Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 83

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Waarom lyke langsaam ontbind

83 Die Skrifgeleerde sê: “Heer en Leraar, nou eers is die dinge wat met die afsterwe te make het, volkome duidelik vir My; maar `n paar bysake, wat weliswaar in feite nie by die gebeure van die afsterwe hoort nie, sou ek nog wel deur U verklaar wil sien, omdat mens by die verspreiding van U leer en wel veral onder die heidene, tog sekerlik vrae daaroor sou kon verwag waarop mens dan, as mens nie deur U daaroor onderrig was nie, die antwoord sonder meer sou moet skuldig bly.

[2] Dit gaan om die volgende twee punte; Die eerste is: Waarom moet die liggaam van die mens slegs langsaam ontbind en vergaan? Dit sou tog in U mag lê om dit in één oomblik op te los en in iets anders te verander; want die langsame ontbinding en vergaan van `n dooie liggaam maak op elke mens `n onaangename indruk, en die ontbinding van baie lyke verpes die lug en het `n skadelike invloed op die gesondheid van die lewende mens. As `n liggaam nou, sodra dit volkome dood is, byvoorbeeld sou lyk soos `n sneeuvlokkie in die son, dan sou dit ten eerste vir die mens waardiger daaruit sien, en ten tweede sou die mens niks te vrese gehad het van die walglike uitwaseming gedurende die langdurige ontbinding van die lyk nie, en sou hulle ook die aansienlike onkoste van die begrafnis en die droewige moeite kon bespaar. - Dit is dus die eerste punt waaroor ek graag van U `n nadere toeligting sou wil hê.

[3] Die tweede is: Sal die siel, as sy van die liggaam bevry is, ook op hierdie aarde kan terugkyk, as sy dit sou wil, en die veranderinge daarvan en ook die doen en late van die mense sien? - Dit is die tweede punt waaroor ek van U, o Heer en Leraar, ook nog `n paar woorde sou wil hoor!”

[4] Ek sê: “My vriend, wat die eerste punt betref, lê dit nou eenmaal in My orde so besluit dat die lyk om baie verskillende en beslis baie wyse redes slegs langsaam moet vergaan en verander. Maar wanneer `n mens volgens My orde geleef het, word sy dooie liggaam tog vinniger verander en sal dit tydens die ontbindingsproses geen verpestende uitwaseming versprei nie. Slegs wanneer daar in die liggaam van `n mens, deur sy sonde, baie onreine geeste versamel het, wat dan tydens die ontbindingsproses vrykom, ontwikkel hulle die walglike geur en kan dit `n kwade invloed hê op die gesondheid van die ander mense, wanneer die lyk te lank onbegrawe êrens in die ope lug lê; maar binne `n paar dae kom dit nie daarby nie.

[5] As Ek egter `n lyk wat vol onreine geeste sit, skielik sou laat ontbind, sou die onreine geeste, wat daardeur in groot aantalle vrygekom het, hulle sekerlik onmiddellik en bliksemsnel op die nabystaande mense stort en hulle ernstige skade aandoen en sommiges selfs dood.

[6] By die langsame ontbinding verander die onreine geeste egter eers in `n ontelbare aantal klein en ook groter wurms; die verteer die lyk en ten slotte ook mekaar, ontbind vervolgens self en styg in reeds suiwer vogtigheid na die oppervlak van die aarde, waar hulle weer oorgaan in allerlei kruie en dan van daaruit na `n suiwer soort wurm en insekte. Kyk, so wil My wysheid en My orde dit hê, en Ek het jou nou presies soveel daaroor gesê as wat vir die mense nodig is om te weet; die res sal die gees jou wel meedeel wanneer dit nodig is dat jy dit weet.

[7] Wat jou tweede vraag nou aanbetref: Dit spreek vanself dat volmaakte siele, soos wat Ek julle ook al op die Olyfberg getoon het, nie net hierdie aarde nie, maar ook, wanneer jy dit wens, die hele skepping sal sien en in alle rigtings volledig kan waarneem. Ook die leiding en bestuur van die lewende mense op die hemelliggame en ook die ander skepsele sal aan hulle toevertrou word; en dan spreek dit tog wel vanself dat volmaakte siele ook die materiële skeppings moet en sal sien.

[8] Maar onvolmaakte en bose en duistere siele sal dit nie kan doen nie; dit sou ook nie goed wees nie, omdat hulle in hulle groot leedvermaak en wraaksug die aarde en alle skepsele sekerlik groot skade sou berokken. Hulle hou hulle wel op in die laagtes van hierdie aarde, en ook in baie riole en grotte van die aarde; maar tog sien hulle nie die plek waar hulle is nie, maar alleen die ongegronde en lugtige beeld van hulle fantasie. Slegs af en toe word een of ander oorlede siel toegestaan om bewus te word van die materiële plek waar sy woon. In `n dergelike toestand weet sy dan ook wat `n familielid van haar of ook `n ander mens op aarde doen, hoe dit met hom gaan, en so nog baie ander dinge - maar alles slegs gedurende `n paar oomblikke; daarna keer sy dadelik weer terug na haar futiele fantasie-oord, waar sy haar gelyke vind. Want ook by die onvolmaakte en slegte siele is dit so dat gelykgestemdes hulle in verenigings aansluit, maar natuurlik nie ten goede nie; want in goeie verenigings sluit slegs die salige geeste hulle aaneen. Al die ander het Ek julle al op die Olyfberg uitgelê en getoon en sodoende is dit hiermee genoeg. - Het julle dit goed begryp?”

[9] Almal sê, ook die Skrifgeleerde: Ja, Heer en Leraar; wees ons sondaars tog altyd barmhartig en betoon medelye, sodat ons later nie in die verenigings van die slegte siele beland nie, en wees geduldig met die nog baie swakhede van ons! U alleen is ewig alle lof en eer waardig!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205