Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 186

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die derde en vierde louteringsvuur

186 (Die Heer:) `n Derde soort vuur sal daarin bestaan dat Ek enkele honderde jare daarvóór steeds helderder verligte sieners, profete en knegte sal opwek, wat in My Naam die volkere oor die hele wêreld ewe helder en duidelik oor alles sal onderrig en sodoende sal bevry van allerlei leuens en bedrog. Hierdie leuens en bedrog sal deur die toedoen van valse profete en priesters, selfs in My Naam, die weg baan vir hulle eie ondergang - en daarmee sal hulle binne `n kort tydjie begin om boos te raak, en hier en daar het hulle in My huidige tyd al daarmee begin.

[2] Hulle sal net soos die heidense priesters valse tekens en wonderwerke doen en sal baie mense verlei, waarby hulle hulself groot aardse skatte, rykdomme, mag en groot aansien sal besorg; maar deur die derde vuur en die baie helder lig daarvan sal hulle alles kwytraak en volledig ten gronde geoordeel word. En die konings en vorste wat hulle wil help, sal daarby al hulle mag, hulle vermoë en hulle trone kwytraak; want Ek sal My konings en leëraanvoerders teen hulle opwek en hulle die oorwinning skenk, en so sal die ou nag van die hel en van haar boodskappers onder die mense op aarde ten einde loop.

[3] Net soos hierdie nag nou bestaan in die heidense, blinde en sinnelose seremonies, wat mense godsdiens noem, sal dit ook in die tye bestaan, maar deur die derde soort vuur uit die hemele geheel en al verwoes en vernietig word! Want die leuen sal net so min in staat wees om die stryd met die lig van die waarheid uit die hemele seëvierend te deurstaan as die natuurlike nag die hoof kan bied aan die opgegane son! Hulle moet na hulle duistere gate en dieptes vlug, en as hulle eenmaal in die lig staan, sal hulle die nag nie meer gaan opsoek nie.

[4] Ek het julle nou die derde soort vuur getoon, wat `n uitermatige vernietigende effek het op die duisternis van die mens sal hê, en so sal Ek julle ook nog `n vierde soort vuur toon, waardeur die aarde, die mens en alle skepsele by My tweede koms gesuiwer moet word; die soort vuur sal bestaan uit allerlei soorte groot natuurlike omwentelinge van die aarde, en wel veral op die plekke op die aarde waar die mens te groot en pragtige stede gebou sal hê, waarin die grootste hoogmoed, liefdeloosheid, slegte sedes, valse regspraak, mag, aansien, traagheid en tewens die grootste armoede en allerlei nood en ellende sal heers, veroorsaak deur die sterk uitgegroeide epikurisme van die grotes en magtiges.

[5] In sulke stede sal uit buitensporige winsbejag ook op baie groot skaal allerlei fabrieke gebou word, en daar sal, in plaas van mensehande, vuur en water die werk doen, saam met duisende soorte kunstige, van metaal vervaardigde masjiene. Die verhitting sal gebeur deur middel van die oerou kole uit die aarde, wat die mens in die tyd in buitengewoon groot hoeveelhede uit die dieptes van die aarde sal delf.

[6] Wanneer `n dergelike bedrywigheid deur die geweld van die vuur eenmaal sy hoogste punt sal bereik het, sal die aardse lug op sulke plekke op aarde ook te sterk versadig raak met brandbare etersoorte, en die sal weldra hier en daar ontbrand en sulke stede en gebiede saam met hulle baie bewoners in puin en as verander; en dit sal dan ook `n groot en effektiewe loutering wees. Maar wat die vuur wat op hierdie manier voortgebring word, nie sal bereik nie, dit sal allerlei soorte groot storms op aarde bereik, toestande daar waar dit nodig sal wees; want sonder noodsaak sal daar niks verbrand en vernietig word nie.

[7] Daardeur sal die lug op aarde dan ook bevry word van haar bose dampe en natuurgeeste, wat `n seënryke invloed sal hê op alle ander skepsele op aarde en wat ook die natuurlike gesondheid van die mens ten goede sal kom, deurdat al die baie kwaadaardige liggaamlike siektes sal ophou om te bestaan en die mens `n gesonde, kragtige en hoë leeftyd sal kan bereik.

[8] Omdat die aldus gelouterde mens in My lig sal staan en vir altyd die gebooie van die liefde van binne uit en waaragtig in ag sal neem, sal die aardse grondbesit ook so verdeel wees onder die mense dat elkeen soveel sal hê dat hy met die korrekte vlyt nooit nood sal hoef te ly nie. Die voorgangers van die gemeentes en ook die konings sal geheel en al My wil en lig volg en daarvoor sorg dat daar nooit in `n land enige gebrek by `n volk sal ontstaan nie. En Ek self sal nou eens hier en dan weer daar die mens besoek en hulle versterk en oprig, daar waar die mens `n baie sterk verlange na My en die meeste liefde vir My sal hê.

[9] Daarmee het julle nou vir julle Grieke `n goed begrypte antwoord op jou vraag. Dit is weliswaar `n voorspelling vir nog `n taamlike veraf liggende toekoms, maar dit sal nie onvervuld bly nie; want alles kan eerder gaan, selfs hierdie aarde en die hele sigbare hemel, as dat één van My woorde en beloftes onvervuld sou bly. - Het julle dit nou goed begryp?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205