|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 178
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221. |
|
|
Die wolkie verskyn `n tweede keer
178 (Kado:) “Toe ons die volgende dag weer onder in die dorp kom om ons sake en werksaamhede te lei en te orden, kom daar ook drie groot skepe aan in ons hawe, om hier, ook soos gewoonlik, wyn en soet water in te neem. Hulle het van Sicilië gekom en vra nadruklik met wat se ligstof ons ons toring `n tydlank verlig het. Hulle het nog nooit so `n wit lig gesien nie; hulle was op daardie oomblik nog enkele ure se vaar van die hawe verwyderd gewees, en hulle skepe was tog so goed verlig gewees, dat hulle alles aan boord, byna net so goed as by daglig kon onderskei.
[2] Ook die bewoners van die dorp vra ons nou hier, dan daar, wat se lig dit was. En my ou, troue dienaar, wat hom nou hier in die huis van my vader bevind, omdat ek hom op al my reise saamgeneem het, maak weer sy mond oop en vertel die uitvraers die toedrag, geheel volgens die waarheid, en voeg ten slotte ook weer sy mening daaraan toe; en almal wat na hom geluister het, prys sy opvatting.
[3] Die skippers sê dat hulle, in die ryk van die Judeërs, waarheen hulle nog eers moes vaar, ywerig oor hierdie saak sou navraag doen, en as hulle oor ongeveer `n halfjaar weer hier sou aankom, sou hulle ons getrou meedeel wat hulle te wete gekom het. Daarop voer die skippers weldra weer af en ons hou ons weer besig met ons sake en werksaamhede, en die dag verloop so gladweg dat dit `n reëlregte wonder blyk te gewees het.
[4] Dat daar op hierdie dag nog baie oor die nagtelike verskynsel gepraat is, spreek natuurlik vanself.
[5] Op dié dag begewe ek my met my personeel ietwat vroeër na bo na ons toringhuis, in die eerste plek omdat ons sake en werksaamhede voorspoedig verloop het en ons vroeër klaar was as andersins, en ten tweede, eerlik gesê, om ook hierdie aand weer te kyk of daar wel weer so `n wolkie uit die ooste sou kom. My vrou en ook my kinders het hulle baie daaroor verheug.
[6] Die aand was die see ietwat onrustiger as die voorgaande aand en die vissers gaan dan ook vroeër met hulle vangs na hulle huise. Ook `n paar ander skepe, wat uit die suide gekom het en blykbaar nie die taamlik onrustige see vertrou het nie, koers op ons veilige hawe af en die skippers hak die ankertoue van hulle vaartuie weldra aan ons stewige meerpale, wat `n sekere teken was dat hulle `n storm gevrees het en ten minste die nag in ons dorp sou bly.
[7] Die see word teen die aand ook steeds onrustiger, en as `n mens sy blik in die verte gerig het, kon `n mens ook baie goed sien dat die see baie hoë golwe maak, en daarom kon `n mens ook geen enkele skip meer op die water gevind het nie; want die skippers het waarskynlik oordag al tekens opgemerk wat daarop gedui het dat die see gedurende die nag baie hoog sou gaan en daarom het hulle ook al vroegtydig probeer om een of ander rustige inham te bereik.
[8] Daar was aan die hele wye hemel weliswaar geen wolke te bespeur nie en uit die suide het slegs `n sagte windjie geloei; maar waarskynlik was die sogenaamde Tartaruswinde onder die see opgesteek, wat die see in so `n onrustige beweging gebring het. Ons noem dergelike onderaardse winde “Tartaruswinde”, omdat ons geen ander naam daarvoor het nie. Dit was egter opmerklik dat daar, ondanks die steeds hewiger storms van die see, geen stormvoëls te siene was nie en ook die seeleeus hulle dans en hulle vrolike gespring nie laat sien het nie, wat altyd dergelike storms voorafgegaan het. Want aan sulke seegediertes het ons see bepaald geen gebrek nie.
[9] Die son begin nou ook in die see onder te gaan, en ek beveel die dienare om die skottel te vul en aan te steek, omdat daar tog nog een of ander groot skip op die see kon wees, wat snags dan nie kon sien waar hulle `n goeie heenkome sou kon vind nie. Die groot skottel word dan ook gou gevul en aangesteek en brand al vol met oplaaiende vlamme toe die son heeltemal ondergaan; en dit was goed, want dit duur daarna nouliks `n uur, of daar koers nog `n groot skip, voortgedrywe deur die ietwat hewiger wordende suidewind, duidelik waarneembaar op ons hawe af en bereik dit ook veilig!
[10] Hierdie skippers, wat uit Egipte gekom het om ons wyn hier te koop, vertel die volgende dag dat hulle `n baie groot worsteling gehad het met die hoë golwe, en dat hulle baie bly was toe hulle die reeds welbekende lig van Patmos sien.
[11] Ondanks die luide geraas en bruising van die see sit ons egter baie welgemoed bymekaar op ons stoep en rig ons blikke na die ooste, om te kyk of die wolkie van gister hom nie weer êrens wil laat sien nie. En dit duur inderdaad nie lank nie, of daar was die wolkie ver in die ooste alweer sigbaar en maak dieselfde beweging as gister, soos ek ook al vertel het.
[12] Maar sodra die wonderbaarlike wolkie maar ook sigbaar geword het, gaan die storm ook dadelik op wonderbaarlike wyse lê, en binne enkele oomblikke sien mens vanuit die kalm seespieël die sterre alweer voor ons skitter.
[13] Dit duur nou ook nie lank nie, of die wolkie het hom om ons toringhuis heen gelê, en die lig kom vir my hierdie tweede keer nog sterker voor as die eerste keer; want die see was tot in die wye verte verlig asof dit dag was, wat ons goed kon sien, omdat die wolkie hierdie keer bo ons toringhuis bly swewe het en dit nie soos die eerste keer ook heeltemal omhul het nie. Hierdie tweede keer was dit egter ook merkwaardig dat die vlam in ons ligskottel volledig uitgedoof was die oomblik toe die wolkie die huis halfweg omhul het.
[14] Hierdie keer bly die wolkie seker ruim `n uur langer om ons huis heen hang as die eerste keer, en ons kry daarby die gevoel soos `n god in sy gevoel van mag en ewige onsterflikheid; want ons voel ook dat ons volkome magtig en ontsterflik was.
[15] My ou, getroue dienaar sê na `n rukkie so voor hom heen, heeltemal oorweldig deur ontsag: “O, ou, heilige goddelike lig, wat die oermens helder en lewend verlig en so in ware halfgode verander het! Verlig nou die sterflike mens weer, en maak dat hulle wêreldse lig uitdoof, soos U ook die swak lig van ons seeligskottel uitgedoof het! Dan sal die skippers op die aardse lewensee, wat slegs in ons duisternis wild tekere gaan, rus vind en weer tot die insig kom waarom hulle deur die hoë gode in hierdie wêreld geplaas is.”
[16] Toe my dienaar die woorde in volle erns uitgespreek het, hoor ons almal baie helder en duidelik vanuit die wolkie die woorde: “Soek, dan sal julle dit ook vind! Die ou lewenslig van die hemele moet weer opnuut in oorvloed gegee word aan die mens, wat goed van hart en van goeie wil is. Waar Ek vandaan kom, daar sal ook weldra die groot lig vandaan kom.”
[17] Daarop verhef die wolkie hom weer en trek weer vinnig weg na waar dit vandaan gekom het.
[18] Sodra die wonderbaarlike wolkie weer volkome voor ons oë verdwyn het, laai die vlam in die ligskottel vanself weer helder op en brand verder die hele nag deur. Maar ons was almal oorweldig, in die besonder deur die duidelik gehoorde woorde, wat in `n sekere sin deur die wolkie vir ons gespreek was.
[19] En my ou dienaar sê: “O, wat sou ons wysgere, wat aan niks anders as net hulle eie verstand glo nie, daarvan sê, as hulle dit saam met ons beleef en gesien het! Ja, ja, die mens wat met `n goeie hart en `n vaste wil die gode en hulle ware lewenslig soek, en hulle nie so maklik laat saamsleep deur alle wêreldse twyfelaars nie, sal uiteindelik ook vind wat hulle soek - wat geen enkele wysgeer egter vind nie. Die gode staan seker nie welwillend teenoor die een wat hulle bestaan ontken nie, maar ons sal van nou af aan van ganser harte die gode steeds meer toegedaan wees en sal hulle ook self gaan opsoek in die ryk, waar hulle nou as sigbare mense regspreek en heers, en ons sal hulle ons hoogste verering en `n ware offerdank bring vir die barmhartigheid, wat ons deur middel van die ligwolkie op die verlate eiland besoek het!
[20] Ons stem almal in met die goeie woorde van ons ou dienaar, en ek beloof dat ek dit self sou doen, sodra ek in Athene alle noodsaaklike maatreëls sou getref het; almal gee hulle groot vreugde daaroor te kenne, en ek neem toe self die vaste besluit om my handelsake in Athene en ook op ander plekke te verkoop en daarna die gode te gaan opsoek.
[21] Daarop gaan ons weer die huis binne en neem die reeds voorbereide aandete tot ons, wat vir ons hierdie keer buitengewoon smaaklik voorkom. “
|
|
|
|
|