Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 92

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Oor die invoer van die Sabbat

92 (Die Heer:) “Sien, sedert die eerste tye van die mens was dit gebruiklik gewees om die week in sewe dae te verdeel; hierdie indeling het gelei die mens langs natuurlike weg af van die maankwartiere en langs die bonatuurlike weg, wat aan hulle geopenbaar word, van die sewe geeste in God, waarvan julle ook iets gehoor het, maar nog nooit ook maar één woordjie daarvan begryp het nie.

[2] Van die sewe geeste is dit nou die sewende, wat as`t ware met terugwerkende krag al ses voorafgaande deur en deur suiwer en versag, en hierdie sewende gees heet daadwerklik erbarming. En kyk, ook om hierdie rede het God by monde van Moses die sewende dag tot Sabbat bestem, sodat julle julleself op hierdie dag van die slaafse arbeid vir julle eie buik sou weerhou en by die samekoms voor die tent, waarin die ark gestaan het, na julle arme broeders en susters, weduwees en wese sou omsien en julle mettertyd oor hulle sou ontferm; want dit hou immers die hele wet van Moses en alle profete in, naamlik dat julle in volkome geloof in God en in liefde tot Hom aan julle arm naaste die werke van die egte barmhartigheid sal doen, en dit is ook die enigste ware en My welgevallige godsdiens!

[3] Maar wanneer dit so en onmoontlik anders kan wees nie, hoe sou Moses hom selfs in sy allerslegste droom ooit kon voorstel dat die Sabbat, wat deur God daarvoor bestem is, dat geen enkele Judeër op hierdie dag aan sy arm naaste `n werk van barmhartigheid moet en mag bewys nie?

[4] Dink julle nou regtig dat dit aan God eer bewys, as iemand `n hele dag, ten eerste in volkome ledigheid en vervolgens, of in die tempel in Jerusalem, of elders in `n sinagoge, of in `n ander plek, of in sy huis deurbring, verskeie kere die tien gebooie en enkele Psalms van Dawid en nog ander dinge uit die Skrif sonder gevoel opsê, sonder om daarby te dink, dus breinloos self prewel en blêr, oftewel hulle deur `n priester laat voorprewel en voorblêr, aan wie hy `n offer gee, omdat hy glo dat die geprewel en geblêr uit die mond van `n priester kragtiger is en God meer welgevallig as die van homself! O julle waansinniges! Dink tog eens na, of dit moontlik is dat die alwyse God in sulke dwaashede en sotternye, wat slegs deur julle en nooit deur Moses, of deur die profete bedink is nie, en wat julle selfs tot `n wet verhef het, ooit behae kon skep en of Hy, wat ewig onveranderlik Dieselfde is, nou welgevalle daarin kan hê of dit ooit sal hê!

[5] Ja, die mens wat God erken en Hom bo alles liefhet moet ook in hulle hart tot Hom bid. Maar hoe? In die eerste plek deur Sy wil op die korrekte manier op te volg, deur die werke van die naasteliefde te beoefen, en in die tweede plek moet hulle in hulle harte innig en vol liefde aldus tot God as volg spreek:

[6] “Ons liefdevolle Vader, wat in U hemele woon! U ryk van ewige liefde en waarheid kom daadwerklik tot ons! Laat slegs U heilige wil, wat van alle wesens is, ook onder ons net so tot werklikheid word, soos wat dit in al U hemele en skeppingsruimtes geskied! Gee aan ons, U kinders, die brood van die lewe! Vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons broeders wat ons beledig het, vergewe het! Laat geen versoekinge en bekoringe tot sonde oor ons kom nie, waaraan ons in ons swakheid moeilik of heeltemal geen weerstand kan bied nie, maar bevry ons van alle boosheid! U Naam word altyd gewy, hoog geprese en bo alles geglo; want van U is ewiglik alle liefde, wysheid, krag en mag!”

[7] Kyk, dit is `n egte gebed tot God, as dit deur iemand in sy hart innig, waaragtig en in volle erns uitgespreek word! Maar ook het hierdie gebed geen waarde nie, al word dit ook duisend keer deur iemand met die mond uitgespreek, maar dit moet innig, waaragtig en vol ernstige wil in die hart uitgespreek word, en die mens moet ook deur sy dade toon wat die woorde van sy hart sê, anders is al die gebid `n gruwel in God se oë; want die ewig lewende God, wat die liefde, wysheid, krag en mag self is, laat Hom nie eer deur los en dooie woorde van die lippe en sinlose offers en seremonies nie, maar slegs deur werke volgens Sy wil. Maar dit kan en moet elke mens elke dag beoefen en nie net op die Sabbat nie; wanneer die mens dit doen, dan maak hy elke dag tot `n ware Sabbat en hoef hy nie te wag vir die sewende dag van die week nie, wat as dag vir My nie meer waarde het as `n ander nie. Kyk, dit is nou My mening! En jy, Skrifgeleerde tempeldienaar, kan My nou van repliek bedien as jy `n rede daartoe sien.”

[8] Die Skrifgeleerde sê: “O Heer en Leraar, dit sal ek nou en ook vir altyd wel agterweë laat; want nou eers het ek duidelik ingesien dat U werklik die Gesalfde van God is! Ja, U het in alle opsigte gelyk en die verwyt wat U teen ons tempeldienare maak, is waar en meer as tereg. Maar helaas is ons gevang deur die tempel en kan niks doen vir hierdie hoogs ware goddelike aangeleentheid nie, wat U nou uiteen gepluis het.

[9] Maar U, o Heer, is magtig; doen volgens U barmhartigheid, liefde en wysheid wat U welgevallig is! Maar al bly ons in die tempel, ons sal werklik in geen enkele vergadering meer `n woord ten nadele van U spreek nie, maar wel per geleentheid aan die hoëpriesters toon hoe dit met hierdie saak is. Maar as U ons spesiaal sou wou wys wat ons moet doen, dan sal ons dit ook doen om in barmhartigheid deur U aangeneem te word. Heer en Leraar, wat is U wil met ons en ten aansien van ons?”

[10] Ek sê: “Ek het julle nou tog al enkele dinge gesê waardeur julle verstand My wil wel sal onderken het! Handel daarvolgens, dan sal julle ook die lewe ontvang! Die tempel sal julle nie verhinder om in julle hart in My te glo en na My wil te handel en, waar dit nodig is, My ook te erken teenoor die wêreld nie; want Ek sê julle ook: Wie My teenoor die wêreld sal erken, hom sal Ek ook erken teenoor My Vader in die hemel. - En nou kan julle weer na Jerusalem reis; maar wanneer die tempeldienare julle na My sal vra, sê dan niks oor My nie! My seën sy met julle! Amen.”

[11] Toe staan die tempeldienare ontroerd op, bedank My vir die lesse en vir die verlossing uit hulle verwarring; en aangesien dit al taamlik donker geword het, gaan hulle op weg na hulle huise, en Lasarus gee hulle enkele begeleiers met fakkels saam, wat die tempeldienare hoog op prys stel. Maar ons gaan weer die saal binne en gaan aan ons tafel sit. Nou eers gee die Romeine uiting aan hulle groot vreugde oor alles wat Ek die tempeldienare so openlik en goddelike waar gesê het.

[12] Almal vra My nou om die ware gebed, wat Ek die tempeldienare laat hoor het. Maar toe kom RafaEl na Agricola toe en oorhandig dit aan hom, geskrywe op perkament, en daarvoor kon die Romeine My nie genoeg dank nie.

[13] Daarop sê Ek vir Lasarus: “Broeder, ons het nou weer gewerk; laat ons daarom vir die ete ietwat wyn en brood bring, sodat ons onsself kan versterk!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205