Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 119

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Oor weldade

119 Ek sê: “Ja, ja, Ek weet nou goed wat jy boonop sou wil hê! Laat nou maar jou moeder, jou vrou, jou kinders en ook jou kneg na My toe kom, maar vertel hulle nog niks van die besondere wat jy oor My weet nie! Maar wanneer Ek teen die aand weer van hier af sal vertrek, dan kan jy hulle, na gelang van elkeen se bevattingsvermoë, ook die hoofsaak vertel en vir hulle sê dat almal wat in My glo, hulle aan My gebooie moet hou uit baie innige liefde tot My en so ook die naaste, soos ook arm mense en hulpbehoewendes, met raad en daad liefhê, die ewige lewe sal hê in My ryk, wat geen begin en geen einde het nie. En gaan jy nou en gaan haal hulle!”

[2] Hierop gaan die herbergier weg en bring weldra al sy familie die eetsaal binne en stel hulle aan My voor, terwyl hy vir hulle sê: “Voor hierdie ware Heiland van alle heilande ter wêreld moet julle diep buig, en dank Hom alleen vir die groot weldaad en barmhartigheid wat aan ons bewys is, wat alle skatte van die wêreld nooit kan betaal nie!” 

[3] Die kinders en die vrou ken My weliswaar al en nader My onmiddellik op `n eerbiedige en baie vriendelike wyse en prys God, omdat Hy aan `n mens so `n werklike goddelike mag verleen het. Maar die geneesde moeder en die geneesde kneg wedywer werklik met mekaar in dank- en lofbetuiging, wat hulle met woorde en gebare uitdruk.

[4] Maar Ek sê vir hulle: “Dank vir `n ontvangde weldaad is mooi, waar en billik; want mens is aan die een wat aan iemand liefde betoon het, ook weer alle liefde en vriendskap verskuldig. Maar dit is geen groot kuns in die lewe nie; die groter en meer verdienstelike kuns in die lewe is: Om jouself by die gebooie van God te hou. Die grootste en mees verdienstelike kuns in die lewe is egter: Om al jou vyande van harte te vergewe; waar moontlik goed te doen aan diegene wat jou kwaad toewens en ook aandoen; en vir diegene te bid en hulle te seën wat ons haat en vervloek.

[5] Wie dit sal doen, stapel gloeiende kole op die hoofde van sy vyande, waardeur hulle hulleself sal verbeter, en maak hulle weldra tot sy berouvolle vriende, waardeur al sy sonde volkome deur My vergewe word en hy reeds op aarde gelyk is aan die engele van God. 

[6] Doen julle ook so, dan sal God se barmhartigheid en seën nooit van julle huis en van julle wyk nie!

[7] En as julle geld uitleen, leen dit dan ook aan die arm mense, wat julle nie weer met woeker kan terugbetaal nie, dan sal julle as beloning daarvoor as rente `n groot skat in die hemel vind!

[8] Wanneer julle die een of die ander weldaad bewys, doen dit dan nie dat `n ander, wat homself kan veroorloof, julle vergoed nie, hetsy deur hoër rentes op te lê of deur die dagloon te verminder by diegene wat genoodsaak is om julle te dien nie; maar wat julle goed doen vir die arm mense, doen dit openlik vanuit liefde tot God en die naaste, dan sal julle die vergoeding in die hemel vind!”

[9] As daar so nou en dan onvrugbare jare kom, word dan nie kariger nie, verkoop julle graan nie duurder nie, en bak die brood nie kleiner en slegter en verminder nie die dagloon van die arbeiders nie, dan sal julle alle seën van bo daarvoor hê!  

[10] Maar as julle in tye van nood karig is teenoor julle naaste, sal God ook karig wees met Sy seën oor julle velde, wingerde en kuddes, en julle sal julle daardeur weinig skatte in die hemel vergader. Onthou julle die goeie en handel, sonder bedenkinge, daarvolgens, dan sal julle vir die tydelike en ewige seën in oorvloed hê!”

[11] Toe Ek die familie hierdie dinge gesê en aangeraai het, sê die herbergier self na `n rukkie: “Ja, ja, vir die oë van die alsiende Gees uit God bly niks, ook nie dit allerkleinste, verborge nie!

[12] Dit is by ons en in my huis van oudsher die gebruik gewees om die volgende te sê en ook daarvolgens te handel: “Doen aan elkeen goed, soos hy dit nodig het; maar vergeet julle eie voordeel nie daarby nie!” Maar ek sien nou in U lig, o Heer en Leraar dat hierdie wyse van denke en handel absoluut nie ooreenkomstig die goddelike orde is nie, en daarom sal Ek ook op die gebied in die nabye toekoms `n baie ander orde invoer. Ek sal weliswaar af en toe my geld nog aan iemand wat dit nodig het, vir `n matige wetlike rente leen; maar as daar iemand sal kom wat my ook geen rente kan betaal nie en as dit aan my bekend is dat hy werklik in nood sit, sal ek hom ook altyd die noodsaaklikste sonder rente leen en in die uiterste geval ook skenk. Vyande het ek weliswaar baie min en ek het hulle dan ook weinig te vergewe. Maar as ek daar in die toekoms, wat vir ons nie te voorsien is nie, enkeles sal kry, dan sal ek hulle bejeën soos wat U ons ook nou almal aangeraai het!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205