|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 148
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221. |
|
|
Aanmanende woorde van Agricola oor die vertrek
148 Na hierdie woorde strek RafaEl sy hande oor hulle uit en, terwyl hulle hulleself as`t ware op `n hoogte van meer as minstens honderd ure bo die aarde bevind, sien hulle die hele aarde, neem ook haar draaiing om die poolas waar, oorsien alle lande en ryke, die see en die met ewige sneeu en ys bedekte poolstreke en merk ook die ronde vorm van die aarde op, waaraan ook die hoogste berge geen afbreuk doen nie.
[2] Maar hierdie keer laat RafaEl hulle byna `n uur lank in die heldersiende toestand, sodat hulle ook die draaiing van die aarde duideliker kon waarneem, net soos die na die ewenaar toe steeds toenemende aktiwiteit van die eter-, lug- en alle suiwerder geeste en die growwer natuurgeeste, wat soos in die vorm van baie klein, min of meer swak ligte wurmpies waargeneem kan word. Dat hulle ook alle ander dinge, sake en voorwerpe in alle windstreke van die aarde goed kon onderskei, spreek vanself.
[3] Na `n uur maak RafaEl hulle weer wakker in hulle natuurlike toestand, en almal bedank eers vir My, omdat Ek dit toegelaat hed, en daarna ook vir RafaEl, omdat hy hulle hierdie weldaad bewys het, wat hulle so helder en diepgaande insig gegee het oor die ware gestalte en beweging van die aarde, asook oor die bestaan en die werking van die natuurgeeste.
[4] En daarop begin hulle mekaar halsoorkop te vertel wat hulle alles gesien en waargeneem het, wat tot elkeen se groot vreugde noukeurig by almal ooreenkom, en die tien vername Romeine verheug hulle nog meer vanweë die feit dat dit alles wat hulle so korrek en in detail gesien en waargeneem het, tot in die fynste besonderheid ooreenkom met wat hulle al vroeër van die wese van die aarde gehoor en gesien het.
[5] Aan die oor en weer vertel en bevestiging van die waarheid kom byna geen einde en duurte nie, tot by die oggendskemering, terwyl Ek en sommige van die ander nog verder insluimer.
[6] Toe vermaan Agricola hulle en sê: “My vriende en nou ware broeders deur die barmhartigheid van die Heer! Die dag van ons vertrek is besig om aan te breek, en ons het nog baie te reël en in orde te kry. Hoe lyk dit met ons dienare, met die lasdiere en met ons bagasie? Ons is nou al byna meer as twaalf dae in hierdie omgewing en het ons in die tyd nog nie één keer daaroor bekommer nie! Maar nou het ons baie om saam te neem en sal dus ook `n baie groter aantal lasdiere nodig hê. Waar sal ons dit vandaan kry? Dit is nou egter tyd dat ons die voorbereidsels daarvoor begin te tref.”
[7] RafaEl sê: “Vriende, tot nou toe was daar vir al julle sake op die beste wyse gesorg en daarvoor sal ook tot by die oomblik van julle vertrek, op die beste en doeltreffendste manier gesorg word; bekommer julle dus nou ook nie oor dit waaroor julle julleself tot nou toe nie hoef te bekommer nie. Julle dienare en knegte is almal, sonder dat julle dit geweet het, al lankal hier in Bethanië ingebring, en ook al die ander in die regte aantal, want die Heer weet baie goed wat julle vir die terugreis sal nodig hê en het deur my dan ook reeds uitstekend daarvoor gesorg. Daarom kan julle nou, wat die wêreld se aspekte aanbetref, ook baie gerus wees!”
[8] Die Romeine sê: “O vriend, dit sou teveel barmhartigheid van die Heer vir ons heidene wees; maar omdat dit alles wel so sal wees soos jy ons nou gesê het, is dit vir ons tog wel hoog tyd om met ons herbergier en vriend Lasarus die rekening op te maak en ons groot skuld aan hom te betaal!”
[9] Nou sê Lasarus: “Vriende! Die Een wat in Sy groot liefde en erbarming vir die een gesorg het, het ook baie ryklik vir die ander gesorg! Julle sal onderweg na julle eie land hier en daar nog baie arm en noodlydende mense teëkom; aan hulle kan julle in die korrekte mate barmhartigheid bewys. En julle hoef van nou af aan tot by die tydstip van julle vertrek, nêrens meer vir iemand te sorg nie!”
[10] Agricola sê, baie ontroerd: “Hier gebeur tog die een wonderwerk van die groot liefde van die Heer na die ander, en ons, groot en magtige Romeine, kan Hom niks verdienstelik daarteenoor stel nie!”
|
|
|
|
|