Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 36

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Waar die persoonlike duiwels hulle bevind 

36 Daarop sê die Skrifgeleerde: ja, Heer en Leraar, want U het nou so helder en uitvoerig as wat maar moontlik is, oor hierdie saak gespreek en ons daarby georden en in besonderhede laat sien hoe U met U skepping te werk gegaan het, en so moes dit alles wel volledig duidelik word vir ons, dit wil sê, vir sover dit vir ons tog altyd beperkte menslike verstand duidelik kan word, want kennis alleen is nog lank nie dieselfde as om alles te deursien nie; maar dit is vir ons voldoende, omdat ons dit wat ons weet, deur en deur ken.

[2] Maar aangesien U ons nou al soveel gesê het oor hierdie moeilik te verstane dinge, vra Ek U om ons nou ook nog die verblyfplek van die persoonlike duiwels nog ietwat nader aan te gee, sodat ons dit kan vermy; want as `n mens of ook `n geselskap hulle onwetend op `n dergelike plek bevind, kan hulle dit ten slotte baie sleg bekom. Wil U daarom nie ook in die opsig so barmhartig wees om dit vir ons van naderby toe te lig nie!” 

[3] Ek sê: “Jy dink nog baie materieel! Wat is daar nou geleë aan een of ander plek, waar geestelike duiwelse persoonlikhede hulle veral kan bevind?

[4] As jou siel uit My maar suiwer en sterk is, dan kan jy jou in die ergste vereniging van duiwels bevind, sonder dat hulle haar ook maar enige skade kan toebring. Want `n suiwer en uit My sterk siel bevind haarself te midde van tallose legioene persoonlike duiwels tog geheel en al in die ryk van die hemele, wat nie bestaan uit uiterlike vertoon nie, maar inwendig in die hart van die volmaakte siel, want so word die siel tot `n op My lykende skepper van haar saligste woonplek, waar geen persoonlike duiwel ewiglik sal kan binnedring nie.

[5] En so is dit ook reeds op hierdie aarde vir `n suiwer en uit My sterk siel totaal onbelangrik waar julle `n klein of groot woning van persoonlike duiwels vind; want die suiwer en uit My sterk siel dra haar hemel oral in en met haar saam, soos ook die persoonlike duiwel sy hel oftewel sy oordeel.

[6] Maar omdat ons nou tog daaroor praat, wil Ek julle die plekke wat in die besonder deur persoonlike duiwels bewoon word, ook wel ietwat van naderby aandui; luister dus.

[7] Kyk na die mense van die openbare huise en geboue, waar baie bedrieglike handel bedrywe word, soos ook byvoorbeeld nou in die tempel en in baie ander handelshuise! Dit is dan ook spesiale woonplekke vir die baie persoonlike duiwels. So is ook die huise waarin allerlei ontug, hoerery en egbreuk bedrywe word, eweneens spesiale woonplekke vir persoonlike duiwels. Eweso is ook die berge en gate, waar mense naarstiglik en begerig grawe na goud, silwer en ander skatte van die aarde, plekke waar persoonlike duiwels in groter getalle woon; eweso bosse en gate waar diewe, rowers en moordenaars hulle ophou; so ook die weermagkampe en slagvelde, die weë van die koopmanskaravane en die riviere, mere en seë waar `n sterk winsgewende handel bedrywe word.

[8] En verder is die landerye en stukke grond, weidings, akkers, wingerde en trosse van hardvogtige heidene, asook die van ryk gierige en hardvogtige Jode besonder geliefde woonplekke van persoonlike duiwels, en ook die lug bo en in die aangegewe woonplekke en die vuur, die wolke en die reën, en ook alle afgodstempels en valse orakels.

[9] Verder is die persoonlike duiwels in baie groot aantalle daar te vind waar julle groot aardse pragvertoon het en die hoogmoed wat nog daarmee verbonde is, te siene is. 

[10] Op plekke wat egter nie deur mense bewoon word nie en ook nie deur hulle sonde verontreinig is nie, hou die persoonlike duiwels hulle nie op nie, behalwe in die geval wanneer `n karavaan van `n mens, belus op wêreldse gewin, daaroor sou reis; vanweë die mense sou die persoonlike duiwels hulle dan ook daar weldra goed tuis voel.

[11] Nou het jy, vriend, ook dit te hore gekry wat jy nog van My wou hoor en vir jouself wou weet.

[12] En om watter rede die persoonlike duiwels juis van die genoemde plekke hou, is nou duidelik voor die hand liggend vir diegene wat die voorgaande ook maar enigsins begryp het, en vra daarom geen verdere verklaring nie.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205