Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 58

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Wat die Romein begryp het van die uitleg van die Heer

58 Die Romein sê: “Ja, ja, Heer en Leraar, verwysend na die verklaring wat U nou gegee het, kan dit onmoontlik anders wees as presies soos wat U dit ook nou vir ons uiteengesit het. Ons kan dit weliswaar nog lank nie voldoende begryp nie; maar ons glo dit sonder enige twyfel, omdat U as die ewige Waarheid en Wysheid Self dit vir ons laat sien het, soos dit ook is en moet wees. Want U as die Skepper van alle dinge moet tog wel die beste weet, hoe en in watter orde U werke geskape is, en watter doel die een die ander moet dien. Hoe dit sodoende gestel is met dergelike dinge van U ewige orde, wat tot nou toe in die geheel nie aan ons mense geopenbaar was nie, kan ons maar net verneem, deurdat U dit aan ons openbaar, en ons glo alles wat U aan ons sê, ook al is ons nie in staat om met ons verstand en nog minder met ons sintuie in die volle diepte van U wysheid deur te dring nie. Ons dank U vir hierdie meer as groot openbaring.

[2] Met dit wat ons nou van U gehoor het, het U ons egter ook `n wapen in die hand gegee, waarmee ons alle wysgere en ou godsgeleerdes vinnig kan onderkry. Want dit is `n bewys soos wat daar ook geen tweede is nie, geput uit die mees innerlike lewensbron van elke mens, wat werklik geheel en al moet ooreenkom met die hele eindelose Groot Mens van U skepping, omdat die mens, as `n wese wat nou heeltemal na U self lyk, die volmaakte sluitsteen van al U werke voorstel en daarom in `n uiterste klein gedaante dit is wat die gehele eindelose groot skepping is.

[3] Dat die weg tot die ware, vrye en selfstandige lewe egter baie nou en smal is, volg eweneens vanself duidelik uit hierdie wonderbaarlike groot onthulling van U; maar mens sien ook in dat dit so moet wees en onmoontlik nie anders kan wees nie.

[4] Wie homself en daardeur ook vir U werklik en suiwer wil vind, moet via die baie nou poortjie in-homself deurdring, anders bly hy buite die lewenskamertjie van sy hart. Slegs die liefde tot U en die naaste maak die poortjie, wat andersins so nou is, wyer; die ware deemoed maak die siel, wat haarself andersins so groot waan, klein, en die egte sagmoedigheid maak haar buigsaam; en slegs so `n toebereide siel kan dan deur die nou poortjie in die lewenskamertjie van haar goddelike gees deurdring en daar één word met die gees en daardeur ook in die gees opnuut oftewel wedergebore word. Uit U groot openbaring het ek nou afgelei dat hierdie dinge absoluut noodsaaklik is vir die praktyk van ons proeflewe op hierdie aarde, en ek het dan ook die ware en egte rede ontdek, waarom U vir ons, veral die liefde tot God en die naaste, die deemoed en die sagmoedigheid so dringend op die hart gedruk het.

[5] Noudat ons egter die rede ken, en ook weet wat ons langs hierdie weg baie verseker sal kan bereik, sal dit vir ons ook maklik wees om te handel en sal ons dit ook met die grootste moontlike vlyt en ywer doen!

[6] Want as ons in ons groot lewensarmoede weet waar die groot en rykste skat verborge is, en as ons ook die hulpmiddele en die gereedskap het om dit vir onsself uit te grawe, dan sou ons tog wel die grootste dwase wees wanneer ons, wetend dat ons dit sekerlik sal ontdek en opgrawe, ons hande as`t ware lui in ons skoot sou lê en ons net soos die geestelike blinde wêreldse mense sou vergryp aan die baie verganklike slyk van die wêreldse materie wat homself in die oordeel bevind, en dit vandag nog iets blyk te wees en môre deur wind en storms soos waardelose kaf weggeblaas word.

[7] O, dank U, Heer en Leraar dat U die diepste oorsaak van die dinge van U skepping nou so duidelik vir ons onthul het!

[8] Maar nou, o Heer en Leraar van die ewigheid, hou een klein vragie my nog besig! Ek weet goed dat U al `n ewigheid vantevore baie duidelik geweet het wat ek U nou sou wil vra; maar ek vra dit tog openlik, ten eerste omdat U dit so wil, en ten tweede vanweë die ander wat hier is, sodat hulle kan hoor waaroor dit nou verder gaan.

[9] Die vraag lui nou: Het die bewoners van die ander aardes (planete) heeltemal nooit iets gehoor nie en besit hulle geen kennis oor U, of, as hulle dit wel het, hoe kom hulle daaraan? Is die mense van die ander aardes ook werklike mense, of is hulle maar net volgens die uiterlike vorm mens, maar wat hulle innerlike betref, nog in `n sekere sin diere, wat daar volgens vorm uitsien soos ons mense van hierdie aarde, waarby hulle gelei word deur `n bepaalde wyse instink wat U in hulle gelê het, soos ons dit ook hier by bepaalde diere waargeneem het, sodat ons hulle byna `n sekere mate van verstand, bewussyn en beoordelingsvermoë kan toeskrywe?

[10] Daaroor, o Heer en Leraar, nog graag `n liggie, dan sal ons, wat ons siele aanbetref, heeltemal goed voorsien wees!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205