Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 146

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die vraag na die wese van RafaEl

146 (RafaEl:) “Poog daarom om die mens te onderrig in die hele waarheid wat julle ken, dan sal julle die geestelike geloofsakker goed bemes en die saad van God se woord sal weldra maklik en stewig wortelskiet, en die uit dit saad ontkiemde stam sal hom tot `n ware, sterk lewensboom ontwikkel!

[2] `n Mens moet slegs waarheid en lig lewend en helder in homself bevat, as hy vir hom `n weg wil baan na die lewe van die goddelike gees in homself; want elke skadu in die siel kan haar op `n dwaalweg bring, waarop sy vervolgens moeilik haar weg sal vind.

[3] Maar as julle die mens die evangelie sal verkondig, bevry hulle dan eers van die verderflike veelvoudige bygeloof, dan sal hulle daarna weldra die groot seëninge van God se woord gewaarword en julle vriende word!

[4] Niks word egter deur die Heer en alle engele van die hemele met groter liefde en seëning bekyk as die algemene, ware liefde en vriendskap onder die mens nie; maar dit kan alleen begin te heers, wanneer die mense mekaar in alle waarheid en in die helderste lig uit God tegemoet kom. Want die suiwer waarheid bevredig die hart en maak dat sy sien en ook deemoedig, en daardeur vriendelik en gedienstig in liefdevolle ywer, teder en barmhartig teenoor elkeen. 

[5] Neem hierdie woorde goed ter harte en handel daarvolgens, dan sal julle baie seën onder die mense versprei, en die barmhartigheid van die Heer sal lewend in julle word! Het julle dit alles nou goed in julle opgeneem en begryp?” 

[6] Nou bedank almal RafaEl en beantwoord die vraag bevestigend.

[7] Die hoofman, wat uiters verwonderd was oor die wysheid van RafaEl, sê vir hom: “O mooi, jong vriend, hoe kon jy tog so `n groot wysheid verwerf het? Want die lesse wat jy ons nou al gegee het en die mag wat jy besit, wat jy ons ook al op verskillende wonderbaarlike maniere getoon het, dui daarop dat jy ook klaarblyklik meer moet wees as `n mens wat op hierdie aarde uit die liggaam van `n vrou gebore is. Sê ons tog of jy ook nie so iets soos `n God is nie!”

[8] RafaEl sê: “O baie seker is ek dit, want elke mens wat volgens God se wil en orde leef, het die lewensmag en krag van God in hulle, is derhalwe `n kind van God en kan in alle waarheid en helderheid “heilige Vader” tot God roep. En wie dit doen en kan doen, sal ook wel baie van die een en enige ware God in hulle hê, nie net vir hierdie tyd nie, maar vir die ewigheid!

[9] Jy verbaas jou oor my en ek sê vir jou dat verskeie leerlinge van die Heer, as dit nodig sou wees, nou al in staat sou wees om dieselfde te presteer soos wat ek in julle bewussyn gedoen het. Ek is derhalwe iets meer of minder as `n mens, wat in `n bepaalde tyd uit die liggaam van `n vrou in die wêreld gebore is, maar nie gesterwe het en ook nooit sal sterf nie, maar ewig sal voortlewe, omdat hy in homself as suiwer gees meester oor sy lewe geword het - wat julle egter almal kan word en ook sal word, as julle volgens die leer van die Heer sal lewe en handel. Nou het ek dit ook vir julle verklaar, vir sover dit vir julle van nut is; te gelegener tyd sal julle nog wel meer daaroor hoor.”

[10] Daarmee was die vraestellers tevrede en vra nie verder uit wie RafaEl was nie.

[11] Die tien vername Romeine, wat wel geweet het hoe dit met RafaEl gestel was, sê egter niks, omdat RafaEl hulle `n wenk gegee het dat hulle hom nie bekend moes maak nie, omdat die nuwelinge in hulle hart aanstoot sou geneem het aan `n suiwer gees en hulle siel te vinnig gedwing sou wees om te glo, wat nie heilsaam vir haar sou gewees het nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205