|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 28
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221. |
|
|
Oor die oneindige ruimte en die ewigheid
28 Op hierdie uitnodiging van My staan één van die Judese Grieke, wat ons al ken, op en sê: “Heer en Leraar, uit U mond, en met U instemming ook uit die mond van RafaEl, het ons al so baie verligtende waarhede gehoor, dat ek nou werklik niks meer kan bedink wat aan My onbekend is nie, en dit sal dus vir elkeen van ons moeilik word om U nog iets te vra, waaroor U ons nog geen verklaring gegee het nie. En wat U ons verklaar het, is ook sodanig uitgelê dat selfs `n baie eenvoudige verstand dit baie duidelik moet begryp; daarom bly daar nou bykans geen vrae meer oor wat ons U sou kan stel om nog `n helderder lig daaroor te kry nie.”
[2] Ek sê: “Heil jou siel, as dit nou al soveel lewenslig opgewek het! Wanneer jy egter geen onverligte hoeke meer in jouself kan vind nie, dan sal daar verseker iemand anders wees wat nog menige duistere plek in homself sal bespeur, en mettertyd ook jy self miskien weer!”
[3] Toe die Judese Griek dit van My gehoor het, buig hy voor My en gaan weer sit.
[4] Daarop sê Lasarus: “Heer en Leraar, ek het nog wel `n paar van die donker hoeke in my; as U so barmhartig wil wees om dit te verlig, sou dit `n groot lafenis vir my siel wees!”
[5] Ek sê: “Ek weet al waarna jy dors, en Ek sou ook `n verligtende antwoord daaroor in jou hart kan lê; maar omdat dit hier gaan om die verligting van almal wat hier aanwesig is, sodat menigeen onder julle ook gewaar sal word of dit in homself al volkome lig is, moet jy jou vraag maar openlik stel, dan sal Ek jou ook voor elkeen `n hoorbare en duidelike antwoord gee!”
[6] Daarop sê Lasarus verder: “Heer en Leraar! Na wat U ons uitgelê het oor die groot sfere en hemelliggame, oor die hulssfeer (omhullende sfeer) en oor die Groot Skeppingsmens, is dit wat die huiweringswekkende eindelose grootheid van die ewige onbegrensde ruimte betref baie lig in my geword; maar baie gou daarna het ek `n baie groot duistere kloof ontdek, waar selfs my onbevreesdste gedagte nie durf oorheen vlieg nie!
[7] Kyk, dat die skeppingsruimte oneindig is en dus in geen enkele rigting `n einde kan hê nie, is vir my en sekerlik ook vir elke ander duidelik! Maar hoe is dit met die ewige bestaan daarvan? Wie het die ruimte so eindeloos ver uitgestrek, en hoe en wanneer? Wat is nou eintlik die ewigheid, en hoe is, in tyd en ruimte, God Self ewig en in alles oneindig? Kyk, Heer en Leraar, dit is vir `n sterflike mens teenoor U verseker `n baie ongepaste vraag; maar wat kan `n siel, wat ook in hierdie sfeer behoefte het aan lig, daaraan doen dat dergelike gedagtes in haar opkom?”
[8] Ek sê: “Jy noem dit `n baie ongepaste vraag ten aansien van My; Ek noem dit egter `n baie goeie en baie passende vraag, en wil julle almal `n so helder moontlike antwoord daarop gee!”
[9] Kyk! God, ruimte en ewigheid is weer gelyk aan die begrippe Vader, Seun en Gees. Die Vader is geheel en al liefde en sodoende `n ewige strewe na die mees volmaakte “wees” deur die krag van die ewige wil in die liefde. Die ruimte, oftewel die Seun, is dit uit die ewige strewe van die liefde eweneens ewig voortvloeiende “wees”. Die ewigheid oftewel die Gees, as die eindelose oerkrag in die Vader en die Seun, is dit wat dit in die werk stel en die verwesenliking van die strewes van die liefde in die Seun.
[10] As die ruimte ooit sou begin om homself as`t ware vanuit één punt in alle rigtings uit te brei tot in die oneindige, dan was hy in die eerste plek tot op die oomblik ewemin oneindig as wat die Groot Skeppingsmens dit is. In die tweede plek kom die vraag vanself op, wat dit dan was wat ongetwyfeld eindeloos ver in alle denkbare rigtings die punt omgewe het, van waaruit hulle daarna die oneindige skeppingsruimte uitgebrei het. Was dit die liglose eter, of was dit die heidense chaos, of was dit `n volkome vaste massa, of was dit lug of water of vuur?
[11] Wanneer dit één van hierdie genoemde dinge was, hoe kon die punt in die ruimte in homself die krag hê om sulke eindelose groot massas vanuit homself die oneindige maal oneindige in te drywe, en waarvandaan het die massas dan gekom, as uit die oorspronklike punt wat as ewige oneindige ruimte voorkom? Dan kan dit nie anders as dat hulle hulleself buite die oneindige ruimte moet bevind nie, soos hulle ook hulleself oorspronklik buite die punt bevind het waaruit die eindelose ruimte sou voortgekom het. Wanneer dit egter ook maar enigsins denkbaar sou wees, dan sou die skeppingsruimte tog weer begrens wees en al sou hy homself ewigdurend steeds maar verder en verder uitbrei, dan sou hy tog nooit oneindig word nie.
[12] Daaraan sien julle dat die skeppingsruimte noodsaaklikerwys ewig in alle rigtings oneindig was en nooit `n begin kon gehad het nie; en omdat God, ruimte en ewigheid identies is, soos wat Ek julle ook al vertel het, is God, wat al hierdie begrippe in Hom verenig, ook sonder begin, omdat `n begin van God ewe onvoorstelbaar is as die begin in die ontstaan van die oneindige ruimte en dieselfde met die ewige tyd. Ek glo dat dit nou duidelik genoeg uiteengesit is, sodat elkeen dit volledig kan begryp.
[13] Maar Ek sien tog nog `n bepaalde donker hoekie in julle, en julle is nog nie in staat om daaroorheen te kom nie. Kyk, hierdie hoekie bestaan uit die feit dat julle die eindelose en ewige ruimte voorstel as op sigself dood en sonder enige lewensintelligensie, en daarom ook nie kan begryp hoe God as die enige lewensbeginsel Homself in die ewige en eindelose dood in `n sekere sin bevind het en Homself as die mees volmaakte Lewe herken en begryp nie.
[14] Ja, wanneer mens so `n voorstelling het van die eindelose en ewige skeppingsruimte, kan mens inderdaad ook moeilik of gladnie begryp hoe die oneindige Gees - God - in die ewige oneindige dood as volmaakte Lewe ook in die ewigheid Sy weg kon vind nie!
[15] Maak julle daarom `n presies teenoorgestelde voorstelling van die ewige oneindige groot ruimte; stel julle voor dat daarin nie één enkel puntjie lewensloos en sonder intelligensie is nie, en dat selfs dit wat in julle oë dood en volkome lewensloos blyk te wees, nie dood en lewensloos is nie, maar deur God se almagtige wil geoordeel is, soos ook julle dit self baie goed kan waarneem by `n hemelliggaam of die lewensloos lykende bestanddele daarvan!
[16] Wanneer alle hemelliggame egter met hulle mees veelsoortige bestanddele niks anders is en ook nie kan wees as die deur God se almagtige wil vaste idees en gedagtes van Homself nie, hoe kan dit dan deur die mens beskou word as dood en sonder enige intelligensie?
[17] Wanneer God, wat identies is met die eindelose ruimte en die se ewige tyd, in Homself geheel en al die hoogste en mees volmaakte Lewe is, hoe kan dan dit wat slegs uit Hom voortkom, dood, lewensloos en sonder intelligensie wees?!
[18] Wat derhalwe bestaan en in julle oë dood blyk te wees, is maar net so deur God geoordeel en kan weer in die volledige vrye lewe terugkeer, sodra God by `n dergelike geoordeelde ding die vaste bande van Sy wil losmaak.
[19] Iets dergelik het julle deur My en met My instemming ook deur RafaEl sien doen, toe klippe skielik in hul oorspronklike eter verander was, of hierdie eter tot `n vaste klip geword het, waarvan die pilaar langs die weg na Emmaus julle `n baie tasbare voorbeeld gee.
[20] Omdat dit met alles so is en onmoontlik anders kan wees nie, moet julle, om tot `n werklike ware voorstelling van God te kom, alles wat met dood te make het, volledig uit die eindelose ruimte verban en julle niks as lewe en nog eens lewe en niks anders as intelligensie en nog eens intelligensie voorstel nie, omdat daar in die oneindige Wese van God se intelligensie en mag ewig geen dood kan bestaan nie.”
|
|
|
|
|