Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 41

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Veelwywery

41 Ek sê: “Wie van julle heidene in My leer sal wandel, sal ook altyd dikwels `n dergelike raad van My hoor. Maar wat die veelwywery betref, moet dit by My volgelinge net so wees, as in die begin van die mens op hierdie aarde, aangesien God slegs één eerste man geskep het en hom ook maar één vrou gegee het; want wie al eenmaal `n vrou getrou het, aan wie hy sy volle liefde en onwankelbare trou beloof het, en hy trou dan ook nog met `n tweede en `n derde vrou, en sommiges met nog meer, dan pleeg hy daarby onteenseglik egbreuk teenoor die eerste vrou, en daar staan nou eenmaal in die wet: “jy mag nie egbreek nie!”

[2] Ek sê vir julle dat veelwywery uit die bose is; want jy maak die siel baie wellustig deur die groot wellus van die vlees; dit is en bly bose geilheid en hoerery en openlike egbreek.

[3] Almal wat behep is met hierdie kwale sal die ryk van God nie binnegaan nie, - hoe sou hulle dit ook kan? Hulle siel is immers te diep begrawe in die wellustige vlees van hulle liggaam en kan niks geestelikes meer opneem en voel nie! Daarom kom sulke wellustelinge moeilik of nouliks God se ryk binne. Want waaruit die eintlike ryk van God bestaan, het Ek julle almal al meer as voldoende uitgelê. 

[4] Maar hoe skadelik veelwywery ookal vir die siel van die mens is, tog gee Ek julle geen wet daarvoor nie, maar Ek laat alles oor aan die vrye wil van elke mens, Ek toon julle die waarheid en gee julle goeie advies.

[5] Dieselfde geld, as `n man slavinne as byslaapster of bywyf hou, want ook met hulle breek hy die eg ten opsigte van sy offisiële vrou.

[6] `n Man wat egter nie getroud is met `n vrou nie, maar alleen met byslaapsters sy geil lewe lei, is net so sleg en dikwels nog slegter as menige swak egbreker, want hy skaad nie net sy eie siel nie, maar ook die siele van sy wellustige byslaapsters. Sulke mense berei vir hulleself reeds in hierdie wêreld `n bose en bitter lot en `n nog slegter en bitterder lot aan ander kant voor, want hulle het deur hulle leefwyse byna alle eteriese lewenstof van die siel verspil!

[7] Wie volgens My leer `n spoedige en volledige wedergeboorte in die gees van sy siel verlang, moet so `n kuis moontlike lewe lei en hulle nie laat bekoor en verlei deur die vlees van jong en volwasse vroue nie; want dit trek die lewe van die siel na buite en verhinder daardeur ten seerste die ontwaking van die gees in die siel, waarsonder geen volledige wedergeboorte van die siel in haar gees egter denkbaar of moontlik is nie!

[8] `n Goeie, met verstand, wysheid en selfverloëning gepaardgaande huwelik belemmer nie die geestelike wedergeboorte nie, maar geilheid en wellus maak dit onmoontlik. Vermy dit dan ook meer as die pes!

[9] Ook al keer wellustelinge van beide geslagte na `n tyd volkome in hulleself en begin hulle deur groot selfverloëning `n volkome kuis lewe te lei en verkry hulle deur so `n egte boetedoening ook die volledige vergewing van hulle sonde, dan sal hulle tog op hierdie wêreld die volle geestelike wedergeboorte moeilik of glad nie bereik nie, maar slegs vir `n deel; want die siel van sulke mense het dit druk genoeg om haar alleen al in soverre van haar vlees vry te maak dat sy die waarskuwing van die gees kan verneem wat noodsaaklik is vir haar heil. So iemand kan weliswaar nog baie goed en wys word en baie goeds tot stand bring, maar tot die volle omvang van die daadkrag wat wonderwerke bewerk, sal hy nouliks kom. Dit kan `n dergelike siel eers aan die ander kant bereik.

[10] So `n dergelike siel lyk soos `n mens, wat baie jare lank swak en siek was en eindelik deur `n ware en korrekte geneesmiddel beter geword het. Ja, gesond is so `n mens nou wel en hy kan, wanneer hy van dan af aan baie ordelik leef, ook nog gesond bly en `n hoë leeftyd bereik; maar die krag van `n mens wat vanaf sy kindertyd volkome gesond was, sal hy nouliks meer bereik nie, omdat sy inwendige spiere, senuwees en vesels hulleself ten eerste deur die lang siekte nie goed ontwikkel het nie, en ten tweede, wat die belangrikste is, kon hy ook nie in verskillende beweginge en inspanning geoefen word nie. 

[11] Soos so `n mens nou ook deur die langdurige siekte, vanweë gebrek aan inwendige ontwikkeling van spiere, senuwees en vesels en vanweë `n gebrek aan oefening daarvan, nie maklik die volle liggaamskrag van `n oergesonde mens kan bereik nie, so gaan dit ook met `n siel wat `n lang tyd siek was; want dit ontbreek haar aan die oorspronklike ontwikkeling van die ware en suiwer liefde tot God, en bygevolg ook van haar geloof en haar wil. As dit haar egter aan die eerste ontbreek, dan ontbreek dit haar seker nog meer aan oefening van die genoemde drie onderdele, en die innerlike krag van hierdie drie lewensdele van die siel van `n volkome beter geworde wellusteling bly steeds ten volle agter, alhoewel daar in die hemel oor die volledige bekering van één sondaar meer vreugde heers as oor nege-en-negentig regverdiges, wat nooit boete hoef te gedoen het nie. Want as die liefde, geloof en wil van `n mens werklik daadkragtig wil word, moet hy reeds vanaf die jeug behoorlik ontwikkel en vervolgens goed geoefen word.

[12] Maar soos Ek ook die mag het om selfs die mees sware en langdurige siekte so volkome te genees dat die mens wat deur My genees is, ook so kragtig word asof hy sedert sy geboorte nooit siek was nie, so kan van nou af aan ook die siel van `n volkome bekeerde sondaar nog dieselfde innerlike krag bereik as die siel van `n regverdige, wat nooit boete hoef te gedoen het nie. Maar dit kos haar baie inspanning om haarself te verloën.

[13] Wie kinders het, moet hulle al vanaf hulle vroeë jeug oefen in die drie onderdele, dan sal hulle later maklik die wêreld in hulleself oorwin!

[14] Kyk, dit alles gee Ek julle slegs as goeie raad en nie as een of ander wet nie; want onder `n dwingende wet kan jy, as mens, nie die vrye grondlegger van jou heil word nie! Wie homself egter `n dergelike advies van My in sy wil as `n dwingende wet oplê en daarvolgens handel en leef, hy doen daar goed aan. - Het julle dit nou alles ook goed begryp?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205