waar mense staan, sal mense ook kan oes en in sy behoeftes kan voorsien; en die mense sal mekaar goed ondersteun, maar niemand sal sê: “Kyk, dit is my eiendom en ek is meester daaroor nie!” Want dan sal die mens insien dat Ek alleen die Heer is, maar dat almal broeders en susters is.

[5] Weliswaar sou dit ook nou so moet wees onder die mense; maar in hierdie middelste ontwikkelingsperiode van die mens, wat nog nie gesuiwer is deur die groot lewensvuur nie, sal dit toegelaat bly, maar vanaf nou geen volle 2000 jaar meer nie. Daarna sal die gees by die mens egter sterk die oorhand kry en sal mense op aarde geen afgemete myne en joune meer sien nie, nóg daaroor praat.

[6] Julle, wat nou My vriende is, besit `n groot aan julle toegemete stuk grond van die aarde. Vra julleself eens af wie dit aan julle tot julle wetlike eiendom toegemeet het, en die antwoord sal wees: Deur die mensgemaakte wette en julle geld en ander skatte, waaraan egter maar net weer die mens `n ydele waarde toegeken het!

[7] Vanuit God behoort die hele aarde in gelyke mate aan alle mense, soos dit ook in die begin die geval was; die wyses moet haar verdeel na gelang van die behoefte van die mense en moet hulle leer om haar te verbou, en vervolgens moet die vrugte gedeeltelik deur die wyses verdeel word en die oorskot in daarvoor ingerigte opslagplekke en voorraadskure bewaar word, sodat niemand in die gemeenskap nood hoef te ly nie! 

[8] Maar as die rykes en magtiges alles na hulle toe trek, moet baie mense immers tog ten seerste daardeur verarm word en in groot ellende en nood hulle lewe lei, omdat die weinige rykes en magtiges alles inpalm, maar niks aan die arm mense gee nie - behalwe wat die ryke en magtiges hulle in die mond wil gee vir die swaar arbeid wat hulle vir hulle verrig het.

[9] Op die oomblik kan hierdie dinge egter nie verander nie, daarom moet julle, rykes en magtiges, ware vriende wees ten aansien van julle arm broeders en susters en aan hulle liefde betoon; voed die hongeriges, laaf die dorstiges, klee die naaktes, troos die droewiges en verlos die gevangenes, wat deur julle hebsug, deur julle mag en julle wette onnodig wegkwyn in die kerkers van hulle liggaam, maar nog meer in die kerkers van hulle sielenag! Gaan bevry hulle, dan sal Ek julle verlos uit die mag van die dood en die oordeel!

[10] Wees met julle aardse goedere in die vervolg maar net My saakwaarnemers, dan sal Ek julle in ruil daarvoor die ewige lewe gee; want Ek het die mag daartoe en kan dit gee aan wie Ek wil! Met dieselfde maat waarmee julle sal meet, sal julle ook weer deur My gemeet word.

[11] Kyk, dit is eweneens `n goeie en volkome waaragtige verklaring van die ligwolkie, wat julle opgeroep het om die waarheid en die lewe te soek!

[12] Julle het nou die waarheid in My gevind; maak dit nou egter ook julle eie deur die daad, dan sal julle lewe, en die dood van die materie sal julle in julle siel nie meer laat dink dat julle sterflike mense is nie, maar voortaan sal die onsterflikheid julle deel bly!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205