|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 210
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221. |
|
|
Roclus genees die siekes
210 Na hierdie woorde begewe almal hulle na die herberg op die groot plein.
[2] Toe ons daar in die saal kom waar daar `n aansienlike aantal siekes hulle bevind, maar waar ook die rower hooflui reeds op die twee Fariseërs wag om hulle rekening met hulle te vereffen, sê Roclus eers vir die siekes: “Ek is die owerste van hierdie plek en van God die Heer het ek die wonderbaarlike mag om julle almal te help, soos ek ook vandag al baie gehelp het, waarvan julle al gehoor het; maar sê my sonder enige skroom, hoe julle vernaamlik aan julle liggaamlike kwale gekom het!”
[3] Toe die seuns die versoek gehoor het, sê hulle: “Heer, as ons nie meer na Jerusalem hoef terug te keer en deur u in beskerming geneem sal word, sal ons alles sê; maar as ons weer na Jerusalem moet teruggaan, dan beteken die minste of geringste wat ons sê, vir ons die dood, want dit hang vir ons almal baie seker bokant die hoof!”
[4] Roclus sê: “Wel, dan hoef julle geen bekommernis te hê nie, maar wel hulle wat julle bedreig het; Ek sal vir julle sorg! Spreek daarom sonder vrees en skroom!”
[5] Hierop begin die seuns baie openhartig te vertel watter skanddade die tempeldienare met hulle bedrywe het en nog steeds met baie jonges bedrywe, en dat daar ook al baie om die lewe gebring was en daar nog baie sou volg.
[6] Nogmaals sê Roclus: “So! So hoor mens nog eens prysenswaardige dinge oor die tempel van JaHWeH en Sy dienare! Maar nou is dit goed, liewe, arme kinders, julle sal gehelp word. En nou, meisies en vroue, moet julle spreek!”
[7] Ook hulle vra vooraf om beskerming, omdat hulle ook, net soos die seuns, gevaar loop om te sterf.
[8] Roclus sê: “Wat ek die seuns beloof het, geld ook vir julle, en daarom kan julle ook vryuit en openlik spreek!”
[9] Toe begin hulle te vertel, waarby selfs die rower hooflui se hare ten berge reis, veral toe enkele meisies en vroue hulle liggame ontbloot om die afskuwelike verminking aan hulle liggame te laat sien, wat die gevolg was van die onbegrensde geilheid van die tempeldienare.
[10] Toe Roclus hom in die teenwoordigheid van getuies van alles oortuig het, kyk hy buitengewoon ernstig getref die twee Fariseërs aan en ook hulle dienare, wat hulle trou gedien het en ook aanwesig was, en sê: “Nee, so iets het hom sedert die begin van die wêreld nog nie voorgedoen nie! Terwyl daar van so `n gedrag en handelswyse in die tempel sprake is, sê julle vir my dat ek die tempel gelaster het, omdat ek hom, soos dit ook nou daar saamgestel is, met die volste reg `n rowershool en `n moordkuil noem?! O julle ellendiges! Wat vir `n duiwel het julle eintlik in die wêreld geplaas en tot priesters van JaHWeH aangestel en gewy? Maar wag maar! Ek kan julle nou al verseker, dat selfs die keiser volledig op hoogte gestel gaan word hiervan! Wat hy vervolgens sal doen, kry julle miskien al baie gou te hore. Maar deur my sal maar nog baie min met julle gepraat word!”
[11] Hierop wend Roclus hom tot die siekes en sê: “In die Naam van JaHWeH, wie nou in hierdie tyd in die persoon van Jesus (Afrikaanse uitgewer: Jesus: JaHWeH verlos) van Nasaret na ons mense toe gekom het, maar deur die slegte en blinde Fariseërs gehaat en vervolg word, omdat Hy teen hulle getuig, en wat my ook die mag verleen het om alle siekes net deur my geloof en wil te genees, hou ek my hande bo julle en sê: wees volkome genees!”
[12] Na hierdie aanroep word hulle as`t ware éénsklaps almal so volkome genees dat aan hulle liggame nie die kleinste litteken van verminking meer te bespeur was nie - en almal van hulle bekyk, selfs die rower hooflui nie uitgesonder nie, en sê hardop en openlik: “Dit kan net die krag van God doen, en nie `n mens nie. Lof, prys en eer is daarom alleen aan Hom, en die grootste dank, omdat Hy die dade van die tempeldienare in Jerusalem in ons teenwoordigheid onthul het en ons nou heeltemal weet wat ons van hulle moet dink!”
[13] Ook die geneesdes dank hom met trane in hulle oë en keer hulle gesigte van die nydige Fariseërs af.
[14] Daarop sê Roclus vir die twee Fariseërs: “Dit is nou gedoen in die Naam van die Heer, - en laat ons nou met die ander saak verder gaan!”
[15] Omdat die twee Fariseërs goed weet wat Roclus nog meer van hulle verlang, sê hulle vir die owerste Roclus: “Stel nou die bedrag vas wat jy nodig ag vir die lewensonderhoud van hierdie, in totaal ongeveer twintig persone, dan betaal ons jou dit hier! Maar wat die straatrowery betref, is jy self `n meester en kan self onderhandel met die manne wat hier aanwesig is. Van ons kant af sal ons vir altyd van al die res afsien; want ook ons begin nou ons groot onreg in te sien en sal ons soveel moontlik inspan om dit goed te maak.
[16] As ons tuiskom, sal ons eerste strewe daarop gerig wees om afstand te doen van die tempel; want ons het God se krag onmiskenbaar sien werk en ook van jou, wyse en werklik van JaHWeH se Gees vervulde man, ons het baie skerp vermaninge gehoor wat ons verdien het. Die lig van die geloof het ontwaak en van nou af aan sal ons die res van ons lewe dan ook anders gebruik as wat tot nou toe die geval was. Mag God die Heer ons baie sondes vergewe, wat ons nie meer ongedaan kan maak nie! En wees nou so goed om die bedrag vir die lewensonderhoud van hierdie mense vas te stel, dan sal ons dit onmiddellik aan jou oorhandig!”
[17] Roclus sê: “Julle het agthonderd pond goud by julle en ook nog tweeduisend pond silwer. Vir julle reis na julle huise het julle nouliks `n honderdste deel van julle silwer nodig, laat dus die agthonderd pond goud en nog duisend pond silwer hier vir die lewensonderhoud van hulle, laat ons sê, een-en-twintig persone, sodat julle daarmee tog `n klein bietjie van julle misdaad aan hierdie mense teenoor God kan goedmaak! Maar as julle self nog meer wil doen, sal dit in God se oë `n voordeel vir julle wees.”
[18] Die twee sê: “Met honderd pond sal ons goed by die huis kom, en ons laat die duisend pond silwer en ook nog die negehonderd pond hier; en as hierdie wonderbaarlik geneesde mense mettertyd meer sal nodig hê, dan sal ons hulle dit vanuit Jerusalem hierheen laat bring.”
[19] Roclus sê: “Dit sal nie nodig wees nie, en julle sal tuis baie goed te make hê! Die bedrag wat julle hier agterlaat, is meer as voldoende vir hierdie mense, omdat ek ook daarvoor sal sorg dat hulle, deur die vlyt van hulle hande, baie goed brood sal kan verdien; want dit is vir elke mens nuttiger dat hy deur te werk in sy eie onderhoud voorsien, as dat hy deur suiwer rykdom in ledigheid sy medemens tot las word.”
[20] Daarmee was die geneesdes dit ook volkome eens, en die twee begewe hulle met Roclus na `n sykamer, waar hulle hulle goud en silwer bewaar het, en oorhandig aan hom die vroeër genoemde som; vir hulleself hou hulle egter net die honderd pond agter.
[21] Daarop kom hulle weer die saal in en vra die geneesdes om vergewing, en ook vir Roclus.
[22] Daarop sê Roclus: “Julle moet julle vyande vergewe, ook wanneer hulle hulle onreg nie wil insien en goedmaak nie, dit is aan God welgevallig; en so is ons volgens God se wil soveel te meer verplig om dit te doen teenoor die vyande, wat die onreg wat ons aangedoen is, berouvol insien en die vaste wil opneem om dit, vir sover moontlik, weer goed te maak. Daarom is alles aan ons deur julle twee, vergewe; maar kyk ook op ander plekke om julle heen, en maak elke onreg goed wat julle wie dan ook aangedoen het, dan sal God die Heer ook aan julle barmhartigheid betoon wanneer julle julle groot sonde, wat julle aan die mens begaan het, nie meer kan goedmaak nie, omdat hulle hulleself nie meer onder die lewendes aan hierdie kant bevind nie!”
[23] Die twee beloof om al die moontlike te doen, neem daarop hulle besittings en begewe hulle met hulle dienare dadelik op die terugweg.
|
|
|
|
|