|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 31
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221. |
|
|
Agrippa vertel van sy ervaring met `n besete Illiriër
31 Hierop sê Agrippa: “Heer en Leraar, noudat U in hierdie nag so vrygewig is met die gee van lig, sou ek by hierdie geleentheid graag `n korrekte opheldering van U wil kry oor `n buitengewone verskynsel wat in die lewe van die mens voorkom!
[2] Kyk, ek is net soos vriend Agricola iemand wat baie weet en ook baie ervare is in baie seldsame dinge, en kan daarom ook oor baie dinge praat wat sekerlik nie vir elke mens moontlik is nie. `n Aantal jare gelede moes ek in verband met hoë ampsbesighede na Illirië* in Europa gaan. Die Illirië is `n baie bergagtige land en vir die grootste deel ook woes en hard, en die bewoners daarvan is daarom ook weinig ontwikkel en het baie ooreenkomste met hulle bewoonde land. Hulle is hard, weinig vrugbaar in die gees, maar daarenteen sterk in allerlei sages en veral in allerlei bygelowe, en net soos hulle land baie vrugbaar vir allerlei onkruid.
*(Klein staatjie op die balkan-skiereiland aan die Adriatiese see, later Istrië genoem)
[3] Wel nou, in `n dorpie, waar ons Romeine al geruime tyd `n stewige kasteel gehad het, tref ek `n groep mense aan, waaronder ook `n paar priesters was. Die was besig met `n man van ongeveer dertig jaar oud, van wie hulle my vertel dat hy al jarelank deur `n bose gees besete was, en dat daar nou pogings gedoen word om hom daarvan te bevry. Mense vertel my dat die man die seun was van `n vooraanstaande familie in die streek, en dat die hele huis, ja dalk die hele dorp, `n werklike helse kwelling ondergaan deur hierdie man, en tog kon die man niks daaraan doen nie, aangesien hy self die een was wat by dit alles die meeste gekwel word.
[4] Aanvanklik beskou ek dit as onnoselheid van hierdie mense en ook as `n slim truuk van die priesters; Ek dag dat hulle `n mens uitgesoek en bewerk het, om met behulp van sy aangeleerde raserny die na wonderwerke verlangde volk aan hulle te bind en om hulle meer in hulle doen en late te laat glo. Maar toe ek my kort daarna met al my sintuie daarvan oortuig dat die raserny van die man beslis nie natuurlik kon wees nie, omdat sy kragsuitinge so enorm word dat die sogenaamde werke van Hercules, daarby vergeleke, suiwer kinderspeletjies was, begin ek self met volle oortuiging te glo in die aanwesigheid van `n bose gees in die man.
[5] Die twee priesters, wat op grond van vroeër opgetrede simptome, wel baie goed geweet het wat daar by die ongelukkige man gaande was, sê vir die ander, louter sterk manne: “Die oomblik van raas en tier sal weldra aanbreek; boei en knel hom daarom nou onmiddellik met die sterkste toue en kettings!” Want die bose gees sou die man maar net verlaat as hy die betrokke toue en kettings miskien nie sou kon verbreek nie.
[6] Daarop word die man dermate stewig met toue en kettings vasgeboei dat honderd Herculesse hulle nie meer kon verroer nie. Vervolgens gaan die priesters en ook die ander mense minstens honderd treë van die geknelde af staan vra my om dieselfde te doen. Ek doen ook wat hulle my aanraai.
[7] Ons bevind ons nog geen twintig tellings op die genoemde afstand nie, of die man staan onder `n afskuwelike verwarde geskreeu pylsnel op, ruk in één oomblik die toue en kettings aan flarde, spring toe in één stuk deur afgryslike geskreeu vanaf die grond ongelooflik hoog in die lug, gryp daarby ook nog meer as `n honderd pond swaar klip, wat hy soos `n ligte boontjie in die rondte slinger. Toe die raas en tier ongeveer `n uur lank geduur het, syg die man totaal bewusteloos op die grond neer en kon ons weer by hom kom.
[8] Beide die priesters vra hom om hulle te sê hoe dit met hom gaan. Hy het egter niks geweet van sy raserny nie, maar vertel slegs van `n visioen, waarvolgens hy homself in `n baie mooi omgewing bevind het. By die kortdurende verhaal was die klank van sy stem baie saggies, soos die van `n geduldige lydende moeder; maar weldra verander die klank en die taal. Soos deur `n magiese krag word sy mond wyd oopgesper en `n vreemde, donderende stem in Grieks tref uit die wyd oopgesperde mond ons ore met ongeveer die volgende uitdrukking:
[9] “O armsalige muggies van menselarwes, wil julle my uit die gehuurde huis verdryf?! Alle Romeinse leërs is nie daartoe in staat nie! Voordat daar nog maar een steen gereed gelê het vir die bou van Rome, ja baie lank daarvoor was ek die beroemde koning Cyaxares*, die eerste met die naam, ek het die Skithe (Skietiërs) verslaan, oorlog gevoer met Lidië. My tweede dogter Mandane het die vrou geword van die koning van die Perse en moeder van die beroemde Cyrus, wie se vader Cambyses heet. Meer hoef julle nie te weet nie.*(Koning van Medië (624-548 vC)
[10] Die huis van vlees egter, wat ek nou na eie goeddunke bewoon en waar ek my nie sal laat uit verdryf nie, stam af van my bloed, en ek besit dit daarom met reg! Daarom is al julle inspanning om my daaruit te verdrywe, tevergeefs; Ek kan my in die huis van my gedra soos ek ook wil!”
[11] Na hierdie merkwaardige gesprek stoot hy nog `n paar afskuwelike verwensinge en bedreiginge uit vir die twee priesters, ruk die man `n paar maal heen en weer, waarop hy tot homself kom, hom uiters swak voel en iets te ete wil hê. Toe hy, na die voedsel wat hy tot hom geneem het, ietwat sterker word, word hy weer gevra of hy iets weet van wat hy vroeër gesê het. Hy ontken dit met sy natuurlike, sagte stem, maar hy herinner hom wel dat hy geslaap het en hom in sy droom te midde van wit geklede jongmanne bevind het.
[12] Ek praat vervolgens afsonderlik met die priesters en die nog lewende ouers van die man en adviseer hulle dat mens so iemand op `n goeie manier om die lewe moes bring, dan sou die bose gees sy huis wel moet verlaat. Maar toe verseker almal my dat dit so goed as onmoontlik was en dat die een wat so iets sou onderneem, homself in die grootste lewensgevaar sou begewe. Iemand het dit al probeer, maar was daar erg toegetakel. Spoedig daarna het ek uit die onsalige dorp vertrek en het hierdie na waarheid beleefde gebeurtenis goed onthou; Ek het dit ook al dikwels aan wyse mense vertel, hier aan die Judeërs wel, maar van `n ook maar enigsins afdoende verklaring, daarvan was nog nooit sprake gewees nie.
[13] Mense het my ook baie vertel oor ander mense, wat deur duiwels of bose geeste besete was, en dat dit baie moeilik was om mense wat daaraan ly te genees; maar niemand kan my sê wie sulke duiwels of bose geeste nou eintlik is nie, en hoe hulle hulleself in `n arm en swak mens kan vestig en hom, wat sy natuurlike lewe betref, totaal wil en kan beheers. Dikwels sou mens heelwat kinders aantref wat erbarmlik gekwel word deur bose geeste.
[14] Heer en Leraar, wat sit nou daaragter? Bedrog van die kant van so `n ongelukkige mens is verseker nie moontlik nie; want wat Ek met die Illiriër meegemaak het, was verseker netso ver verwyderd van bedrog as die een einde van die wêreld van die ander.”
|
|
|
|
|