Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 37

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Insig in die redes vir die oerskepping

37 Die Skrifgeleerde sê: “Maar hoe word die duiwels dan daarvan bewus? Kan hulle hierdie aarde en ook ons as mense sien, en ook wat ons doen?”

[2] Ek sê: “O ja, maar slegs dit wat aan hulle gelyk is. Ek sê vir jou: Ook die boosaardige giere versamel hulleself vinnig waar goedsmakende aas is.

[3] Ek alleen weet van ewigheid wat daar nodig is om `n gedagte uit My tot `n vrye wese, en wel met die volste goddelike selfstan­digheid te vorm; daarom weet Ek ook as enigste, wat daarvoor nodig is om die allerhoogste werk geheel en al te realiseer. Of dit nou gaan oor dood, oordeel, mens of engel: In My oë is dit vir die realiseer van die hoofddoel van My Liefde en Wysheid alles een en dieselfde. Want, weet jy, die Ewige het altyd tyd genoeg daarvoor. Dawid sê wel dat duisend jaar vir God nouliks `n dag is, maar Ek sê vir jou, nou My Skrifgeleerde en vriend: duisendmaal duisend jaar is vir My nouliks één enkele oomblik! 

[4] Kyk, jy bestaan nou, en tallose miljarde maal miljarde skeppings, soos ook hierdie, lê reeds voltooi agter ons, volgens die natuurlike tydrekening! Hoe sou jy My kan verwyt omdat Ek jou nou eers in hierdie jongste tyd laat gebore word het? En watter verwyt sal diegene vervolgens teen My kan inbring, wat Ek eers na verloop van eons maal eons lang tye en ewighede gebore sal laat word?  

[5] Ek is immers Heer oor My ewige gedagtes en idees, en kan jou in `n selfbewuste vrye lewe roep wanneer Ek wil! Want Ek staan ewig onder geen enkele wet nie, omdat Ekself sedert oerewigheid die wet self is, en Ek kan dus in goddelike morele aangeleenthede `n wet, wat maar net van My kan uitgaan en in My wil lê, ook uitvaardig hoe en wanneer Ek dit vanuit My Liefde en My Wysheid wil!

[6] Wie buiten My kan dit voorsien, en wie kan My daartoe dwing en weet om My te beweeg, as slegs Ekself vanuit My ewige orde? 

[7] My ewige heeltemal vrye wil is die wet oor My gedagtes en idees, wat hulle weliswaar van ewigheid af in My alleen vir My sigbaar bestaan het; wanneer dit My egter volgens My liefde behaag om jou in `n vaste en selfstandige bestaan te laat kom, dan stel My Wysheid My wil tot wet oor My gedagtes en idees, en dan word dit tot realiteite wat as`t ware buite My is, en vervolgens moet hulle so voortbestaan as uiterlike selfstandige realiteite, solank My Liefde en Wysheid My wil as wet, aller wette deskundig en doelmatig oor hulle laat heers.

[8] En kyk, so is die voortbestaan van die persoonlike duiwels ook `n wet, wat in hulle gelê is, naas die nog altyd eie vry wil! Solank hulle My nie wil erken as Die Een wat Ek sedert ewigheid was, nog is en ewig sal wees, so lank sal My dwingende wet ook nie van hulle wyk nie; want as Ek My dwingende wet sou intrek, dan sou daar `n einde aan die selfstandigheid van hulle bestaan kom. 

[9] Of `n reeds selfstandige bestaande wese sy lewe nou vanuit sy vrye wil verbeter, of eers na `n, vir julle onvoorstelbare lang tyd, en oorgaan in die ryk van die waarheid, is vir My om`t ewe, en Ek sal My ewige orde daarom geen haarbreedte wysig nie; want wie dit egter anders wil hê, die kan dit ook, want alle metodes is hom daartoe gegee.

[10] Aangesien Ek julle nou egter ook die woonplekke van die slegte en kwaadaardige siele, wat eintlik die persoonlike duiwels is, aangegee het, moet julle dit vermy, wanneer julle nog ook maar enigsins swak voel; want op sulke plekke dreig, vir iemand wat swak is, die gevaar nog altyd! Wie hom, terwyl hy nog swak is, in gevaar begewe, kom ook maklik om in die gevaar, of hy kom altans nie maklik sonder skade daarvan af nie. 

[11] Sorg dan ook dat julle nie `n begeerte na al die onsuiwere en onrype van hierdie wêreld het nie, aangesien julle nou reeds op die laaste tree van die innerlike lewensvoleinding staan wat almal al agter die rug het! Streef steeds voorwaarts en nie meer na die onrype wat agter julle lê nie, dan sal julle maklik en vinnig by die ware lewensdoel wees en sal julle geen sin meer hê om ook maar `n enkele blik te werp na die onrype wat agter julle lê nie! Het julle dit nou ook begryp?”

[12] Die Skrifgeleerde sê: “Heer en Leraar, ook dit het vir ons nou duidelik geword, en ons weet nou ook in die opsig waaraan ons toe is; maar daar is onder die mense tog nog soveel verskynsels, waaroor mens nog egter nie baie duidelikheid het nie. So ken ek byvoorbeeld self in die land van die Judeërs verskeie ou kastele en ou huise wat miskien al sedert enkele eeue nie meer deur mense bewoon word nie. Daar spook dit dikwels so verskriklik dat geen mens, ook al is hy hoe dapper, dit ook maar op groot afstand durf te nader nie, en wee die een wat miskien toevallig of, onbekend met die aaklige situasie, in die omgewing van sulke plekke kom! Want so iemand word baie lelik gegryp, en die een wat hulle selfs opsetlik na so `n plek sou begewe het, nog baie erger. Wel nou, sulke plekke wat dikwels voorkom, is al baie jare deur geen enkele groot sondaar betree nie, nóg deur die één nóg deur `n ander, en tog mag mens dit nie betree nie. Wat beteken dit dan?”

[13] Ek sê: “O My vriend, daar sit nie altyd dit agter wat jy dink nie, maar meestal iets baie anders. Laat dergelike berugte kastele en ou boerderye maar eers omsingel deur `n groep dapper soldate, dan staan Ek daarvoor in dat by so `n geleentheid jou anders so gevaarlike verskynsels hulle sodanig sal terugtrek dat geen soldaat ook maar die geringste sal merk van hulle uiteindelike bestaan nie!

[14] Daar bestaan hier en daar weliswaar ook wel plekke waar siele van reeds lank gestorwe mense hulle ophou en af en toe op die een of ander manier die aandag trek van verbytrekkende mense. Dit is siele wat tydens hulle liggaamlike lewe te hewig verlief was op hulle aardse besittings en, om dit te vergroot, ook menige groot onregverdigheid begaan het. Sulke tewens uiterste materieel geworde siele bly dan na die afval van hulle liggaam op die plekke wat vir hulle tydens hulle liggaamlike lewe bo alles lief en dierbaar was, en dit dikwels net so lank, tot elke spoor van hulle meestal so kosbare besit verlore gegaan het. Dan eers begin hulle aan die ander kant meer en meer in hulself te keer, omdat hulle in hulself begin gewaarword dat al die aardse en tydelike besit `n ydele en leë illusie is en was.

[15] Maar sulke siele kan nooit ontaard tot `n voelbare boosaardigheid nie, en hulle uiterste beperkte en magtelose bestaan kan aan niemand ook maar enige morele skade toebring nie; inteendeel, dat hulle af en toe manifesteer, werk dikwels baie goed op die ongeloof van menige wêreldse mens, wat daardeur gelowig word en sy wêreldse lewe verander, omdat hy `n voortbestaan van die mensesiele na die dood van die liggaam gewaarword, wat hom nie bepaald so goed en salig skyn te wees nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205