Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 132

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Oor die besweer van geeste

132 Daarna kom die hoofman eers weer aan die woord en sê: “Ek het nou al iets bedink en vra jou om aan my `n bekende gees te laat verskyn, sodat ek self met hom kan praat en hy my vry uit homself antwoord kan gee en my geloof laat oplewe. Ons het immers al baie geken, wat vóór ons aan die ander kant is, ook ons ouers en enkele kinders; as één van hulle aan my verskyn, sal ek hom tog sekerlik wel herken?! Wanneer jy ook so iets kan, doen dit dan; ek sal jou daarvoor dankbaar wees!” 

[2] Daarop sê RafaEl: “Luister eers, om aan jou, volgens jou idee, `n gees soos `n soort spook te laat verskyn, sodat jy hom met jou liggaamlike oë sou sien en hom met jou tong die een en ander sou kan vra, dit kan werklik nie so nie; want dan sou ek God se ewige orde heeltemal moet omdraai en totaal verander!

[3] Julle sogenaamde geestesoproepers en geestebesweerders, wat ten eerste, wat hulself betref, maar uitermate swak glo in die bestaan van `n gees en ten tweede in werklikheid nog nooit `n gees gesien het nie, behalwe in `n ligte droom, doen dit wel so: hulle roep met hulle misterieuse, maar op sigself volkome sinnelose tekens en woordformules `n gestorwene op, wat vervolgens na drie of ook wel sewe keer se roep en beswering verskyn, gewoonlik tot groot skrik van die een wat hom laat roep het, en tewens met allerlei vuur en groot kabaal en gedawer en met `n baie dreigende en ontstemde gesig en net sulke woorde aan die een wat hom laat roep het, vra wat hy wil hê en waarom hy hom in sy rus steur. Maar so `n gees het die geesteswêreld self nog nooit gesien nie, glo net so min daarin as sy besweerder en is niks anders as `n onherkenbaar gemaakte mens nie, wat dikwels al jarelank met die geestesbesweerder saamwerk in `n vaste en goeie ingestudeerde winsgewende bondgenootskap.

[4] Die verskyning van `n dergelike gees, wat gewoonlik baie grof is, bring vervolgens die een wat hom laat roep, tot `n geloof in die voortbestaan en voortlewe van die mensesiel na die dood van die liggaam - maar wat se geloof is dit? Kyk, `n totaal verkeerde geloof! Die geloof is vir die mens dan ook nie net van geen enkele nut nie, maar skaad hom baie erg; want ten eerste gee die een wat hom laat roep, `n baie growwe materiële voorstelling van `n gees, en ten tweede bring dit die blinde en liggelowige oproeper deur allerlei bedreiginge en slegte profesieë tot groot vrees en angs, in die besonder wanneer hy die geestebesweerder `n ontoereikende verbasingwekkende groot offer gebring het.

[5] As hy hom steeds meer van die kwelling wil bevry, moet hy hom met groter offers weer tot die geestebesweerder wend; hy pleeg dan oorleg met die gees, wat hy nog `n keer oproep, en die gees word `n tweede keer gewoonlik ook `n bietjie gemoedeliker. - Dus, vriend, `n dergelike geestebeswering kan julle absoluut nie van My verwag nie, maar `n baie ander een! 

[6] Maar om tot `n waaragtige en geen vals aanskouing van `n egte gees te kom, wat geen sogenaamde spook is nie, moet jy eers weet wat `n gees is en onder watter lewensomstandighede `n mens `n ware gees kan sien en spreek.

[7] Aangesien `n siel, of volgens jou begrip `n gees, absoluut nie iets materieel is nie, kan hy ook nooit met materiële oë gesien of met `n louter materiële sintuig waargeneem word nie; die mens, wat egter tog `n egte gees wil sien, hoor en spreek, moet eers self geestelik word, omdat alleen dit in hom wat geestelik is en nooit wat vleeslik is, `n ware gees kan sien, hoor en spreek.

[8] Maar jy is nou nog baie materieel en die suiwer geestelike is in jou nog baie erg onontwikkeld. Daarom is dit hier nodig om by jou, gedurende etlike oomblikke, jou verborge innerlike, wat geestelik is, te versterk en dit in `n sekere sin bo jou vleeslike materie uit in staat te stel om te sien, en dan sal jy nie slegs één gees nie, maar baie te siene, te hoor en te spreke kry. As jy dit graag wil, het ek ook wel voldoende krag daaroor om jou dadelik in so `n toestand te bring, waarin jy die siele van gestorwenes sal kan sien, hoor en spreek.”

[9] Toe die hoofman hierdie woorde van RafaEl gehoor het, sê hy: “Baie goed; as jy dit kan doen sonder om my liggaamlike gesondheid nadelig te beïnvloed, doen dit dan!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205