Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 20

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Oor die wette van die Heer

20 Nou sê almal weer: “Heer en Leraar! Alles, alles is sedert ewigheid slegs U werk en U verdienste! Ons mense is immers in alle opsigte niks in vergeleke met U nie! Alleen U liefde en barmhartigheid het ons die bestaan gegee en U wil ons selfs nog verhef tot kinders wat aan U gelyk is; daarom is ons in alles U werk, en ons voortreflikheid is slegs U verdienste! O Heer en Leraar, verlaat ons tog nooit; want sonder U is ons in geheel niks! Wat sou ons uit onsself weet van al die geestelike dinge, van U en van U almagtige wil? En soos ook ons alles slegs aan U te danke het, sal ook ons verre nageslag alles aan U te danke hê, as ons nog insig en ons suiwer geloof sal besit. Maar U, o Heer en Leraar, sal wel daarvoor sorg dat hulle nie te ver verwyderd sal raak van die lig, wat nou so helder vir ons skyn nie!”

[2] Ek sê: Net soos tot nou toe, sal dit ook in die toekoms aan die arbeiders op My akkers en in My wingerd oorgelaat word; dit sal dan erg daarop aankom, hoe julle My wil, wat julle goed ken, hanteer, hetsy waar, hetsy verkeerd. Sorg daarom daarvoor dat daar na My liggaamlike skeiding van julle geen rusies en onenighede ontstaan nie; want dit sou werklik die moeder van die Antichris op hierdie aarde word! Ek sê julle dit nou vooraf, sodat julle dit kan voorkom. Weliswaar sal julle dit wel voorkom - of julle leerlinge dit egter ook sal doen, is `n ander vraag, want ook hulle vrye wil moet net soos die van julle gerespekteer word.

[3] My leer gee julle die hoogste vryheid en kan daarom nie verkondig word met die swaard en met die kettings van die duistere slawerny nie; want wat die mens die hoogste lewensvryheid kan en sal verskaf, moet hy ook in alle vryheid leer ken en aanneem. Soos Ek dit alles ook verniet aan julle gegee het, moet julle dit ook verniet gee aan diegene wat dit van julle wil hê!

[4] Ook het Ek aan niemand van julle enige dwang opgelê nie, maar in volle vryheid het Ek julle toegeroep: “Wie wil, moet kom, luister, kyk en volg My na!” En julle doen dit vanuit julle vrye wil. Handel dan voortaan ook so in My Naam, dan sal julle die goeie weg bewandel!

[5] Wie daar egter `n “moet” van sal maak, sal nie My leerling wees nie, en op sy weg sal hy rotse, klippe en dorings teëkom. Neem julle almal van My `n goeie en ware voorbeeld! Wat sou dit My kos om nou in één oomblik alle mense op die hele aarde deur My almag te dwing om My leer aan te neem en My wil volledig op te volg, soos dit vir My ook moontlik is om in één oomblik vir alle ander skepsele met “moet” die weg uit te stippel, wat hulle streng volgens My wil moet gaan? Maar gee dit hulle `n onafhanklike sedelike lewensvryheid wat hulle gelukkig maak? Ek sê julle: nee, geen enkele!

[6] Want `n dowwe, baie beperkte intelligensie met `n vonkie van My nadruklike wil, waarvolgens hulle aktief moet wees, is immers iets baie anders as `n in alle opsigte geheel onbegrensde innerlike bewus word, verbonde met `n verligtende denkvermoë, `n helder verstand en bowendien met die volkome onbegrensde vrye wil, waaraan Ek nooit My gebooie en My vaderlike raad gegee het met `n “jy moet” nie, maar altyd met die vrye “jy sal”! Want alle gebooie wat Ek die mens gegee het, was in feite nooit wette nie, maar slegs advies, wat My ewige Liefde en Wysheid aan die vry mens gegee het. Van hierdie advies het die mens, in die oortuiging, dat hy My daardeur `n groter eer bewys deur dit streng op te volg, wette gemaak en die nie-onderhouding daarvan bekragtig met tydelike en ewige straf.

[7] Moses self het baie daaraan toegevoeg om die Judeërs `n dieper ontsag vir God se geopenbaarde wil in te boesem, en ander het dieselfde gedoen. En die huidige Fariseërs het nou die hoogste punt bereik, nie net van domheid nie, maar ook van die noodsaaklikerwys daaruit voortvloeiende slegtigheid. Dat dit daar met die Judeërdom nou so onbeskryflik sleg staan, is `n onvermydelike gevolg van die feit dat die mens van My in alle vryheid gegewe advies dwingende wette gemaak het. Hoe is `n dwingende wet egter te verenig met die vrye wil en met die ewe vrye en deur niks begrensde verstand van die mens?

[8] Die vrye wil van die mens sal die helder verligtheid van sy verstand dikwels en steeds met die grootste dank aanneem as `n barmhartigheid van bo; maar `n streng dwingende wet sal hy in sy wil en gemoed vervloek. Daarom is elke mens, wat onder `n wet van dit “moet” staan, so goed as in `n voortdurende oordeel en derhalwe as`t ware vervloek.

[9] Wie dus die mens in My Naam dwingende wette gee, sal hulle in plaas van My seën enkel die harde juk en die swaar las van die vloek gee en hulle tot nuwe slawe van die sonde en die oordeel maak.

[10] Daarom moet julle sorg dat by die verdere verbreiding van My gebooie veral daarop gelet word dat julle daarmee geen nuwe en swaar te verdra juk op die skouers van die mense lê nie, maar dat julle hulle van die ou juk bevry!

[11] Wanneer die mens met `n vrye gemoed die ligte waarheid van My leer en My beste vaderlike wil sal erken en insien, sal hy daar met sy vrye wil self wel `n vrye “moet” van maak en vry daarvolgens handel, en dit alleen sal hom tot die ware welsyn van sy siel strek. Maar `n aan hom opgelegde dwingende wet sal dit bykans nooit of heeltemal nooit doen nie, omdat ten eerste `n dwingende wet vir die vrye wil van `n mens heeltemal in stryd is met My goddelike orde en dat so `n wet `n mens maar net verduister en nooit verlig nie, en in die tweede plek omdat hulle wat die dwingende wette oplê, dadelik vir hulleself `n hoër, alleen aan hulle toekomende mag aanmatig, en weldra trots, hoogmoedig en heerssugtig word; en aan die suiwer goddelike verklaarde bepalinge byvoeg vanuit hulle aanmatigende goddelike magsposisie, waarvoor die gelowiges dikwels meer moet sidder en bewe as vir God Self, en eie bepalinge toevoeg as synde `n goddelike en aan hulle `n nuwe geopenbaarde wil, en heg aan die inagneming daarvan steeds baie meer waarde as aan die inagneming van die suiwer goddelike gebooie.

[12] Daar kom dan duistere bygeloof, afgodery, haat vir anders-gelowiges, vervolging, moord en die mees rampsalige oorloë daaruit voort. Die mens baseer hulle daarby op allerlei duistere onsin, sodat hulle ten slotte dink en glo dat hulle God `n aangename diens bewys, wanneer hulle ten opsigte van hulle anders-gelowige medemens die grootste vergrype en misdade begaan. En dit is slegs die skuld van diegene wat dwingende wette oplê!

[13] Daarom sal dan ook aan die ander kant in die hel, waarvan hulle hier ywerige dienare was, seker die vernaamste plekke inneem onder die mees onverbiddelike dwingende wette; want in My hemele heers slegs die hoogste vryheid, maar daardeur ook die hoogste eendrag, bewerkstellig deur die suiwer Liefde en die grootste Wysheid.

[14] Ek het julle dit nou getrou en openlik uiteengesit en duidelik verklaar, en julle weet nou dan ook in vryheid en sonder ook maar enige innerlike dwang, waarmee julle as verbreiders van My evangelie rekening moet hou. Maar as daar iemand van julle of van julle leerlinge anders wil handel, dan word hy weliswaar gewaarsku, maar daar sal geen innerlike dwang deur My aan hom opgelê word nie. Maar aan die verrotte en slegte vrugte sal die beter mens al spoedig merk, wat se mentaliteit so `n latere leerling het.

[15] Maar omdat Ek dit nou vir julle meedeel, moet julle nie dink dat Ek daarmee die deur Moses gegewe wet ophef nie; want dit is immers geheel en al dieselfde, wat Ek julle in sy oorspronklike suiwerheid teruggee. Slegs die ou, verroeste “moet” hef Ek op en Ek gee julle die ou volledige vryheid terug; en die werk om julle siele te verlos van die harde juk van die oordeel en van die eintlike Satan, aan julle reeds bekende vors van die nag en die duisternis, hou hoofsaaklik in gedagte dat julle van nou af aan nie meer onder enige dwingende wet uit My Naam sal staan nie.

[16] Soos Ek nou ook aan julle almal die volle vryheid vanuit Myself teruggegee het, moet julle dieselfde in My Naam ook aan julle broeders doen! Doop hulle in die Naam van My Ewige Liefde, wat die Vader is; in die Naam van die Woord, wat die vleesgeworde Seun van die Vader is, en in die Naam van Sy Gees van Waarheid, en wis daardeur in hulle die ou erflike kwaad uit, wat bestaan uit die, aan julle nou welbekende en verwenste “moet” van die wet! En nou vra Ek julle, of julle dit almal verstaan het.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205