Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 68

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Dit opvoeding van kinders

68 Toe ons nou so bymekaar sit en baie welgemoed eet, drink en allerlei dinge met mekaar bespreek, begin die groot honde hard in die tuin te blaf. 

[2] Lasarus, wat daarop let, sê vir My: “Heer en Leraar, daar nader beslis weer ongenooide gaste my Bethanië! Maar dit is goed dat U My die wagters gegee het; daardeur is ons teen lastige besoekers beskerm. Maar ons moet miskien tog gaan kyk wat daar aan die gang is, omdat die diere wel baie lawaai maak.”

[3] Ek sê: “Laat dat maar; want Ek weet goed wat daar buite aan die gang is! Herinner jy jou nie meer aan die Fariseër wat gisternag tot die oggend by jou gebly het nie? Kyk, hy het jou tog beloof om vandag, vanweë My, na Bethanië te kom! Kyk, hy en nog enkele ander nader nou hierdie plek en wil in hierdie hoofwoning van jou inkom; maar dit is nog nie die tyd nie, en veral nie omdat hulle vanmôre weer in die raad was en alweer baie anders daaroor dink as gister. Daar is nog `n paar egte Selote by hulle wat groot monde het, daarom kan hulle wel nog `n bietjie wag voordat hulle kan binnekom. Maar stuur jy één van jou dienare na buite; hy moet hulle na die herberg vir die vreemdelinge bring! Teen die aand sal ons dan wel sien wat ons sal doen.”

[4] Lasarus stuur onmiddellik `n dienaar en dit gebeur ook soos Ek gesê het.

[5] Maar daarop sê Lasarus: “Ek verwonder my baie oor die Fariseër van gister, deurdat hy weer op ander gedagtes gekom het, omdat U Self tog gesê het dat dit waarskynlik wel die laaste en enigste onder die groot aantal tempeldienare was, wat hom tot U sal bekeer! En ons het ook almal vertroue daarin gehad en was baie bly daaroor.”

[6] Ek sê: “Twyfel maar nie daaraan nie en wees nie bang nie! Hom sal ons ook behou; maar juis nou is hy nog nie heeltemal bekeer nie. Maar wanneer dit aand word, sal hy weer ander beter gedagtes koester en dan sal ons na hulle toe gaan. Voorlopig bly ons egter blymoedig hier bymekaar, en daar sal nog baie wees, waaroor ons met mekaar gedagtes kan wissel.”

[7] Daarmee was Lasarus en alle ander volkome tevrede.

[8] Toe word dit `n tyd lank volkome stil aan ons tafel; slegs aan die tafel van die jonges word af en toe `n woord gesê, aangesien die jong manne allerlei dinge vir RafaEl vra en hy hulle ook steeds baie vriendelik daaroor onderrig. 

[9] Ons luister na hulle, en die aanwesige vier tempeldienare by ons, wat hulle in Emmaus by ons gevoeg het, net soos die sewe wat hulle al vroeër op die Olyfberg by ons aangesluit het, sê: “Wat lewer so `n dergelike onderrig nie op nie! Want van so `n leraar leer die jeug in één uur meer as by `n wêreldse leraar in tien jaar! Heer, ons vroue en kinders bevind hulle ook hier in Bethanië, ingebring in `n huis van Lasarus; hoe goed sou dit nie vir hulle gewees het as hulle ook maar één uur lank so `n leraar uit die hemele sou kon gehad het nie!

[10] Ek sê: “Dit sou inderdaad baie gunstig vir hulle wees; maar hulle sou nie in staat wees om die onderrig van so `n leraar op te neem nie, omdat hulle hart en hulle siel al met teveel wêreldse dinge volgeprop sit. Hierdie jonges het egter `n baie kuis gees en is sedelik onbedorwe; elke sonde is vir hulle nog vreemd en hulle het baie nood en ellende deurgemaak en moes gewoond raak aan allerlei ontberinge, waardeur hulle ook vry geword het van alle begeertes, waaraan kinders van ryk ouers onderhewig is. Hulle siele is sodoende suiwer soos die van engele; daardeur kan die goddelike gees in hulle haarself ongehinderd ontvou. En kyk! Dit is dan ook die rede dat hulle reeds as kinders deur `n baie hoë engel onderrig kan word; want slegs sulke baie suiwer en geheel en al onbedorwe siele kan dadelik deur die engele van die hemel onderrig word. Maar by kinders, soos die van julle, is dit in `n gunstigste geval slegs indirek moontlik.

[11] Ek sê vir julle: As ouers in staat sou wees om hulle kinders so op te voed dat hulle slegs tot op hulle veertiende jaar hulle onskuld en sielereinheid kon behou, sou hulle ook dadelik leraars en leiers uit die hemele gegee word; maar aangesien dit nou in hierdie tyd onder die baie vername Judeërs gladnie meer voorkom nie, kan die leraars uit die hemele julle kinders geen direkte onderrig meer gee nie. 

[12] Maar by die aartsvaders was dit baie dikwels die geval, en af en toe het dit ook nog in hierdie en ook in die vorige eeu gebeur. Die moeder van My liggaam en My pleegvader Josef, en ook die ou Simeon, Anna, Sagaria, sy vrou Elizabeth en sy seun Johannes en nog enkele ander was deur die engele uit die hemele opgevoed, en wel op direkte wyse; maar diegene wat Ek hier noem is deur hulle ouers vanaf hulle geboorte ook in die grootste sedelike en sielereinheid opgevoed, en dit was by julle wêreldse kinders eintlik nooit die geval gewees nie.

[13] Dit sou wel uitermate goed gewees het vir die mens, hoewel dit vir die bereik van die saligheid en die ewige lewe nie absoluut noodsaaklik is nie; want by My en sodoende ook in die hemel is daar oneindig baie meer vreugde oor `n sondaar wat boete doen en sy lewe werklik verbeter, as oor nege-en-negentig regverdiges wat nooit boetedoening nodig gehad het nie, soos Ek julle ook al eens gesê het. Doen daarom wat Ek julle leer, dan sal julle lewe; want Ek, wat dit vir julle sê, is meer as alle engele van die hemele, en derhalwe seker ook My leer!”

[14] Nou sê `n Skrifgeleerde, wie se vrou en kinders ook in Bethanië was: “Heer, my vrou en my sewe kinders het na my beste wete altyd streng volgens die wet gelewe, en die siele van die kinders is hoogswaarskynlik nog heeltemal suiwer! Hulle sou ek tog wel hierheen kan laat bring? Hulle sou hier seker baie wen vir hulle toekomstige lewe. Wat dink U daarvan, Heer?”

[15] Ek sê: “Ek dink tog dat dit vir jou vrou en jou kinders, wat nie so suiwer is as wat jy dink nie, beter is wanneer hulle vandag bly waar hulle is; want môre is daar ook nog `n dag en oormore ook nog één, en dan sal dit sekerlik nog wel gebeur dat Ek ook met julle vroue en kinders sal saamkom. En dring nou nie meer hiermee by My aan nie!”

[16] Na hierdie woorde van My dring hulle ook nie langer met dergelike versoeke by My aan nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205