Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 30

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Oor die ken van die toekoms

30 Nou sê Lasarus: “Heer en Leraar! Hierdie uitleg van U oortref alles wat ons tot nou toe van U gehoor en gesien het, en dit word vir my nou eers volkome duidelik waarom U, as Self `n mens, na ons toe gekom het om ons te onderrig oor God en oor onsself; naamlik omdat ons deur U bestem is om ewig voort te lewe in die hoogs moontlike selfstandigheid, wat ons egter eers deur ons selfwerksaamheid volgens U leer uit vrye wil moet, wil en met U hulp ook sal verwerf.

[2] Nou eers het ons `n volledige korrekte voorstelling van U en ook van onsself en weet ook waarom dit noodsaaklik is om dit of dat te doen; want anders sou dit vir geen mens moontlik gewees het om die ware, ewige lewe te verwerf nie. Nou ken ons God se wese egter en ken daarby ook onsself. Nou is dit dan ook maklik om langs die goeie verligte weg na die Lewe voort te gaan. Maar hoeveel duisendmaal duisende mense het geen idee van dit alles nie en is genoodsaak om op die weg van die verderf voort te gaan! Wanneer jy moontlikerwys daaruit verlos kan word, soos ook ons nou, en dit weet slegs U; rig ons slegs die wens dat die siele van die mense so spoedig moontlik uit die groot kwelling bevry mag word. Want hoe ligter en vryer ons nou deur U barmhartigheid word, soveel te meer en dieper voel ons ook die ongeluk van al diegene aan wat nie hierdie barmhartigheid ten deel val nie. 

[3] Maar wat is daaraan te doen? Wanneer U dit Self so toelaat om redes wat aan U bekend en sekerlik baie wys is, dan moet dit ook vir ons goed wees. Maar hoe lank sal dit nog duur voordat alle mense op die hele aarde één in geloof en één van lig word en mekaar as ware broeders beskou?” 

[4] Daarop sê Agricola ook: “Ja, dit is ook voortdurend my sorg! Ook vir my begin die steeds helderder wordende lig in my hart erg te benoud te word, omdat ek daar maar al te duidelik kan sien hoe ver die ander, ja byna die hele mensdom, daarvan af staan. Heer en Leraar, die toekoms is vir U ewe bekend as ons gedagtes en verlange, daarom sou U ons wel `n bepaalde tyd kan aangee, waarin tog seker die grootste deel van die mense hulle kan verheug in `n hoër en ware lewenslig!”

[5] Ek sê: “Solank die mense op hierdie aarde bly en nog nie volledig wedergebore is in die gees nie, is dit glad nie goed vir hom om te veel vooraf te weet nie, en as die toekoms te duidelik vir hom onthul word, sou dit sy gemoed, wat nog nie so sterk is nie, opwek en maklik tot vertwyfeling bring.

[6] Dink julle maar net in hoe die mens se gemoedsgesteldheid sou wees as julle die presiese tyd en uur van julle sterfte sou weet. Julle sal dit nie aangenaam vind om te weet dat julle verseker moet sterf nie; hoeveel onplesieriger sou julle dit vind om ook die jaar, die dag en die uur te weet, waarop julle die dood van julle liggaam kon verwag!

[7] O ja, baie anders is dit gestel met die mens wat hier reeds volledig in die gees van alle lewe wedergebore is, en sy toekomstige lewe al in alle helderheid in hulle het en dit waaragtig en lewendig kan voel! So iemand kan die doel en die einde van sy liggaam wel baie presies vooraf weet; want die tydstip waarop sy swaar las van hom afgeneem sal word, sal hom nie met droefheid nie, maar slegs met die grootste vreugde vervul. Maar `n gewone mens sou deur so `n vasstaande vooruitsig verseker baie droewig gestem word.

[8] Daarom moet julle nie al te ywerig soek na hoe die toekoms daaruit sien nie, maar wees tevrede met wat julle vir die heil van julle siel moet weet, en neem dan ook genoeë met die feit dat Ek in My liefde en wysheid dit weet, en beslis alles sal laat geskied op die manier soos ook dit altyd vir die goeie of ontaarde mensdom seker die beste sal wees, dan sal julle ook elke slegte en goeie toekoms kan verdra!

[9] Wanneer julle egter self in die gees van die lewe wedergebore is, sal julle ook in staat wees om in die toekoms te kyk en daardeur nie bedroef en swak word nie.

[10] Hoe dit homself egter in die verre toekoms sal ontwikkel, het Ek ten eerste met die nagtelike verskyning al taamlik helder laat sien en nog duideliker in die uitleg van die twee hoofstukke van die profeet Jesaja, en Ek sal julle nog meer laat sien oor die einde van die in feite slegte mensewêreld, waarmee julle ook nie baie tevrede sal wees nie. Maar in hierdie middernagtelike uur laat ons die onderwerp nog met rus; want ons het nog baie noodsaakliker dinge om met mekaar te bespreek. Wie van julle dus nog iets te vra het, moet dit doen, dan sal Ek vir hom lig gee.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205