|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 216
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221. |
|
|
Die armes se herberg van die Essene
216 Ons kom egter baie gou by `n ander herberg, waar `n groot aantal arm mense was, wat nou al `n paar uur voor die herberg gekamp het, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg gemaak was nie, hoewel hierdie herberg veral vir die arm mense bedoel was.
[2] Nou vra Ek aan Roclus: “Waarom is slegs hierdie herberg vir die arm mense verpligtend? Sou die ander herberge nie ook `n deel van die verpligting op hulle kan neem nie?”
[3] Roclus sê: “Heer en Leraar, U hoef die rede van hierdie bose toestand, wat My al lankal teenstaan nie uiteen te sit nie, aangesien U selfs die mees geheime dinge en omstandighede maar al te goed ken; maar Ek vra U om advies, hoe dit met sukses aangepak kan word!”
[4] Ek sê: “O, maar dit kan tog baie maklik verhelp word! Sê jy nou, as owerste van hierdie plek, via één van jou broeders vir alle plaaslike herbergiers: “Die Heer het beveel dat elke herberg te alle tye plek gereed moet hou vir minstens tien arm mense; die herberg wat egter uit goeie wil meer wil doen, sal ook op `n beloning daarvoor kan reken!” En oor `n uur sal julle geen armes meer aantref wat in die oop lug kamp nie!
[5] Waarom moet hierdie herbergier alleen `n toelaag van julle kry vir die inbring van die arm mense, terwyl hy daar weliswaar tien herberg en ook af en toe honderd, maar aan julle, in plaas van tien, steeds twee keer soveel opgee en hom daarvoor deur julle teveel laat betaal, en die werklike opgeneemde arm mense dan ook nog selfs gebrek en honger laat ly?! Teen die kwaad moet dus grondig opgetree word!”
[6] Na hierdie woorde van My, stuur Roclus dadelik vier van sy broeders na alle herberge van hierdie plek, met uitsondering van die een waar ons woon. En dit duur nog geen halfuur nie, of daar kom dienare wat deur alle herberge gestuur was; hulle sê vir die arm mense waarvoor hulle gekom het, en die arm mense staan onmiddellik op van die harde grond en laat hulle dankbaar deur die dienare na die herberge bring.
[7] Die herbergier van die arme mense herberg, wat merk dat die aan hom bekende dienare van ander herberge die arm mense wegneem, raak egter ontstem daaroor en wil dit verhinder.
[8] Hy loop daarom baie bars op Roclus af en sê: “Owerste! Ek het met jou `n kontrak, waarvolgens net ek die arm mense mag versorg. Waarom word hulle nou by my weggevat?”
[9] Roclus sê: “Luister, is dit dalk versorging, as mens die baie arm mense, wat met allerlei kwale behep is, net soos die Grieke met hulle varke doen, hier op `n oop plein sonder beddens en sonder voeding en drank laat kamp en wegkwyn, terwyl jy in die behoorlike ruim huis, leë kamers vryhou sou daar ryk gaste kom?! Jy het jou al vir baie arm mense se versorging deur ons laat betaal en het van baie, wat jy op julle rekening vermeld, nouliks die helfte versorg, en dan ook nog sleg! Daarom sal die kontrak van hierdie uur af verander word en sal die toelae ten slotte onder almal verdeel word. - Het jy dit nou begryp?”
[10] Die herbergier kyk woedend en sê: “Owerste, watter kwaadspreker het my so afskuwelik by jou belaster?”
[11] Roclus sê: “Geen kwaadspreker nie, maar die mond van `n baie Waaragtige, vir wie se alsiende oë ook ons mees geheime gedagtes, wense en begeertes nie verborge is nie, en wat `n Heer is, groot en verhewe bo alles in die hemel en op aarde, en wat alles in stand hou, lei en regeer - `n Heer van al die lewe en bestaan - en Hy het My ook opgedra om jou daarvoor te straf! Vir jou bly van nou af aan niks anders oor as om berou te hê oor jou baie sondes, jou lewe volkome te verbeter en vir sover moontlik al die onreg goed te maak nie, anders sal jy `n erger tugtiging deur God, die Heer, te wagte staan.
[12] En dat jy ons en die arm mense bedrieg het, het nou net geblyk; want in plaas daarvan dat jy ten minste hulle, wat die slegste daaraan toe was, in die kamers wat vir siekes ingerig is, inbring, het jy hulle almal op die harde grond laat kampeer. Verbeter dus jou lewe en vra nie meer na Die Een wat jou moontlikerwys sou verraai het nie!”
[13] Toe die herbergier so `n ernstige berisping en vermaning van Roclus kry, word hy bang. Hy begin sy gewete dan ook grondig te ondersoek en beloof Roclus dan ook dat hy alles wat hy onregmatig vir homself gehou het, aan hom sou terugbetaal en in die toekoms geen toelae meer sou verlang vir die herberg van die arm mense nie.
[14] Daarop sê Roclus vir hom: “Doen dit, dan sal God, die Heer ook jou sonde vergewe, en jou siel sal barmhartigheid by Hom vind! As jy `n Griek was of `n Romein, en dus `n heiden, wat van die een, ware God nooit iets gehoor het en nie weet van Sy wil, wat aan die mense deur die mond van die profete geopenbaar is nie, dan sou jou handelswyse te verontskuldig gewees het; want wie die wet nie ken nie, kan dit ook nie in ag neem nie. Maar jy is `n Judeër, en bowendien, vir sover ek weet, ook nog `n Skrifgeleerde! En jy is dan ook soveel te meer strafbaar, omdat jy die heidene in hoë mate in bedrieëry oortref. Maar as jy jou lewe, soos ook aan jou gesê, werklik ernstig wil en sal verbeter, laat jou sonde jou dan in die Naam van die Heer ook vergewe wees!”
[15] Daarby bedank die herbergier hom, buig voor Roclus en gaan sy huis binne.
[16] Maar ons gaan verder in hierdie plek, en Ek sê vir Roclus: “Jy het hierdie saak weer goed opgelos en ons het `n goeie werk afgerond. Dat jy My nie aan die Skrifgeleerde herbergier bekend gemaak het nie, was ook baie goed; want hy is nog nie ryp om My persoonlikheid te ken en te verdra nie. Maar wanneer Ek hierdie plek môre verlaat het en die herbergier na jou toe sal kom om sy onregmatige verkryde wins terug te betaal, kan jy hom ook sê dat Ek in jou geselskap was en watter leer en mag Ek jou gegee het, waarmee jy hom kan oortuig, dan sal hy jou daarna nog goeie dienste bewys.”
[17] Roclus hoor dit van My en bedank My vir so `n getuienis en vir so `n troos, wat hy volgens hom alles nie verdien het nie, en sê toe: “O Heer en Leraar! Wil U ons dan egter al môre verlaat?”
[18] Ek sê: “Met My persoon baie verseker, maar nie met My Gees nie; want Ek het elders nog baie te doen, sodat alles vervul kan word, wat die profete oor My voorspel het! Maar julle sal sonder My persoonlike aanwesigheid meer onbelemmerd in My Naam kan onderrig en handel as wanneer Ek persoonlik aanwesig is; die oorsaak daarvan is maklik te begrype.”
[19] Roclus begryp die oorsaak ook vinnig en al pratende kom ons weer op `n plek, en wel aan die weg wat na Egipte lei, waar ons weer werk te doen kry.
|
|
|
|
|