|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 208
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221. |
|
|
Roclus en die twee tempeldienare
208 Roclus hoef nie lank op die twee Fariseër te gewag het nie; want toe hulle, soos ook gesê, van iemand van die geneesdes gehoor het waar die owerste hom bevind en sy wondergenesing doen, laat hulle die siekes wat hulle saamgebring het, ter versorging agter by die herbergier in die herberg, waarvoor hulle hom ietwat geld gee, en begewe hulle onder begeleiding van die geneesde man dadelik na ons herberg om met die owerste, veral oor dit wat hulle vir hulself en hulle slegte plan die belangrikste vind, tot ooreenstemming te kom, op die manier wat hulle hulleself voorgestel het.
[2] Toe hulle die voorportaal binnekom, loop die owerste hulle dadelik tegemoet, groet hulle volgens die gewoonte van die tempel en sê: “Julle soek die owerste van die Essene? Hy staan in sy geringe en onaansienlike persoon voor julle! Wat wil julle van my hê? Maar ek sê julle vooraf dat julle julle versoek openlik en sonder enige voorbehoud aan my moet voorlê, anders sou julle vergeefs na my toe gekom het!”
[3] Eén van die Fariseërs sê: “Dit wil en moet ons ook doen; maar ons sou, vanweë die enigsins geheime karakter van die saak, sonder getuies met jou wil praat en wel in `n kamer!
[4] Roclus sê: “Wat by ons aan vorste, konings en keisers nie toegestaan word nie, word ook nie aan julle toegestaan nie! Want by ons is daar geen agterbaksheid en absoluut geen sprake van geheimsinnigheid meer nie, sodat niemand ons voortaan van enige bedrog ten aansien van mense kan betig nie. Daarom genees ons die siekes dan ook openlik voor die oë van alle mense en nie meer in die ou kasteel, wat die meeste deur julle toedoen `n slegte naam gekry het en verdag gemaak is. As julle dus iets van ons wil hê, sê dit dan hier openlik vir ons! Want ons Essene is almal soos één; wat die een weet en ken, mag vir alle ander nie verswyg bly nie. Julle weet nou waar julle met ons staan; spreek dus openhartig met ons, of gaan onverrigter sake weer terug na waar julle vandaan gekom het! Maar dit is ook nog aan julle gesê: verlang niks van ons, wat op die een of ander manier onregverdig sou wees in die oë van God en die mense nie!”
[5] Die Fariseër sê: “Julle is soos `n blad aan `n boom wat omgedraai is; want nouliks twee jaar gelede het julle tog baie anders gepraat en verseker ook gehandel!”
[6] Roclus sê: “Dit kan wees; maar aangesien daar op aarde niks bestaan wat so perfek is wat geen verdere en hoër vervolmaking nodig het nie, was ons ook nog lank nie so volkome dat ons onsself nie nog baie verder kon vervolmaak nie. En hoewel ons nog lank nie die groot einddoel van volmaaktheid bereik het nie, het ons onsself sedert enkele jare `n groot ent verder ontwikkel, en daarom dink, wil, spreek en handel ons nou dan ook baie anders!
[7] Vroeër het ons die siekes onder allerlei seremonies genees, sonder enige betekenis, omdat die blinde mense dit so wou gehad het; die donker rede was dat die baie mense wat hier hulp soek en dit ook vind, reëlreg begrawe was in allerlei seremoniële bygeloof, en wel deur toedoen van hulle selfsugtige, heerssugtige en op wins beluste priesters, wat hulle as dienare van God uitgegee en hulle steeds bomatig laat eer het!
[8] Aangesien ons dit met die mense, wat hoog of laag, ons broeders is, altyd eerlik bedoel het, kon ons hierdie ou en boosaardige onsin nie langer meer aansien nie en het vas besluit om alle mense hulle ou dwaashede te toon in `n glasheldere waarheid wat so lig is as die son. Daarom het ons dan ook geheel en al afstand gedoen van wat ook maar enigsins die skyn van ydele, bedrieglike geheimsinnigheid sou kan hê en spreek en handel nou met elkeen dus sonder enige terughoudendheid, en dus ook met julle sonder enige skroom, vrees of oorweging. Want julle tempel en julle, wat volgens ons goeie wete, hoë priesters is, is net so belangrik soos elke ander mens.
[9] En as julle versoek aan ons, iets het wat teen God se wette indruis, staan julle saam met julle hele tempel en al julle hoë priesters in ons oë baie laer as die diere! Ek het julle nou helder en openlik uiteengesit hoe dit nou met ons gestel is, en waarom, en julle sal dan hopelik ook begryp hoe julle julleself teenoor ons moet gedra, as julle by ons een of ander ware en goeie doel, waarna julle strewe, wil bereik.”
|
|
|
|
|