|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 69
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221. |
|
|
Markus vra na die geskiedenis van die aarde
69 Toe ons nou in alle rus welgemoed bymekaar sit, sê die Romein Markus, wat ons reeds as `n diep denker leer ken het: “Heer en Leraar, staan U My toe om, noudat ons geleentheid daarvoor het, U nog `n vraag te stel? Daar is vir my nog iets snaaks, en ek sou graag nog ietwat meer uitleg daaroor wil kry as wat U ons op die Olyfberg gegee het.”
[2] Ek sê: “Spreek en vra jy maar altyd rustig, want in jou woon `n verligte siel! Ek weet weliswaar wat jy nog wil vra, maar ter wille van die ander wil Ek graag hê dat jy praat en vra, sodat ook ons weet waaroor dit gaan; want dit is steeds `n groot fout by die mens dat slegs weiniges in hulleself opmerk waaraan dit hulle ontbreek. As die mens dit sou opmerk en voel, dan sou hulle ook met groot vlyt en ywer op soek gaan en poog om dit te vind, en julle sou ook baie vind. Maar omdat julle lui is en nie weet en voel waaraan dit julle nog ontbreek nie, soek julle die ontbreekte ook nie en vind dit ook nie. Maar wie soek, sal vind, aan wie vra, sal gegee word, en vir wie klop, sal oopgemaak word! Sê dus maar waaroor jy nog `n helderder lig wil hê as wat vir julle op die Olyfberg gegee is!”
[3] Nou sê ons Romein Markus: “Kyk, Heer en Leraar, U het Self uitdruklik gesê dat die mens God nie volkome bo alles lief kan hê, as hy nie poog om Hom te leer ken nie, vir sover dit vir hom moontlik is; en toe het ek na `n lang nadenke ontdek dat dit nog baie by my ontbreek!
[4] Kyk, in Illirië en ook in ons verre landstreke het ek verskeie myne gehad en daaruit allerlei metale gewin, soos ook goud, silwer, lood en `n groot hoeveelheid yster, wat ons baie goed kan gebruik!
[5] Maar by die grawe van so `n myn in die berge het ek wel eens baie seldsame en opmerklike dinge gevind, en dit baie diep onder die gewone aardbodem. Dit was bene en geraamtes van reusagtige groot diere, wat eens op aarde geleef het. Wanneer het dit die aarde bewoon en hoe kon hulle so diep onder - laat ons sê - sulke hoë berge gekry het? So het mense ook in Egipte en Spanje selfs bene en geraamtes gevind, wat groot ooreenkomste vertoon met die van `n mens; hulle was net wel minstens vier of vyf keer so groot en sterk as die van `n mens van nou. En so het ek nog baie besondere dinge gevind, waarvan ek dit nie nodig vind om dit hier van naderby te noem nie.
[6] Op die berg het U ons weliswaar in kort vertel dat daar vóór Adam baie lank `n soort mens bestaan het, wat nog maar weinig vrye wil gehad het, maar net soos die diere, meer instinkmatig geleef het en ook volgens sy instink gehandel het. Eers ongeveer vierduisend jaar gelede het, volgens die Skrif van die Judeërs, die eerste mens, Adam, verskyn met `n volkome vrye wil en met `n ewe vry verstand, en gee hy vanuit homself wyse wette en verordeninge aan sy nageslag.
[7] Ek wil nou `n belangrike vraag stel en dit lui: Was hierdie aarde ten tye van Adam hier en daar nog bewoon deur die vroeëre mense, en het die geslag dalk ook êrens op bepaalde plekke op aarde tot in ons tyd bly bestaan, en sal dit wel ook nog langer bly bestaan? En hoe kom die beenreste van die prehistoriese diere selfs onder die fondamente van die berge, net soos die reusagtige oorblyfsels van die pre-mense?
[8] Heer, gee my nog `n nadere toeligting daaroor; want wat ons, ondersoekende Romeine, tot nou toe al ontdek het, dit - en seker nog wel meer as dit - sal ons nakomelinge ontdek.
[9] Die aan ons bekende boeke van Moses gee ons heeltemal geen uitsluitsel oor die lewensomstandighede op aarde vóór Adam nie. Moses begin dadelik met die uiters misterieuse skeppingsverhaal, wat egter in geen enkele verband staan met wat ons nou op die aarde aantref nie - dit werp selfs maar net die grootste teenstrydighede op.
[10] Wanneer U ons nou geen hoër lig daaroor sal skenk nie, sal dit veral by die latere nageslag groot verwarring veroorsaak, en U leer sal deur groot verdeeldheid getref word. Want U leer berus op die van Moses; as dit egter in enige opsig duister is, dan kan U lig op aarde nie tot volle helderheid kom nie. Gee ons daarom ook in hierdie opsig nog `n helder uitleg; ons vra U daarvoor!”
|
|
|
|
|