Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 207

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die twee hoogmoedige Fariseërs uit Jerusalem in Essea

207 Toe die dertig die herberg, waar Ek gebly het, verlaat het, was ons weer `n rukkie bymekaar, en Ek gee vir Roclus allerlei aanwysings wat hy in die toekoms moes doen, as daar tog nog mense op die idee sou kom om hulle dooie kinders na Essea te bring, om hulle weer tot lewe te laat wek. Ek verbied hom egter nie om in `n enkele geval, wanneer diegene wat hom daarom vra, `n sterk geloof aan die dag lê, dese of gene weer op te wek nie; maar hy moes hom altyd eers in die gees tot My wend, dan sou Ek hom laat weet of die daad uitgevoer, of agterweë gelaat moes word. Roclus neem dit ook baie dankbaar aan.

[2] Terwyl ons egter nog so praat, kom daar `n bode van die wonderkasteel na ons toe in die herberg, om te sê dat daar nou net twee hoë Farisese oudstes uit Jerusalem in die kasteel aangekom het, met `n skitterende gevolg, wat onmiddellik en uiters dringend met die owerste self moet praat. 

[3] Maar Ek sê: “Bode, gaan na die blindes en sê hulle dat daar nou baie mense in Essea bly wat die owerste ook wil spreek. Die owerste weet wel wat hy te doen het en waar die nood die hoogste is, en laat hulle in sy goeie geordende daaglikse werk dus nie steur deur `n paar Fariseërs nie, wat hulle konkubines en enkele skandseuns (homoseksuele seuns) ter genesing hierheen gebring het, al is hulle ook in pragtige klere. Hulle moet maar wag, soos selfs ook koninklike persone en families dit moet doen.”

[4] Die bode buig en gaan en bring dit woordeliks aan beide die Fariseërs oor, wat daardeur hoogs beledig was en by die bode daarop aandring om hulle te sê waar die owerste bly.

[5] Maar die bode sê: “Ek is geen meester nie, maar slegs `n kneg, en ek moet my meester gehoorsaam; hy het my ten strengste opgedra om, sonder dat hy dit wil aan niemand, selfs nie aan `n keiser, te vertel waar die meester hom ophou of wat hy uiteindelik doen nie; Ek kan en mag dus ook nie vir julle sê waar die hoë owerste hom nou bevind nie. Gaan maar na die herberg en wag daar julle beurt af! Want hier by ons is elke mens gelyk en `n vors het nie die minste voorrang bo `n bedelaar nie! 

[6] Toe sê één van die Fariseërs, wat daardeur erg in sy trots gekrenk was: “Hoe durf jy so teen ons spreek! Is hierdie towerkasteel dalk meer as die tempel van JaHWeH in Jerusalem? Terwyl daar goed op so `n onderskeid deeglik gelet moet word!”

[7] Die bode sê: “Daarmee het ek niks te make nie! By julle kan julle as here na eie geloof en wette julle gang gaan, hier beskik ons volgens ons wette en ons erken niemand as meester nie behalwe God en ook diegene wat aan ons deur God Self tot owerste gegee en gestel is nie! Daarom doen God ook groot tekens hier, en die Fariseërs self moet hier hulp kom soek, omdat hulle dit nie in Jerusalem het nie en nie kan vind nie. En ek as bode is nou uitgepraat, en julle kan gaan soos julle ook gekom het, as julle nie wil of kan wag nie!” 

[8] Daarop keer die bode die Fariseërs en sy aansienlike gevolg die rug toe, en hulle kon niks anders doen as om na `n herberg te gaan en daar te wag totdat hulle geroep word.

[9] En Roclus bedank My nogmaals, omdat Ek hom nou teen die Fariseërs behoed het.

[10] Daarop vra Simon Juda vir My: “Heer en Leraar, ons het nou nog `n paar uur tot die middag! Sou dit nie raadsaam wees om nogmaals na buite te gaan nie? Want as ons deurgaans hier bly, sal daar weldra weer iets gebeur wat ons onaangenaam kan tref. En ek het die gevoel dat die twee Fariseërs hulle voorgeneem het om die owerste van herberg tot herberg te gaan soek; en as hulle hierheen sou kom, sou dit vir U, vir die owerste en ook vir ons, nie aangenaam wees nie. Maar daarmee wil ek sekerlik geen advies gee nie, maar ek vra slegs U mening.”

[11] Ek sê: “Daarom bly ons juis hier, want Ek wil die misbruik, die berowing van skatting, heeltemal uit die wêreld help en daarvoor het Ek vanmôre al die basis gelê.

[12] Die twee Fariseërs het onder andere ook hierheen gekom om van die straatrowers hulle aandeel op te eis, omdat hierdie straatrowers onder beskerming van die tempeldienare en van Herodus hulle straat skendery mag bedryf as`t ware asof dit wetlik geoorloof is.

[13] Die genesing van hulle konkubines en van die skandseuns is dus eintlik nie die egte rede dat die twee Fariseërs hierheen gereis het nie, maar die opeis van hulle aandeel van die straatroof; as hulle dit het, sal hulle self onmiddellik vertrek en die siekes hier in behandeling laat. Hulle wil egter met Roclus graag `n paar woordjies in die geheim verwissel, met die bedoeling dat hy die siekes sonder betaling onder sy hoede moet neem om hulle, indien moontlik en uitvoerbaar, in plaas van te genees, liewer op `n goeie manier na die liewe ewigheid te help; want hierdie mense sou hulle in Jerusalem mettertyd maklik `n slegte naam kan besorg in die oë van die volk. Maar as hulle eenmaal begrawe is, sou die tempeldienare niks meer van hulle te vrees hê en hulle geen sorg meer hoef te maak nie! As die owerste hulle egter, ondanks alle voordeel wat hom in ruil daarvoor toegesê sou word, nie sou leen vir so `n werkie van sataniese naasteliefde nie, sou hy hulle weliswaar kan genees, maar hulle daarna nie meer na Jerusalem laat terugreis nie, maar êrens anders heen stuur, byvoorbeeld na Egipte, Persië of selfs na Indië.

[14] Kyk, dit is die tempeldienare van plan om te doen en daarom sal hulle ook, sodra hulle die meegeneemde siekes in die herberg ingebring het, die owerste met alle ywer gaan soek en hom ook hier vind, omdat hulle daar via één van diegene wat hier genees is, vinnig en maklik sal agterkom waar ons vriend Roclus hom bevind.”

[15] En kyk, dit is dan ook goed; want by die geleentheid sal die owerste hulle dit kan voorhou soos wat Ek hom dit ook in die hart en in die mond sal lê, en dan sal daar aan die straatrowery `n einde gemaak word. En die siekes wat hulle nou hier onder die gesag van die Essene bevind, sal vir hulle en die hele tempel getuig; en dit beslis soveel te meer, as hulle van die owerste sal hoor wat se prysenswaardige helse bedoelinge albei die tempeldienare met hulle het!   

[16] Daarom moet Roclus ook eers luister na wat hulle teenoor hom na vore sal bring, natuurlik in die teenwoordigheid van die ander Essene broeders, wat nou hier aanwesig is en wat hom vervolgens by die siekes as getroue getuie goeie dienste sal bewys. 

[17] As die bedoelinge van die tempeldienare op hierdie manier onthul word, sal hulle baie gedwee en graag elke materiële offer bring, hoe groot ookal, om maar nie voor `n Romeinse regter gebring te word nie.

[18] Dit is daarom baie goed dat dit nou so loop soos wat Ek dit al lankal voorsien het; want sodoende sal Essea vir homself `n duursame beskerming teen die valse vervolging van die tempel in die lewe roep en hulle aan een kant `n veilige toegang besorg.

[19] Wanneer die twee egter na hierdie herberg sal kom, sal Ek broeder Roclus wel te kenne gee dat hy saam met die ander broeders na buite na die binneplaas moet gaan en die saak op `n passende en vrugbare manier met hulle moet afhandel. Binne `n uur na die middag sal alles al in orde wees en dan sal ons ons middagmaal baie rustig kan gebruik en daarna eers na buite gaan, wanneer die twee tempeldienare hierdie plek in alleryl sal verlaat het. Begryp jy nou, Petrus, waarom Ek nie vóór die middagmaal na buite wil gaan nie, maar hier in die saal wil bly?”

[20] Petrus sê: “Nou begryp ek dit maar al te goed, helder en suiwer. Ons dank U vir hierdie toeligting.”

[21] Nou eers staan Roclus op, wat tydens My openlike beskrywing van die redes, waarom die twee tempeldienare met hulle siekes na Essea gekom het, byna van verontwaardiging wil opspring en vol woede die twee dadelik wil gevange neem, en sê, deur en deur opgewonde: “O Heer en Leraar! Al het ek maar `n baie klein bietjie van U mag in my, dan sal die twee werklik nie so maklik daarvan afkom nie! Hoe is dit moontlik dat U, Almagtige en baie Regverdige, die straatskendery van die ergste duiwels in mense gedaantes met alle geduld solank kan aansien en hulle egte sataniese planne nog altyd genoeg daadwerklik kan laat slaag?

[22] Die voortbestaan van die tempel in Jerusalem, wat al lankal tot `n egte rowershool geword het, saam met sy ellendige priestergespuis, dit is teveel geduld! Hierdie skanddade word onder die volk van dag tot dag sigbaarder en meer bekend, en daarom val die volk sonder hulle eie skuld ook steeds meer af van die geloof in `n enige ware God, en gaan dit oor na die baie verstandiger en beter heidene!

[23] Maar U, o Heer en Leraar, is uiters wys en weet die beste waarom U so iets toelaat! Maar as die twee kom, vul my hart, o Heer, dan met geduld, sodat ek in staat sal wees om te verdra wat hulle teenoor my na vore sal bring!”

[24] Ek sê: “Maak jou nie daaroor bekommerd nie; want ten slotte sal jy baie goed met hulle kan praat en hulle moontlikerwys vir die waarheid en die goeie saak van die lewe wen! Kyk, hier onder My leerlinge is daar ook verskeie bekeerde Fariseërs, wat nou reeds in die volle waarheid van die innerlike lewe staan, en dit is nog nie so lank gelede dat hulle My liggaamlik wou doodmaak nie, omdat My woorde teen hulle getuig het.

[25] Die maat van die tempelgruwels sal egter weldra vol word en voordat daar nog ses keer tien jaar sal verloop, sal mense nouliks meer die plek kan vind waar Jerusalem en die tempel gestaan het. My geduld en lankmoedigheid is weliswaar groot en byna onbegrens, maar op die hemelliggame tog nie oneindig nie! My wil, wat die te boosaardig geworde wêrelde vernietig het, kan ook stede en volkere vernietig, as die maat van hulle gruwels vol geword het. - Maar laat ons nie meer verder daaroor spreek nie. Jy en jou broeders kan nou wel na buite na die binneplaas gaan; want die twee sal nie lank op hulle laat wag nie!” 

[26] Toe Roclus dit van My hoor, staan hy en die ander broeders op en gaan dadelik na die binneplaas. Maar die herbergier begin met syne met die bereiding van `n goeie middagmaal.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205