Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 215

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die Heer en die bygelowige herbergier

215 Daarna verlaat ons die eetsaal en gaan, begelei deur die herbergier, na buite, waar die dag egter aangenaam was, omdat die hitte van die dag sterk verswak was deur `n noordoostewind. Ons loop vanuit ons herberg deur die hele, taamlik uitgestrekte plek en kom dan ook by die groot herberg, waar Roclus die een-en-twintig siekes in My Naam genees het.

[2] Die herbergier merk ons op en haas hom met syne, en diegene wat genees was, na buite na ons toe en begroet ons baie hartlik. Dadelik daarna vra hy egter na My en Roclus wys My persoon vir hom aan. Toe kom hulle almal om My heen staan om My te bedank vir die groot weldaad wat Ek aan hulle bewys het, en die herbergier self kon maar nie ophou om My te loof en te prys nie.

[3] Maar Ek sê vir hom en al die ander: “Staan nou weer op; want dit is voldoende as julle My in julle hart waaragtig loof en prys - en wat die hart besluit en doen, daaraan neem en het ook alle ander ledemate deel!”

[4] Hierop staan hulle almal op en vra My om hulle nooit meer met My almagtige barmhartigheid te verlaat nie. 

[5] En Ek sê vir hulle: “Hou My dan voortaan lewend in julle harte deur die liefde tot God en julle naaste, dan sal My barmhartigheid ook voortdurend by julle bly. Maar as julle in die genoemde liefde in julle hart ooit swak of selfs lou en koud sou word, sal My liefde en die daaruit voortvloeiende barmhartigheid ook net so swak, lou en koud word.

[6] Behoed julle teen vraatsug en swelgery; want daardeur word die liefde tot God verminder en die liefde vir die wêreld en die eieliefde gevoed en versterk, en daarmee die oordeel van die materie en haar dood! Behoed julle eweneens teen onkuisheid en alle hoerery; want onkuises, hoereerders en egbrekers sal My lewensryk nie binnegaan nie!

[7] Vir julle, wat nou van julle liggaamlike kwale genees is, sê Ek dat julle julleself voortaan tot geen enkele sonde meer moet laat verlei nie; want dan sou My barmhartigheid weer van julle afgeneem word en dan sal julle tot nog groter kwale verval!

[8] Behoed julle egter ook teen traagheid en niksdoenery; want dit is die wortel van alle sonde en kwale van die mens!

[9] Julle het dit nou uit My mond gehoor; hou julle ook daaraan en leef en handel daarvolgens, dan sal My barmhartigheid nooit van julle afwyk nie! Amen.”

[10] Toe Ek dit gesê het, bedank almal My weer daarvoor.

[11] Daarop sê die herbergier vir My: “O ewige groot Heer en Leraar, wil U nie ook My huis binnegaan nie, sodat dit geseën word deur die treë van U geseënde voete!?

[12] Ek sê: “Luister eers: Jy het wel `n goeie mening oor My voete, maar my voete sal vir jou huis geen seën agterlaat nie; maar as jy egter met jou gesin volgens My wil leef en handel, sal dit vir jou hele huis tot `n ware, blywende seën word! Om in dergelike dinge te glo, is nog altyd vir diegene wat gevange gehou word deur allerlei duistere bygeloof, wat op sigself dood is en geen lewensmag het nie. Wat se nut kan bepaalde tekens of relikwieë, of bepaalde klippe, getalle en die nuwemaan en sterrebeelde vir iemand hê? Dit het nie net geen nut nie, maar skaad net die siel en sodoende ook die liggaam! En so kan ook die loop met die voete van My liggaam nóg hierdie plek, wat Ek nou ook betree, nóg `n huis voordeel bring; maar dit is vir julle almal van nut dat Ek na julle toe gekom het en julle My wil te kenne gegee het, en julle die weë getoon het, wat julle moet bewandel om tot die ewige lewe te kom. 

[13] In klippe, metale, kruie en die wortels en vrugte, daarin sit weliswaar ook `n heilsame krag vir baie liggaamlike siektes; maar mense moet die goeie ken en in staat wees om dit vervolgens by bepaalde siektes verstandig toe te pas. Maar wie dergelike dinge as `n towermiddel gebruik, sondig vir die verstand en voor God se wyse orde! 

[14] Kyk, My origens dierbare en vriendelike herbergier! Ek ken jou en weet baie goed dat jy `n eerlike en regverdige man is; maar tog het Ek ook iets vir jou.

[15] Jy bewaar in jou huis bepaalde klippe en stukke hout en jy glo dat geen vyand jou huis daardeur kan binnekom nie. So het jy ook in jou stalle allerlei dinge onder die drumpel van die deur begrawe, soos ook yster, swawel, eierdoppe en `n bepaalde soort hout, waarvan die magiërs hulle towerstokke maak - en dit sou, soos jy ook glo, teen die towery van hekse help en die diere gesond hou. En ook moet jou kinders, jou vrou, al julle diensknegte en diensmeisies bepaalde pakkies by hulle dra om teen elke kwaal beskerm te word, en self jy dra ook steeds so iets by jou, om dieselfde rede. 

[16] En `n tyd gelede was daar `n paar baie geheimsinnige Arabiere by jou, wat jou vertel het dat elkeen van hulle ongeveer drieduisend jaar oud was, want hulle sou die ware slangplantjie gevind en opgeëet het en daardeur onsterflik geword het. Om aan hulle slim bedinkte leuen egter soveel te meer die skyn van waarheid te gee, het jy jou met hulle baie lewendige fantasie `n hele spul wonderbaarlike sprokies en fabels laat vertel, wat tydens hulle reeds drieduisend jaar lange lewe op aarde onder die mense, diere en plante en klippe gebeur het - en jy het dit alles as waar aangeneem.

[17] So het jy van die genoemde leuenaars vir duur geld ook allerlei towermiddels gekoop en het hulle bowendien nog `n bedrag aan goud gegee, om die slangplantjie vir jou te verskaf; maar dit sou hulle jou eers oor sewe jaar kan bring, omdat dit baie ver hiervandaan op `n berg te vinde sou wees, en wel net op `n bepaalde dag, en selfs maar net op `n bepaalde uur van die dag! En kyk, dit het jy alles vas geglo!

[18] Maar Ek sê jou nou: Lê al daardie duistere bygeloof af; want dit is alles deur verskillende priesters onder verskillende volkere op aarde fynsinnige bedinkte bedrog, en dit bevat geen spatseltjie waarheid nie, nie eers die grootte van `n sonstoffie nie!

[19] Van die Arabiere, wat sê dat hulle drieduisend jaar oud is, is daar selfs nie één vyftig jaar oud nie, van die bestaan van `n slangplantjie wat onsterflik sou maak, weet Ek as Skepper van hemel en aarde niks van af nie, en jou wonderpakkette is nog nie eers werd om in `n beerput gegooi te word nie.

[20] Heg in die vervolg dan ook geen enkele waarde meer daaraan nie; maar wel aan alles wat Ek jou deur die mond van Roclus gesê het, en leef en handel daarvolgens, dan sal jy weldra in jouself `n baie ander onsterflikheidsplantjie vind as van die wat die onbetroubare Arabiere beloof het om jou eers oor sewe jaar te bring - wat hulle jou egter in nog geen duisend jaar sou bring nie, al sou hulle en jy ook solank op hierdie aarde mag of kan lewe.

[21] Kyk, dit is wat Ek vir jou het! As jy dit alles vir altyd opsy sal sit, sal My seën geheel en al in jou huis binnegaan, maar andersins nie, al sou Ek My ook hoe dikwels persoonlik in jou huis wil bevind!”

[22] Toe die herbergier dit van My gehoor het, bedank hy My vir hierdie les en beloof My baie nadruklik dat hy alles sou doen wat Ek hom aangeraai het; want hy was by homself nie min verbaas, omdat hy maar al te duidelik in die gate kry dat ook die geheimste dinge nie vir My onbekend is nie. Daarop vra hy My egter nogmaals of Ek sy huis wil betree en ietwat brood en wyn by hom sou wil neem. 

[23] En Ek sê: “Wees heeltemal daarvan verseker dat Ek jou wil in plaas van die werk aanneem; maar wat jy nou vir My wil doen, doen dit vir die arm mense, dan sal Ek dit aanneem asof jy dit vir My gedoen het! Maar ons het hier vóór die aand nog baie wat in orde gebring en reggesit moet word, daarom moet ons werk, solank die dag duur. Maar as jy vanaand My gas wil wees, kom dan na die herberg waar Ek nou My intrek geneem het!”

[24] Die herbergier bedank My vir hierdie uitnodiging. Daarop trek ons verder in hierdie plek en die herbergier gaan met syne weer vrolik gestem sy huis in en spreek met syne oor alles wat hy uit My mond gehoor het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205