|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 89
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221. |
|
|
Sabbat en priesterstand
89 Nou sê Ek: “Goed, luister dan na My! Julle het albei waar en korrek gespreek; maar van nou af aan is Ek ook die mening toegedaan wat vriend Markus uitgespreek het, omdat dit heeltemal aansluit by die aard en die korrekte bewussyn van `n mens en daarom ook by God se wysheid en orde, maar daarom verwerp Ek nog nie jou visie nie. Maar julle priesters moet nie van die Sabbat `n dag met `n bepaalde magiese werking maak en die mens harde straf oplê as hulle, wanneer dit nie anders kan nie, op die Sabbat hulle brood moet verdien nie. Want `n noodsaaklike daad, en in die besonder, wanneer dit duidelik onbaatsugtig gedoen word tot heil van die arme broeder, ontheilig die Sabbat nie alleen nooit nie, maar wy dit duisendmaal meer as al die ydele geskreeu in die tempel en in die sinagoge.
[2] Want wie die Sabbat deur edele dade wy (heilig), die wy dit ook waaragtig en daadwerklik en derhalwe lewend, en dit alleen het waarde vir God. Maar wie die Sabbat op julle manier wy, die skend hom; want hy eer God met die lippe, soos die profeet ook gesê het, maar sy hart is ver van God, omdat dit ver van die naaste is.
[3] Daar moet inderdaad vrye en ware leraars wees in `n gemeente, wat hulle brood nie met die werk van hulle hande hoef te verdien nie; maar as hulle van `n baie goeie mening toegedaan is dat die mens op `n Sabbat op `n plek byeen moet kom om daar oor God en Sy wil weer opnuut onderrig en aan Hom herinner te word, dan moet dit ook gebeur. Maar daarna het die leraar immers ook ses werksdae! Wanneer hy eenmaal in die gees gewek is, hoef hy hom die ses dae immers ook nie alleen besig te hou met wat hy die gemeente op die volgende Sabbat sal voorlê nie; want as iemand vanuit God se Gees spreek, sal hy moet sê wat dieselfde oomblik in sy hart en op sy tong gelê word.
[4] En wanneer dit ooreenkomstig My belofte baie verseker sal gebeur, soos dit in die tyd van die aartsvaders en ten tye van die profete ook altyd gebeur het, dan dink Ek dat dit tydens die ses werksdae ook vir die rabbi van die gemeente bepaald nie sonder nut sou wees as hy ook, as `n voorbeeld vir sy gemeente, een of ander goeie en nuttige handwerk sou verrig om daarmee sy daaglikse brood te verdien. Sodoende sou hy die lede van die gemeente nie om alles hoef vra nie, en hulle sou hom vervolgens beslis soveel te meer respekteer en navolg, omdat dit in sy besigheid tuis die mooiste en mees ware bewys van sy onbaatsugtigheid, sy liefde en geregtigheid ten aansien van die gemeente voor oë sou hê.
[5] Ek dink dat dit heelwat beter sou wees, soos wat die huidige tempeldienare doen, deur die ses werkdae te verwyl met volkome ledigheid en in plaas van nuttig besig te wees, maar net te bras en te swelg, te hoereer, egbreuk te pleeg, te bedrieg en hulle op die manier vet te maak vir die hel en vir die ewige dood. Dit is so My mening!
[6] O, iets anders is dit vir diegene wat Ek nou oral heen sal stuur om die evangelie aan alle volkere op aarde te verkondig! Hierdie eerste boodskappers van My sal geen tyd en ook geen geleentheid hê om met hulle hande hulle brood te verdien nie; daarom geld vir hulle ook: eet en drink wat julle op die tafel voorgesit word! En verder: maak vir julle geen sorge oor die volgende dag, wat julle sal eet en drink en waarmee julle julle liggaam sal klee nie- want dit sou baie duister en heidens wees! - maar poog vóór alles om met alle vlyt en ywer God se ryk en die daarby behorende geregtigheid onder die volkere te verbrei, dan sal al die ander julle as vanself toekom; want die Vader in die hemel weet wat julle nodig het! Maar, soos ook gesê, dit moet slegs geld vir diegene wat Ek nou oral heen gestuur het; - waar eenmaal vaste en gevestigde, in My Naam gestigte gemeentes sal bestaan, daar moet My vroeëre uitgespreekte mening dan in praktyk gebring word!
[7] Want Ek wil absoluut nie dat die rabbi`s van die gemeentes reëlmatig ses dae per week dienare van die luiheid sal wees nie, want in luiheid sit die wortel van alle sonde. Maar `n rabbi sal in My Naam werklik volop aktiwiteite in `n gemeente hê, en natuurlik ook in die ses dae dikwels die geleentheid vind en hê, om die gemeentelede in allerlei dinge `n goeie voorbeeld te gee en hulle op te wek om dit in die ware en lewende gees daadwerklik na te volg, en dan is elke dag net soos die Sabbat, `n dag van heil vir die hele gemeente.
[8] So is dit ook nie absoluut noodsaaklik vir die sieleheil van die mens dat nou juis die ou Judese Sabbat by uitstek `n dag van onderrig moet bly nie; want daarvoor kan elke dag gekies word, na gelang die omstandighede. As die ou Sabbat gunstig blyk te wees vir die verrigting van noodsaaklike werk vir die heil van die gemeente, terwyl sommige deur die weeksdae as gevolg van slegte weer ongunstig was, werk dan op die Sabbat en stel `n ander dag vas vir die onderrig! Want elke dag waarop julle in My Naam iets goeds sal doen, sal `n ware Sabbat wees; aan die naam van die dag is immers niks geleë nie, maar slegs aan wat iemand op `n dag gedoen het.
[9] So is dit ook gladnie nodig dat daar presies in die week `n vaste leerdag moet plaasvind nie, maar dit kan vasgestel word na gelang van tyd en omstandighede; want God se woord kan ewegoed op `n ander dag verkondig en aangehoor word, en die aantal dae tussen die een prediking en die ander het in My oë geen spesiale waarde nie en maak die prediking self en ook die mens nie beter nie.
[10] Maar as die rabbi van die gemeente sien, omdat dit hom in die gees deur God te kenne gegee word, dat een of ander gemeentelid op sy weg verdwaal geraak het, dan moet die rabbi dadelik daarheen gaan en hom vermaan en nie die Sabbat daarvoor afwag nie; want die dag waarop die verdwaalde gemeentelid weer op die goeie spoor gebring is, sal `n egte Sabbat wees, want dit is die dag waarop hy sy lewe geheel en al verbeter het.
[11] Wanneer die rabbi van die gemeente in `n jaar maar één ware prediking vir die gemeente gehou het en die gemeente vas en getrou daarvervolgens handel, dan het die gemeente ook nie so gou meer `n tweede prediking nodig nie. Want vir die een wat volgens my leer leef en handel, hoef die rabbi van die gemeente nie meer elke Sabbat te preek nie, want vir so iemand is dan elke dag tog al `n egte Sabbat en die ware en lewende prediking, wat hom deur die gees ingegee word, dra hy in sy hart.”
|
|
|
|
|