Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 185

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die eerste twee soorte louteringsvure

185 Daarop staan die herbergier, die vader van Kado, op en sê: “O Heer en Leraar, hoe sal dit daar dan uitsien in die tyd, waarvan U gesê het dat die mens dan vóór U wederkoms deur vuur gelouter sal word, en wat se vuur sal dit dan wees?”

[2] Ek sê: “Ja, vriend, die vuur sal groot en algemene nood, ellende en droefnis wees, van `n groter omvang as wat die aarde ooit gesien het. Die geloof sal uitdoof en die liefde verkil, en alle arm geslagte sal kla en verkwyn, maar tog sal die grotes en magtiges en die konings van hierdie wêreld die smekendes nie help nie, vanweë hulle groot hoogmoed en daardeur ook vanweë `n groot hardheid van hulle harte!

[3] So sal die een volk ook teen die ander opstaan en mekaar met vuurwapens te lyf gaan. Daardeur sal die heersers in groot skuld raak, wat nie afgelos kan word nie en hulle onderdane kwel met onmoontlike hoë belastings. Daardeur sal daar buitensporige duurte, hongersnood, baie kwaadaardige en besmetlike siektes en epidemies onder die mense, die diere, en selfs die plante ontstaan!

[4] Ook sal daar hewige storms op die vasteland en op see wees, en aardbewings, en die see sal op baie plekke buite haar oewers tree, en dan sal die mens in groot vrees en angs raak vanweë die dinge wat dan oor die aarde sal kom!

[5] Dit sal alles toegelaat word om die mens af te keer van hulle hoogmoed en hulle selfsug en hulle groot traagheid. Die grotes en diegene wat hulle magtig waan, sal met kwelling getugtig word en sal daardeur genoodsaak wees om in aksie te kom, om van die kwelling bevry te raak.

[6] En kyk, dit is die éérste soort vuur, waardeur die mens voor My wederkoms gelouter sal word.

[7] In dieselfde tyd sal die natuurlike vuur* egter ook `n rol van geweldige belang gaan speel. Die vuur sal op alle seë die skepe met `n snelheid groter as die van die wind voortdrywe; ook sal die mens met hulle skerp verstand ystervoertuie en weë maak, en in plaas van trekdiere sal vuur voor die waens ingespan word en met die groot krag daarvan vinniger as `n afgeskiete pyl ver oor die aarde wegsnel. *(Elektrisiteit)

[8] So sal hulle ook weet om die bliksem te bedwing en dit maak tot die snelste oorbringer van hulle wense en hulle wil van die een uiteinde van die aarde na die ander. En as hulle, die trotse en hebsugtige konings, oorlog met mekaar sal voer, sal die vuur daarby ook `n baie beslissende rol te speel kry; want deur die groot krag daarvan sal daar ystermassas in die vorm van `n koeël met `n groot gewig met die snelheid van `n bliksem na die vyand, die stede en vestings geslinger word en groot verwoesting aanrig.

[9] En die vindingryke mense sal dit met hierdie wapens sover drywe dat daar dan weldra geen enkele volk meer `n oorlog teen die ander sal kan begin nie. Want as twee volkere mekaar met sulke wapens aanval, dan sal hulle mekaar ook maklik en vinnig tot die laaste man uitroei, wat beslis vir geen van beide `n egte oorwinning en wins sal oplewer nie. Dit sal die konings en hulle leëraanvoerders spoedig insien en daarom sal hulle mekaar liewer in vrede en goeie vriendskap verdra; en as daar êrens `n baie trotse en eersugtige rusverstoorder sal opstaan en sy buurman sal aanval, dan sal die vredeliewendes hulle verenig en hom tugtig. En op die manier sal dan ook die ou vrede onder die volkere van die aarde langsamerhand aanbreek en dit duursaam vestig. 

[10] As `n mens vanaf My huidige aanwesigheid byna agtienhonderd-en-negentig jare sal tel, sal daar op aarde bykans geen oorlog meer wees nie en ongeveer in die tyd sal My persoonlike koms ook op hierdie aarde plaasvind en die grootste loutering van die mens `n aanvang neem.  

[11] Weliswaar sal daar onder die minder beskaafde volkere van die aarde nog oorloë voorkom, maar dit sal ook weldra by hulle tot die onmoontlikhede behoort. Ek sal hulle met behulp van my regverdige en magtige konings en leëraanvoerders in die noute drywe en My lig onder hulle laat uitstort, en ook hulle sal dan in vreedsame volkere verander word, wat die lig toegedaan is.

[12] Kyk, dit is die tweede soort vuur, waardeur die mens gelouter sal word!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205