Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 1

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

DIE ONTWIKKELING VAN `n SIEL IN DIE HIERNAMAALS

JAKOB LORBER

 

Biskop Martin

Die vooruitgang van `n siel in die hiernamaals

Jakob Lorber

 

 `n Wenk vir die studie van die werk

Hierdie openbarings eindig met `n vermaning aan die leser deur die Meester. Ons bring dit reeds in die begin aangesien dit kan help om hierdie werk beter te verstaan. (Die Lorber Publiseerders) "Hy wat hierdie stukke uit die geestesryk sal Lees met `n oop gemoed en in goeder trou sal maklik verstaan wat gebeur met die mens in die geesteswêreld nadat hy sy fisiese liggaam verlaat het, en hy sal in staat wees om hierdie kennis te gebruik tot sy voordeel. Die materialis, egter, sal hierdie boek verwerp, soos hy die Skrif verwerp, en dit toeskryf as die produk van `n dwase hersen loose aspirant-skrywer. Dit is nie belangrik nie, want vroeër of later sal hyself kom in die wêreld waar niemand behalwe Ek in staat sal wees om hom te help nie! "In geval een of ander poëties of filosofies geneigde leser aanstoot neem dat sommige van Martin se gepraat te aards klink, vuil en ydel, laat hom besef dat" waar daar `n dooie is, die aasvoëls bymekaar kom. " Die menslike gees is dieselfde in sy ellende, op die aarde of in die geestesryk; slegs wanneer hy gereinig is, sal hy ook praat soos `n suiwer gees. "Alhoewel hierdie openbaringe n omvattende beeld gee van die geestesryk en die leiding van die siele in die hiernamaals, moet jy dit nie beskou as die algemene nie, maar slegs as `n individuele geval van leiding, gerig uitsluitlik op die volmaak wording van Martin. Die toneel rondom Martin moet as `n eie-geheel beskou word. "Aanvaar hierdie openbaringe in goeder trou, en u weg in die hiernamaals sal makliker wees as dié van duisende ander, wat in hulle geestelike duisternis nie `n sprankie kennis het van die lewe in die hiernamaals nie. "My genade, seën en liefde is met julle almal! Amen.")

 

Hoofstuk 1

 DIE EINDE VAN OU BISKOP MARTIN SE TYDELIKE BESTAAN, EN SY AANKOMS IN DIE GEESTES RYK.

 n’ Biskop, wat altyd baie bewus van sy waardigheid sowel as sy dogma was, het siek geword vir die laaste keer. Hy, wat reeds as `n assistent-priester, gewoond was om die vreugde van die hemel in rare kleure te verf en om die genot en heerlikheid van die ryk van die engele met groot entoesiasme te beskryf, en nie uit te laat om te praat van die hel en die vagevuur nie, het nog nie `n begeerte, selfs as `n ou man van bykans tagtig, om besit te neem van sy veel geprysde hemel nie. Hy sou nog `n duisend jaar verkies het op hierdie aarde as om na `n toekomstige hemel met al sy genot en heerlikhede te gaan. Daarom het ons siek biskop alles in sy vermoë gedoen om sy gesondheid te herstel. Hy moes deur die beste dokters omring word. Kragtige misse moes gevier word in al die kerke van sy bisdom; en al die skape van sy kudde is gevra om te bid vir sy lewe. In sy siekekamer is `n altaar opgerig waar die mis drie keer elke oggend gevier moes word om hom te help herstel, en in die namiddag, moes drie van die mees vrome monnike die brevier aanhoudend bid aan die voorkant van die gewyde hostie.

Hyself het bly uitroep: "Ag, Meester, ontferm U oor my! Heilige Maria, geliefde moeder, help my! Hê genade op my waardigheid as prins-biskop vir jou Seun se heerlikheid! O, verlaat jou mees getroue dienskneg nie, u Helper in nood, u enigste ondersteuning van die ellendiges. " Maar dit alles het nie gehelp nie. Ons man het in `n koma verval waaruit hy nie weer wakker geword het in hierdie wêreld nie. U weet van die "uiters belangrike" seremonie vir `n oorlede biskop, en ons hoef nie tyd met die beskrywing daarvan te mors nie. In plaas daarvan, laat ons in die geeste wêreld kyk om te sien wat ons man daar doen.

Kyk, hier is ons - en daar kan ons man gesien word nog steeds op sy siekbed; terwyl die hart nog warm is sal die engel nie die siel van die liggaam skei nie. Hierdie warmte is die senuweegees wat ten volle geabsorbeer moet word deur die siel voordat totale skeiding onderneem kan word. Uiteindelik het hierdie man se siel die senuweegees heeltemal geabsorbeer en die engel sny dit van die liggaam af met die woorde: "Ephetha – staan op siel, maar jy, stof, keer terug na jou ontbinding deur die koninkryk van die diere en vergaan. Amen."

Alreeds sien jy ons biskop opstaan in sy volle biskopsgewaad, net soos tydens sy lewe, en hy maak sy oë oop. Hy kyk rond in verbasing, maar sien niemand nie, selfs nie die engel wat hom opgewek het nie. Die omgewing is slegs sigbaar in `n vae lig, soos van laat skemer, en dit lyk of die grond bedek is met droë berg mos. Ons man is nie `n bietjie verbaas oor hierdie ongewone situasie nie, en sê aan homself: "Wat is dit? Waar is ek? Is ek nog lewend, of het ek gesterf? Ek moes ernstig siek gewees het, en dit is heel moontlik dat ek reeds onder die oorledenes is! O, om Gods wil, dit moet so wees! O, Heilige Maria, St Joseph, St Ann - julle, my drie mees kragtige helpers, kom help my om in die Koninkryk van die Hemel te kom!"

Hy wag `n rukkie, kyk versigtig rond om te sien uit watter rigting die drie sal kom, maar hulle kom nie. Hy roep weer, hierdie keer harder, en wag, maar nog steeds kom niemand. Vir `n derde keer roep hy, nog harder, maar steeds tevergeefs. Nou begin ons man baie bang voel. Hy besef sy wanhopige situasie en sê: "Ag, om Gods wil, Meester, help my! (Dit is net sy gewone frase.) Wat beteken dit? Ek het drie keer geroep en daar is geen reaksie nie! Is ek gedoem? Hoe kan dit wees, want ek sien nie enige vuur, of `n duiwel nie? O, O, O [bewende]. Dit is werklik verskriklik! So alleen! O, God, wat sal ek doen as een van hierdie duiwels nou opdaag terwyl ek sonder `n heilige skrif of kruisbeeld is -?

En dit word gesê dat die duiwel begerig is vir biskoppe! O, wat `n desperate situasie! Ek glo die “geween en gekners van tande" is reeds op my! ' Ek sal my biskopskleed weggooi, sodat die duiwel my nie sal herken nie. Maar miskien sal dit hom nog meer mag oor my gee? O, wat `n verskriklike ding is die dood nie! As ek tenminste heeltemal dood was, dan sou ek nie bang wees nie, maar hierdie lewe na die dood is so verskriklik!

"Ek wonder wat sal gebeur as ek sou aanstap? Nee, nee, ek wil eerder hier bly. Wat die gevolge is van `n tree in die donker sal net God weet. Daarom sal ek eerder hier bly tot die Oordeelsdag, in die naam van God en van die geseënde maagd! "


 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205