|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 94
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221. |
|
|
`n Beskouing van die sterrehemel
94 Toe Ek dit gesê het, was alle aanwesiges, wat taamlik baie was, dadelik bereid om die uur ook in die ope lug deur te bring, en ons staan op en gaan na buite, waar `n groot, oop plek was. Almal verbaas hulle nou oor die ontelbare groot aantal sterre, en prys die almag en grootheid van God.
[2] Toe ons so `n tyd lank die sterrehemel gade geslaan het, vra Markus, die Romein: “Heer en Leraar, is daar buiten `n paar planete enkele sonne, waar die daarby behorende planete en mane en ook komete op hulle beurt daaromheen sirkel?”
[3] Ek sê: “Inderdaad, soos Ek ook al vir julle op die Olyfberg gesê het; tog sien julle te midde van hierdie baie sonne ook verskeie sentraalsonne waar, soos ook reeds aan julle bekend is, die planetêre sonne met al hulle planete in groot sirkels omheen beweeg, en ook sien julle die groter sentraalsonne weer, waaromheen hele songebiede beweeg, en ook `n paar van die sentraalsonne, waar hele sonne-alle hulle in uiterste groot sirkels omheen beweeg. Maar dit sou van weinig of heeltemal geen nut vir julle wees, indien Ek dit nou ook met die vinger vir julle sou aanwys nie; wanneer julle egter in julle gees gewek sal wees, sal die Gees van die mees innerlike lewe en alle waarheid julle sekerlik in al die lig binnelei. En hoe dit moontlik is en sal wees, het Ek julle op die Olyfberg al enkele kere self aanskoulik laat ervaar. Hier kan Ek vir julle maar net herhaal dat daar in die huis van My Vader baie, baie en groot wonings is.”
[4] Markus sê nogmaals: “Heer en Leraar, ek dank U ook vir hierdie les! Maar nou sou ek tog van U ook baie duidelik wil hoor waar die son hom nou bevind! U het ons wel laat sien, en wel op `n baie wonderbaarlike doelmatige wyse dat alle hemelliggame, wat die vorm van `n ronde bol het, en hierdie aarde dus ook; maar in my jong jare was ek aan die werk in die uiterste suidweste van Spanje en daar sien ek die begin van `n ontsettende groot see wat hom ver uitstrek. Met verskeie metgeselle beklim ek daar één van die hoogste berge aan die kus om te sien of hierdie see miskien, net soos die Middellandse See, tog nog êrens sou eindig. Maar daarmee het ek my geweldig vergis; want van enige einde was daar in die verste verte geen spoor te ontdek nie! Waarheen ons ons skerp oë ook maar na die weste gerig het, ons het niks anders ontdek as water en nog eens water nie.
[5] Vanaf die genoemde berg sien ek die son dan ook heeltemal in die see sak. Dit bevestig vir My ook die volgende: Toe die son volledig in die water wegsak, verbleek haar vuur en lig ook so volkome dat daar, nadat sy volledig ondergegaan het, geen spoor van aandskemering meer waar te neem was nie, en uit die genoemde verskynsel kom ons tot die gevolgtrekking dat die son, die maan en alle sterre in die verre weste gewoon letterlik in die see sak en na 12, dalk 14 en dalk - midde in die somer - ook wel na 9 uur êrens in die baie ver ooste weer uit die see opstyg.
[6] Dat dit in die groot werklikheid baie anders is, weet ek nou goed; maar die verskynsel dat die son, as hy oënskynlik in die groot see ondergaan, geen spoor van aandskemering agterlaat nie - in die besonder op baie helder en wolklose aande - dit is tog egter wel `n bietjie merkwaardig. - Hoe moet ek dit verklaar?”
[7] Ek sê: “Nou, nou, My beste vriend Markus, kyk: oor ongeveer duisend jaar sal selfs die kinders van dergelike verskynsels, wat vir julle nou nog baie wonderbaarlik voorkom, heeltemal korrekte voorstellinge hê!
[8] Kyk, jou groot wêreldsee het ook sy begrensing in die verre weste, net soos elke ander see; en daar is nog `n enorme groot kontinent, wat deur die latere nageslag vanuit Europa in `n westelike rigting ontdek sal word. Vanuit die noordoostelike uitlopers van Asië is dit egter al byna meer as duisend jaar gelede ontdek en is sedert die tyd bewoon deur verskillende volkere uit Asië, waaronder selfs ook die ou Fenisiërs, Trojane en Grieke.
[9] Vanuit Europa na die weste sal dit egter eers ontdek kan word wanneer hulle skepe van `n beter kwaliteit sal hê, as wat hulle skepe teenswoordig is.
[10] Maar dat die son van Spanje in die verre weste ondergaan sonder om `n skemering agter te laat, veral op helder aande sonder newels, daarvan lê die oorsaak veral in die groot en wyd uitgestrekte lugmassa, waar die lig van die son uiteindelik ook net so moeilik daardeur dring as wat dit deurdring tot op die diep bodem van die see. Waar dit vlak is, sal julle nog voldoende lig op die seebodem kan sien, omdat die lig slegs te make het met `n watermassa wat baie vlak is; maar waar die see eenmaal so `n 20 tot 100 manslengtes diep is, sal julle geen grond meer kan waarneem wat deur die son verlig is nie. Kyk, dit is dus `n rede waarom die son in die verre weste van die see dikwels sonder skemering ondergaan!
[11] Die tweede rede is egter dat daar dikwels heeltemal geen damp aanwesig is nie; want as die ligstrale van die son bykans niks teëkom wat naby genoeg is om op te kan val en vandaar gebroke weer verder geprojekteer te word nie, dan kan julle dit nie waarneem nie, hoewel dit tog wel daar is. Iets dergeliks sal julle ontdek by die maan, net soos by die ander planete.
[12] Kyk, die maan en ook die ander planete is op sigself net sulke donker liggame as die aarde! Die lig van die son, `n ronde liggaam, straal na alle moontlike rigtings; maar dit manifesteer homself maar net as weerspieëling en is sigbaar aanwesig, waar dit op `n voorwerp val, waarvandaan dit terugkaats en deur julle oë waargeneem word.
[13] Wanneer Ek nou `n groot voorwerp êrens op ongeveer die afstand van die maan tot hierdie aarde sou plaas, sou julle dadelik sien dat die son nie in die see van hierdie klein aarde ondergegaan nie, maar haarself nou net as oordag vry in die lug bevind en sy alle planete wat om haar heen sirkel, lig asook warmte gee. Wat nou op hierdie aarde, soos ook op die ander aardes, wat julle planete noem, die dag en die nag veroorsaak, het Ek julle al meer as voldoende getoon, daarom kan julle julle opvatting vanuit `n wêreldse standpunt nou wel heeltemal laat vaar.”
[14] Markus sê: “Ek dank U, o Heer en Leraar, ook vir hierdie les! Weliswaar is dit nie so verhewe as ander lesse wat ons al uit U heilige mond ontvang het nie, maar ek beskou dit ook as baie belangrik en verhewe vir ons Romeine, omdat die wêreldbeskouing nog baie verkeerde idees het. Want wanneer die mens verkeerde idees het oor die een of ander saak, ook al het dit slegs betrekking op hierdie wêreld, dan kan dit nie anders as dat hy ook in ander, geestelike dinge tot allerlei misvattings kom nie; want die een vergissing lei tot die ander, totdat die hele mens vol vergissings en dwaashede raak. Maar as dit by iemand, dikwels gaan dit om iets kleins, lig begin te word, dan brei die lig hom langsamerhand uit na groter en belangriker dinge, en so kom die mens tot ware wysheid. Daarom is U, o Heer, ook te dank vir sulke lesse, wat vir ons Romeine van buitengewone groot nut is!”
|
|
|
|
|