Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 171

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die herbergier vra na sy spoorloos verdwene seun

171 Daarop loop die herbergier na My toe en vra My, of Ek ook iets gehoor het van die mening, wat hy en die burger van Jerigo oor My gevorm het!

[2] Ek sê: “Jy wil My nou op `n fynsinnige manier uitlok wie Ek eintlik is. Maar op die manier sal jy nie maklik van My te hore kry wat jy wil weet nie; want wie My op die proef wil stel, hou homself vir die gek! Ek weet immers alles wat jy sedert jou geboorte gedoen het, hoe jy van die eiland Patmos hierheen gekom het en hoe jy ryk geword het; en so weet Ek ook van jou hele huis, jou gesin, en dus sal Ek ook wel weet watter mening jy en die ander burger oor My gehad het!”

[3] Daarop sê die herbergier: “Heer en majesteit dat U `n soort alwetendheid besit, het ek dadelik in die begin al opgemerk; maar ek het alreeds met sulke orakelagtige mense te make gehad, wat my ook dinge onthul het, wat alleen ek en die gode kon weet, en daarom verbaas U heldersiende vermoë my nie so erg nie, omdat dit, soos ook gesê is, al vroeër voorgekom het. Maar die genesing van die blinde is iets baie anders; dit het, volgens my wete, nog nooit voorgekom nie, en is ook nog nooit gehoor nie! Daaruit kan ek vir myself al wel dieselfde gevolgtrekking trek, soos vroeër deur die burger uit Jerigo, en ek kan die woorde van één van ons ou wyses hier baie goed toepas.

[4] Die woorde lui nou: “Daar bestaan geen groot en werklik wyse man sonder `n goddelike inspirasie nie.” En U blyk my baie deur `n God geïnspireerd te wees, waardeur U ook in staat is om sulke dinge te doen, wat slegs vir `n God moontlik is. En omdat dit by U onbetwisbaar die geval is, kan U ook baie goed die Judeërs se beloofde Messias wees, en hierdie mening oor U, het ook die burger, wat tewens my buurman is, my onomwonde toegegee. En as U dit is, is dit vir ons heidene ook hoog tyd om ons godestelsel, wat op ou fabels berus, oorboord te gooi en ons op die leer van die Judeërs te rig!

[5] As U Die Een is vir wie ek en my buurman U beskou, dan is U alwetendheid meer as goed verklaarbaar, en dan sal U ook vas en seker kan sê waar my oudste seun hom nou bevind, hoe dit met hom gaan en wat hy doen; want ek sou dit nou nog meer en baie seker wil weet, omdat daar nou al twee jaar verloop het, sonder dat ek `n berig van hom self of van iemand anders oor hom ontvang het. As U My die genoeë kan en wil doen, dan sal U en al U metgeselle drie volle dae in my huis op die mees voortreflikste wyse gratis versorg word!”

[6] Ek sê, terwyl Ek My in `n sekere sin tot die leerlinge rig: “Dit is tog merkwaardig - Ek het maar één teken gedoen, en die heidene het al die vermoede gekry dat Ek die Messias is! Maar hoeveel tekens het Ek nie tuis in Galilea en in Jerusalem wel gedoen nie, en hoe weinig het daar in My geglo en hoeveel is My nie vyandiggesind nie! Daarom sal die lig dan ook van die Judeërs afgeneem en aan die heidene gegee word, soos Ek ook al meermale vir julle gesê het.”

[7] Hierna rig Ek My eers tot die herbergier en sê: “Jy wil van My hoor waar jou oudste seun Kado hom bevind, wat hy doen en hoe dit met hom gaan? En as teenprestasie wil jy ons drie dae lank gratis versorg! Maar ons sal nie drie dae hier bly nie, dus sal jy jou belofte ook nie kan nakom nie. En as jy My in plaas daarvan miskien met geld sou wil beloon, sou Ek egter niks aanneem nie - en vir wat jy vandag vir My doen, sal jy `n volledige vergoeding ontvang! En Ek weet dus nie om watter rede Ek jou die verlangde genoeë sou moet doen nie! Maar soos Ek ook die naam van jou seun ken, so weet Ek ook sekerlik al die ander wat hom betref; maar op die gestelde voorwaarde wat deur jou aan My gestel is, sê Ek dit nie vir jou nie!” 

[8] Die herbergier sê: “Heer en majesteit, stel U dan vir my `n voorwaarde, waaronder U, as ek dit vervul, Uself aan my sal openbaar wat ek verlang!”

[9] Ek sê: “Goed, so wil Ek dit hoor! Kyk, jy het groot skatte en rykdomme, wat jy nie verwerf het op `n manier wat in My oë die enigste korrekte is nie! Die wette van die wêreldse regters kan jou weliswaar nie veroordeel nie, omdat jy jou baie goed kan regverdig volgens die letterlike strekking daarvan, wat deur julle regsgeleerdes egter ook baie verskillend geïnterpreteer kan word; maar vir My regterstoel sou jy met al jou regverdiginge nie staande bly nie!

[10] My wette lui egter: wees lief vir die een, ware en lewende God bo alles en jou naaste en jou medemens soos jouself. Wat jy nie aan jou gedoen wil hê nie, doen dit hulle ook nie aan nie; maar wat jy sou wil dat jou medemens jou sou aandoen, doen dit ook aan hulle! 

[11] As iemand jou erg sou bedrieg het, maar jy kon hom volgens die letterlike inhoud van julle wette niks maak nie, omdat hy openlik met jou omgegaan het, maar geweet het om jou swakheid langs wetlike weg te benut en hy sou jou met die handel, koop of verkoop vir `n duisend pond bedrieg het, en omdat jy hom vir die feit, by geen enkele regter kon aankla nie, aangesien elke regter jou *”Volenti non fit iniuria”* ten antwoord sou gegee het - wat sou jy dan sê vir die een wat jou bedrieg het, as hy na jou toe sou kom en sê: “Vriend, ek is in al my doen en late weliswaar deur die wet beskerm, en jy kan my niks maak nie - maar ek het `n goeie mens geword en het nou gekom om jou alles te vergoed waarin ek jou ooit bedrieg het!”, en vervolgens sou hy jou die duisend pond teruggee en bowendien nog die rente betaal, wat jou duisend pond sou verdien het as jy die besit sou gehad het? Sê My, wat sou jy van `n dergelike handelswyse vind?” *(Latijn vir: Aan die een wat dit so wil, geskied geen onreg nie.)

[12] Die herbergier sê: “Heer en Majesteit, dit sou ek seker die beste ter wêreld vind, en ek sou so `n mens ook teenoor elkeen loof en prys en sou sy beste vriend wees!”

[13] Ek sê: “Gaan jy dan en doen dieselfde, dan sal jy almal wat in die geheim jou vyande is, tot egte vriende maak! En kyk, dit is die voorwaarde waarop Ek, as jy jou wil waaragtig en ernstig vervul, ook jou wens sal vervul!”

[14] Nou sê die herbergier: “Heer en Leraar, sowaar as ek leef en sowaar as wat ek U nou ook beskou en erken as Die Een wat U beslis volgens die voorspellinge van julle profete is, wil en sal ek die voorwaarde wat U My nou stel, vervul; maar sê My nou hoe dit met my oudste seun gaan, wat altyd my liefling was!”

[15] Ek sê: “Goed dan; omdat Ek nou in jou hart lees dat jy ook sal doen wat jy My nou plegtig beloof het, wil Ek jou wel sê dat jou seun Kado met sy vrou en drie kinders en tewens met `n groot gevolg oor `n uur hier sal aankom, en hy sal jou dan self vertel hoe dit met hom gaan en wat hy alles gedoen het. Nou kan jy met jou baie dienare voorbereidings tref om te sorg dat jou seun, saam met al die baie mense wat hy met hom saam sal bring, goed in één van jou tien huise ingebring kan word! As jy My glo, doen dan wat Ek jou nou aangeraai het!”  

[16] Toe die herbergier dit van My hoor, weet hy van louter vreugde gladnie wat hy moes sê nie, en eers bedank hy My vir wat Ek hom meegedeel het; daarna beveel hy sy dienare om onmiddellik te doen wat Ek hom aangeraai had, en skielik was elkeen in die huis en ook in die naasgeleë huis baie druk besig.

[17] Toe alles nou vol in bedryf was, roep hy ook sy vrou en sy drie ouer dogters, wat met hulle helpsters vir die kombuis moes sorg, en sê: “Oor `n uur al arriveer ons Kado met `n groot gevolg; doen dus julle uiterste bes om te sorg dat alles op die beste manier vir hom berei is wanneer hy aankom! Vannag moet hier `n groot gastemaal berei en geëet word, en julle moet almal daaraan deelneem!”

[18] Hierop gaan hulle toe ook dadelik flink in die kombuis aan die werk.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205