Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 45

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Agricola herinner hulle aan Maria van Magdala

45 Maar Agricola, wat `n buitengewone gevoelsmens was, vra My om iets te mag sê en sê: “O, wat `n onmeetlike skat het ons nou in nouliks agt volle dae ontvang! Ons het hier die allerhoogste, die allereerste en allergrootste gevind! En aan wie het ons, volgens U verborge barmhartigheid, die onbeskryflike geluk te danke? Kyk en luister! Aan die jong vrou, wat ons die eerste aand van ons aankoms hier die weg na bo aangetoon het!

[2] Die vrou, wat na my beskeie oordeel blykbaar behoort tot die vroulike persone wat die kuisheid en ander sedelike reinheid nou nie bepaald eng opneem nie, was ongetwyfeld in die verborgene deur U wil geïnspireer en moes `n wegwyser na die lig van die lewe word.

[3] Nou, ek as Romein ken die genoemde vrou absoluut nie, ek weet ook nie waar sy woon en ken nie haar naam nie, dus kan ek ook nie weet of sy arm of ryk is en geldelike ondersteuning nodig het nie. Maar as sy wel tog tot die arm klas mense behoort, wat ek as die mees waarskynlike kan aanneem, dan sou ek haar graag via vriend Lasarus uit opregte menslike dankbaarheid `n geldelike ondersteuning wil gee, wat sekerlik regverdig en billik sou wees; want vriend Lasarus sal waarskynlik goed weet hoe dit met hierdie vrou gesteld is. Dit verbaas My baie dat sy ons nie nog `n keer besoek het hier op hierdie berg van heil nie. Soos wat ek my ook herinner, wou sy wel in Emmaus vir U, o Heer en Leraar, besoek en het sy vooraf hier navraag gedoen na U verblyf, maar niks daaroor gehoor nie, en sodoende sou sy waarskynlik ook gladnie hierheen gekom het nie. Maar ons is nou alweer etlike dae hier, en dit verbaas my opnuut dat sy nie weer opgedaag het nie!”

[4] Ek sê: “Die meisie weet nie dat Ek My nog hier ophou nie; maar sy het dit gister in Bethanië gehoor uit die mond van die susters van ons vriend Lasarus en is nou onderweg hierheen. Voordat die son sal opkom, sal sy ook hier aankom, en dan kan jy alles wat goed en waar is, met haar reël.

[5] Wat haar lewenswandel egter tot nou toe aanbetref, daarin het julle waar geoordeel; maar daarby het sy steeds aandag gehad vir die arm mense, omdat sy as aardse skoonheid deur haar manier van lewe groot skatte verwerf het en reeds deur haar ouers ryklik van alles voorsien was.

[6] Daar, ver na die suide, sien julle op `n heuwel `n gleuf; dit dra die naam Magdala. Daar is die meisie gebore, en die gleuf, met baie tuine, akkers, weiding, wingerd en bosse is nou haar eiendom, aangesien haar ouers al `n paar jaar gelede gesterf het. Sy kon al verskeie kere getrou het, maar die tempeldienare hou haar af daarvan, omdat hulle by haar steeds `n goeie herberg gevind en hulle ook andersins goed met haar vermaak het. Maar nadat sy My gesien het, leer ken en My woorde gehoor het, het dit anders geword in haar huis, haar verstand en haar hart; en omdat sy die arm mense baie liefgehad het, word daar ook baie van haar sondes vergewe. 

[7] Haar naam is Maria van Magdala. Vanweë haar armoede het sy dus geen ondersteuning van julle kant nodig nie; maar as sy iets van julle sal wil aanneem ten behoewe van haar baie arm mense, dan kan julle haar dit sekerlik aanbied. En so weet julle nou ook wie die meisie is en waar sy vandaan kom, en hoe sy heet; maar ook haar skuld is in die sand geskrywe!

[8] En nou genoeg oor hierdie saak. Laat ons nou liewer die mooi oggend bekyk; uit die aanblik daarvan kan julle in alle opsigte baie uitmaak, in die besonder vir die laaste tyd van die nuwe heidene!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205