|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 3
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221. |
|
|
Die geloofsopvatting van die Fariseërs
3 Na hierdie woorde van RafaEl weet die Fariseërs nie so goed wat hulle nou moes doen nie.
[2] Maar één van hulle sê na `n pouse: “Weet julle wat ons moet doen? Die jong seun sal korrek en waar gespreek het, en daarom is ek van mening dat ons tot middernag hier moet bly, wanneer Lasarus ons `n kamer kan toewys waarin ons ongestoord alleen kan wees, om die saak van die Messias noukeurig en goed onder mekaar te bespreek en ook nog enkele ander dinge met ons vriend Lasarus.”
[3] Daarmee was almal dit eens en Lasarus lei hulle via `n ander deur die huis binne, en gee hulle daar `n ruim kamer en laat dadelik die tafel daar dek en brood, wyn en anders spyse in groot hoeveelhede opdien en ook goeie lampe word neergesit. Dit alles doen die Fariseërs soveel genoeë dat één van hulle die opmerking maak: “Ja, as dit so gaan, dan kan ons dit hier ook tot more uithou en dan laat ons ons ampsgenote in die tempel vir wat hulle is! Hulle moet maar fyn tot die more op `n berig van ons wag!”
[4] Daarmee was almal dit eens, en `n oudste, wat sowel `n owerste was en baie ervare in allerlei wêreldse wysheid, sê, toe die wyn sy tong losgemaak het: “Waar dit met die mens goed gaan, daar moet hulle ook oorlewe, en so bly ons ook tot die oggend hier, en ek sou graag met julle, my beste ampsgenote, `n paar openhartige woorde spreek! Want in die tempel gaan dit nie maklik nie; maar hier, waar ons heeltemal ongestoord bymekaar sit en deur niemand afgeluister word nie, wat ons sou kan skaad, kan mens ook wel `n openhartige woord spreek!
[5] Dit is tog eienaardig gestel met die mens! Wat is die mens eintlik, die sterflike god van hierdie aarde, wat die grond bebou en met sy verstand en met die krag van sy hande groot werke tot `n harmoniese bestaan gebring het? Ek sê julle: die mens is niks anders as `n baie erbarmlike dier nie; want hy weet dat hy moet en sal sterf, terwyl geen dier enige vermoede daarvan skyn te hê nie, vandaar dat dit tot aan die oomblik van sy dood met `n baie rustige gemoed kan verder lewe, sonder om ooit één gedagte te hê dat hy eenmaal moet sterf nie. Die mens doen daarom goed daaraan, as hy sy erbarmlike lewe af en toe `n bietjie opvrolik en die donker gedagtes aan die dood enkele oomblikke verjaag.
[6] Die mag, wat die mens in die lewe geroep het, kan na my mening nooit wys en goed gewees het nie, soos wat `n mens ook nooit wys en goed genoem kan word nie, - wat die mees kunstige werke skep, om vervolgens, wanneer jy deur sorg en bemoeienis die hoogste voltooiing bereik het, weer te verniel en die verfoeilike brokstukke en reste geheel en al hulle bestaan te ontneem en dadelik weer daarop dieselfde werkstuk opnuut vir dieselfde doel te maak.
[7] Welbeskouend kan mens hulleself onder God, as die alles skeppende mag, onmoontlik iets wys en goeds voorstel. Want as die mag goed en wys sou wees, dan sou hy tog ook vir die voortbestaan van haar mees kunstige werk, soos wat ons mense dit ook is, gesorg moet word! Maar daar is geen sprake daarvan nie! Wanneer `n mens eers op hoë leeftyd `n groter volmaaktheid in kennis, denke en handeling bereik het, dan begin hy ook al te sterf; hy word swakker en swakker, sy lewenskrag word van dag tot dag minder, en dit gaan net so lank aan, totdat hy sy laaste asem uitgeblaas het. Wat dan daarna met hom gebeur, weet julle almal, en dit is nie nodig om dit nader te beskryf nie.
[8] Weliswaar het ons in ons leer oor God die versekering dat daar in die materiële mens nog `n geestelike mens leef, wat na die afval van die liggaam bly bestaan - maar wat het die mens aan `n leer en die daaruit voortvloeiende geloof, as daar aan niemand `n onomstootlike bewys daarvan gegee is nie?
[9] Hoeveel verhewe vaders, wyses en profete het daar nie vóór ons geleef na die beste en mees wyse wette nie; hulle het ongetwyfeld in `n God geglo, gebid tot Hom en Hom bemin en vereer bo enige mate en het ook vas aan `n ewige lewe na die dood van die liggaam geglo! Maar uiteindelik moes hierdie groot en wyse geloofshelde tog sterf, en het daar van hulle niks anders oorgebly nie as hulle naam en hulle in die Skrif beskrywe dade en leringe nie! Maar waar het hulle siele heengegaan?
[10] Wie van ons almal het eintlik ooit werklik en na volle waarheid êrens `n voortlewende siel na die dood gesien en mee gepraat? Hoogstens in `n droom of in `n kwaadaardige koorshitte! Daar is wel mense wat beweer dat hulle met die siele van gestorwe mense gepraat het; maar dit is meestal mense by wie dit totaal ontbreek aan kennis en beoordelingsvermoë, en skep dikwels behae daarin om aan ander mense bonatuurlike dinge te vertel uit hulle lewendige fantasie en verbeelding, om hulleself daardeur `n bepaalde mistieke aansien te verskaf, waarvan hulle meer hou as `n magiër van sy suiwer wins.
[11] Mens moet ook erken dat daar van tyd tot tyd mense is, wat, om krag by hulle uitsprake en leringe te sit, wonderbare dade verrig en daarmee op hulle leringe `n stempel van waarheid wil druk, soos ook ons dit nou by die werklik opmerklike profeet uit Nasaret meemaak het. Daarby onderrig Hy die volk baie goed en beloof aan almal wat in Hom glo, die ewige lewe van die siel.
[12] Ja, dit is alles baie mooi en selfs goed, omdat dit baie mense `n bepaalde gerusstelling gee en hulle die angs vir die dood ontneem; maar dit het die ou profete ook gedoen, en duisende mense het vas geglo en het hulle geloof selfs met die marteldood verseël. Die tyd het die groot profete egter, saam met hulle gelowiges, weggeruk, en daar het vir ons niks anders van hulle oorgebly as hulle name en dade wat in die Skrifte beskrywe is en wat ons ook net sonder enige verdere oortuigende bewys moet glo nie!
[13] Waarom kom daar dan nie eers êrens aan die ander kant `n voortlewende siel na ons toe nie, wat byvoorbeeld vir ons sê: Ek is aan die ander kant `n baie gelukkig voortlewende Elia, Daniël, Dawid of Jesaja? Ek sê julle: soos dit ook met die ou profete en Moses gegaan het, sal ook ons gaan saam met die nou so beroemde profeet, wat selfs dooies met skyn opwek, en die latere nakomelinge sal van ons en van Hom presies dit erf wat ons van die ou profete geërf het. Al sal die geloof ook miskien baie eeue bly bestaan met baie toevoegings en vervalsings, dan sal die lewende ware oortuiging tog presies dieselfde wees as wat ons nou het oor die voortlewe van die siel na die dood van die liggaam.
[14] `n Dergelike voortlewe van die siel na die liggaamlike dood sou weliswaar iets onskatbaar verhewe wees, en `n mens sou beslis alles doen om homself volledig van `n dergelike lewe te verseker, wanneer hulle daarvoor op enigerlei wyse steekhounde bewyse sou hê; maar daaraan het dit altyd ontbreek, en daarom is dit nie te verwonder dat dit die oues by ons se rotsvaste geloof verkoel het nie.
[15] Wie van die meer ontwikkelde en ervare deel van die mense besoek teenswoordig eintlik nog ten volle gelowig die tempel? Die hooggeplaastes en wyses gaan slegs vanweë die gewone volk, wat die tempel binnegaan, en maak asof hulle geloof rotsvas is, sodat die volk dan by hulself dink en sê: “Daar moet tog wel iets waar in wees, omdat die hooggeplaaste, geleerdes en wyses, wat alles weet, soveel waarde daaraan heg!”
[16] Daarom is ek werklik geen vyand van die beroemde Galileër nie, omdat hy die arme mense opnuut geesdriftig maak vir `n lewe van die siel na die dood van die liggaam en vir hulle `n goeie troos gee; maar ek vind dit nie waar dat hy ons by elke geleentheid as die grootste bedrieërs van die volk aanwys en as `n man wat as wys wil deurgaan nie bedink dat hy in die grond van die saak dieselfde met die volk doen as waarvan hy ons beskuldig nie. As hy die volk maar net, soos ek ook nou, die waarheid sou sê, naamlik soos ook die ou ervaring dit leer, dan sou hy waarskynlik nie soveel aanhangers gehad het as wat hy nou het nie.
[17] Dit is so my ware geloof en my opregte bekentenis aan julle, my ampsgenote, wat ek egter alleen onder ons uitgespreek het, omdat ek wel weet dat julle by julleself almal presies so dink soos ek;- in die tempel, in die teenwoordigheid van die volk en ons ander en baie blinde ampsgenote is dit egter nodig om anders te spreek! Wat dink julle van hierdie opvatting?”
|
|
|
|
|