Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 170

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die herbergier vra na die Heer

170 Nou merk die herbergier die bekende blinde bedelaar wat maar al te goed aan hom bekend is, aan My sy op en sien ook dat hy nou kon sien.

[2] Hy gaan dadelik nader na die bedelaar toe, bekyk hom noukeuriger en sê toe: “Jy was tog blind vanaf jou geboorte en kan nou sien, dit sien ek duidelik. Wie het jou oë geopen en jou siende gemaak?”

[3] Die bedelaar sê: “Hierdie Heer hier, wat aan jou egte wyn en goeie brood gevra het! Wees bly, want daar het `n groot heil jou ten deel geval, omdat Hy sy intrek in jou huis geneem het, en jy sal Hom dan ook met die grootste respek moet behandel!”  

[4] Die herbergier, wat nou stom verbaas was, sê: “Hoe het hy jou oë dan geopen?”

[5] Die bedelaar sê: “Ek het Hom net gevra en Hy sê: “Word siende!”, en toe word Ek siende, en dit is al wat ek jou kan sê; en jy kan jou nou wel voorstel wie dit moet wees, in wie se woord en wil so `n mag en gesag lê!” 

[6] Die herbergier verbaas hom steeds meer en bekyk My met groot oplettendheid.

[7] Nou bring die dienare ook brood en wyn in die regte hoeveelheid en sit alles in goeie orde op die tafel neer.

[8] En die herbergier, wat nou met ontsag vervul was, vra My: “Heer, is die brood en die wyn so na U wens?”

[9] Ek sê: “Heeltemal; jou dienare het immers `n langer werk gehad, omdat jy die brood en ook hierdie wyn uit `n ander huis en `n ander kelder moes laat haal; want die goeie dinge bewaar jy in één van jou ander tien huise in hierdie stad. In dié huis het jy egter net wat jy gewoonlik aan die vreemdelinge voorsit, en aangesien jy `n ryk man is, is dit nie so prysenswaardig van jou nie. Jy is weliswaar `n Griek, saam met jou hele gesin, en hou geen rekening met die wette van die Judeërs nie, hoewel dit nie aan jou onbekend is nie; maar dit strek ook `n heiden tot eer en dit dien hom ten goede, wanneer hy eerlik handel en volgens julle wette elkeen gee en aanbied wat syne is.”

[10] Die herbergier weet nou nie wat hy My daarop moet antwoord nie; maar ons neem die brood en eet dit, en net so neem ons die wyn en drink dit, en ook die herbergier eet en drink saam met ons, omdat Ek Self brood en wyn vir hom aangereik het, en hy prys God en My.  

[11] Die herbergier spreek met die ander burgers, wat ons na hom toe, en vervolgens ook die huis begelei het. En juis aan die man wat My eerste onderdak aangebied het, vra die herbergier wat hy as ervare Judeër wel van My dink, wie Ek was en waar Ek vandaan kom.

[12] Maar die man sê: “Ek het hierdie wonderbaarlike man nog nie voorheen gesien nie, net so min soos jy! Maar van die geneesde blinde, wat in Jerusalem al oor hom gehoor het, het ek verneem dat hy hom met die naam “Jesus” en “seun van Dawid” aangeroep het, en ek het daaruit afgelei dat hy dan ook daarvandaan kom. Volgens sy kleding skyn hy egter `n Galileër te wees, net soos sommige wat met hom saam gekom het.

[13] Alhoewel, hoe dit ook al sy, hy is nou eenmaal `n buitengewone mens, soos die aarde daar sedert Moses en Elia ook nog geen gedra het nie! Die naam “seun van Dawid”, wat die bedelaar hom gegee het, het my egter heimlik op die gedagte gebring dat hy volgens die voorspellinge van die profete, oftewel die profeet Elia is, wat voor die beloofde Messias van die Judeërs sal kom - of per slot van sake die Messias self. Ek sou hom eerder as die tweede vir die eerste beskou! Want alle profete het steeds net uit die Naam van JaHWeH gespreek en gehandel; maar hierdie Een spreek en handel heeltemal uit eie Sy mag, en soos ook gesê, bevestig die benaming “seun van Dawid” hierdie geheime opvatting van My nog meer, want so het die ou profete meermale die Messias wat moet kom, genoem. - Maar dit is nou ook wel alles wat ek vir jou oor hom kan sê!”

[14] Die herbergier sê: “Ek is weliswaar te min tuis in julle geloofsleer, maar sommige dinge weet ek tog wel, en so weet ek ook van die beloofde Messias wat eendag sal kom. Maar dit word nou immers deur alle Judeërs as `n groot oorlogsheld gesien en hulle verwag hom ook as sodanig, en dink dat hy hulle van die Romeinse oorheersing sal bevry en vervolgens `n groot, onoorwinlike ryk sal stig. Maar jy skyn die Messias eerder goddelike, as menslike waardigheid toe te skryf?”

[15] Die man sê: “Maar dit is ook die wyse waarop hy deur die profete en deur Dawid self aangedui word; en as hy die Judeërs egter van die juk van die Romeine wil bevry, sal hy vir `n dergelike werk ook wel met meer as net wêreldse, menslike heldekrag toegerus moet wees.

[16] Maar dit is alles nog altyd in groot duisternis gehul, en geen enkele Judeër kan met enige sekerheid verklaar in watter vorm en met watter eienskappe die Messias sal kom nie. En aangesien dit nie te bepaal is nie, kan die Messias ook baie goed in hierdie wêreld kom in hierdie vorm en met hierdie eienskappe, op die manier soos ons ook nou in waarheid hierdie Wonderman voor ons sien!

[17] Dit is so my mening. Maar jy kan nou nog meer brood en wyn laat haal; want ek sien dat die brood en wyn wat daar op die tafel geplaas is, weldra op sal wees!”

[18] Daarop beveel die herbergier dadelik sy dienare om te doen wat die man hom gesê het, en ons kry dan ook baie gou meer brood en wyn.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205