Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 21

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

-Hoofstuk 21 -

BISKOP MARTIN SE FILOSOFIES VERSPOTTE VERSKONING. ‘N VRIENDELIKE EN GODDELIK ERNSTIGE GEWETE WEERKAATSER.

(Biskop Martin): "Dit sou heeltemal in orde wees om God bo alles lief te hê en jou naaste soos jouself, as mens net geweet het hoe om dit te doen. Want moet God nie met die suiwerste liefde bemin word nie, wat waarskynlik ook van toepassing is op die liefde vir jou naaste nie, maar hoe kan ons so `n liefde in onsself laat ontwaak? Ek is vertroud met die gevoel van vriendskap en met liefde vir vroue. Ek ken ook die selfsugtige liefde van kinders vir hulle ouers. Maar ouerliefde ken ek nie. Die liefde van God kan onmoontlik nie soos enige van hierdie tipes van liefde wees, wat gerig word teenoor ander wesens en gebaseer is op eiebelang nie.
Ek beweer selfs dat die mens, as God se skepsel, nie in staat is om sy Skepper lief te hê nie. Dit kan moontlik wees, slegs met `n absolute goddelike vryheid, wat die aartsengele dalk geniet. Maar die mens bevind hom op die laagste vlak van geestelikheid, ver verwyderd van God se heiligheid en absolute Goddelike vryheid.

God moet tevrede wees om liefgehê te word deur Sy skepsels soos hulle mekaar liefhet, soos kinders van hul ouers hou, of soos `n jong man sy meisie liefhet, of soos een broer lief is vir `n ander, of ook soos `n arm man lief is vir sy onbaatsugtige weldoener, of `n heerser sy troon, of soos elke man lief is vir homself.

Maar vir sulke liefde, is daar geen voorwerp - selfs nie die vermoë om so `n verhewe voorwerp te visualiseer nie. Hoe lyk God? Watter mens het nog ooit God gesien? Wie het met Hom gepraat? Hoe is dit moontlik om `n wese lief te hê wat jy nie eers kan voorstel nie? `n Wese wat nie eers histories bekend is nie, slegs fabelagtig, met poëtiese versierings afgewissel met idees uit die strenge antieke Hebreeuse morele kode."

(Nou praat Ek): "Vriend, met hierdie absurde rommel, kan jy nie eers `n enkele draad van jou vuil kledingstuk reinig nie! Jy het baie voorwerpe gehad in die wêreld. Daar was die baie armes, die weduwees, weeskinders, en ontelbare ander behoeftige mense. Hoekom het jy hulle nie liefgehad nie, hoewel jy baie liefde vir jouself gehad het? Jy het jou eie ouers liefgehad net ter wille van hulle geskenke vir jou. En as jy gedink het dat hulle jou nie genoeg gegee het nie, het jy gewens dat hulle moet sterf sodat jy van hulle kan erf. Jy het jou ondergeskikte priesters liefgehad as hulle jou met ryk offers bedien het; as dit ophou inkom, het jy hulle onverbiddelike tiran geword.

Jy het die ryk skape geseën wat ryklik geoffer het, terwyl die armes met die hel gedreig was. Jy het die weduwees goed genoeg liefgehad as hulle jonk, mooi en ryk was, en bereid om jou vreugde te gee; en dieselfde geld vir die goed ontwikkelde weesmeisies tussen die ouderdomme van sestien en twintig jaar. Met `n liefde vir hierdie tipe voorwerpe is dit natuurlik onmoontlik om jouself te verhef in nadenke en in liefde vir die hoogste en mees liefdevolle voorwerp.

Aangesien die Evangelie, die mees verhewe onderrig van Jesus die Christus, die hoofvak in jou opvoeding was, hoekom het jy nie tenminste een keer in jou lewe probeer om slegs een van die tekste te beoefen nie, om uit te vind wie dit geïnspireer het? Is dit nie geskryf nie; Hy wat My gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet, en ek sal Myself aan hom openbaar?

As jy maar een van die tekste in die praktyk probeer het, sou jy jouself gou oortuig het dat hierdie onderrig van God af is, bowendien, sou God se objektiwiteit denkbaar geword het soos dit geword het vir baie duisende eenvoudiger mense as wat jy is. Dit is verder geskryf: "Bid, en vir julle sal gegee word; soek en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word." Het jy ooit enige van hierdie gedoen? As jy nooit enige van hierdie gedoen het nie, kon jy onmoontlik `n geestelike beeld van God gekry het. Daarom is dit absurd van jou om te sê jy kan God nie liefhê nie, want Hy het nooit `n voorwerp vir jou geword nie, terwyl dit sou gebeur het as jy iets gedoen het vir hierdie doel. Vertel my, watse beeld van God kan jou onsuiwer liefde opgeroep het wat `n paar vonke uit jou verharde hart kon trek? Jy is stil, maar ek sal dit vir jou beskryf.

God sou óf `n pragtige vrou, of jou met die grootste moontlike krag en heerlikheid beklee, en behalwe dit, jou toelaat om met die mooiste meisies te slaap, sonder dat jou manlikheid ooit verminder. Hy sou jou alles moes toelaat wat jou verbeelding alles dalk kan oorweeg as genotvol, selfs Sy Goddelike natuur aan jou gee, sodat jy die heelal kan gebruik vir jou eie plesier.

So `n God sou jy dalk beminlik vind, maar die beeld van `n arm gekruisigde Jesus sou die konsep van die Godheid ondraaglik maak, selfs veragtelik vir jou. Geen wonder dat jy onder hierdie omstandighede moet vra hoe om God lief te hê met `n suiwer, waardige liefde. Die rede is duidelik: Jy wou God nooit begryp nie en gevolglik Hom liefhê nie! Jy was te bang `n beter gees neem besit van jou en lei jou na sagmoedigheid, liefde vir jou naaste, en uiteindelik, na ware begrip en liefde vir God.

Dit is die werklike rede hoekom jy gevra het hoe God kan en moet bemin word. Maar aangesien jy nie jou broers, wat jy sien en nog steeds nie wil liefhê nie, hoe kan jy God liefhê wie jy nie sien en nie wil sien nie? Ons twee is nou jou beste vriende en broers, maar in jou hart bly jy ons voortdurend minag, hoewel ons jou wil help. Daarom, verander jou hart! Begin om jou weldoeners lief te hê en jy sal die pad na die hart van God vind, sonder jou dom filosofie. Laat dit so wees!"

(Biskop Martin): "O ja, jy is heeltemal reg, en ek het baie liefde en respek vir altwee van julle, in julle wysheid, julle krag, liefde, geduld en volharding. Maar as jy, my liefste vriend, my nie aanhou herinner aan my skuld nie, met nadruk op die erns daarvan, sal ek jou baie dieper liefhê. Maar die indringende skerpte van jou woorde vul my met vrees in plaas van met liefde vir jou en jou vriend, Petrus. Laat jou woorde meer bedagsaam wees, en ek sal jou liefhê met my hele hart."

(Ek sê): "Vriend, wat verwag jy van My? Beskou jy `n vleier `n ware vriend, een wat bang is om die waarheid reguit aan iemand te vertel? Jy mislei jouself! Daar is nie `n goeie woord vir jou te sê nie! Nie een edele daad van liefde van jou kant nie! As jy ooit iets gedoen het wat edel gelyk het vir die wêreld, was dit regtig boos. Want al jou aksies was net beleid, vir die wegsteek van `n paar geheime tiranniese skemas. Vir enige toevallige inhalige liefdadigheid, moes die hele wêreld in kennis gestel word. Is dit in ooreenstemming met die evangelie wat leer dat die regterhand nie moet weet wat die linkerhand doen nie? Wanneer jy iemand advies gegee het in jou hoedanigheid as `n geestelike, was daar altyd `n wins vir jou daarin gewees.

Wanneer jy vriendelik gelyk het, was dit bedoel om almal om jou te wys hoe hoog jy eintlik is. As jou stem sag geklink het, het jy net gepoog om te bereik wat die verleidsters met hul liedjies of die hiënas met hulle huil bereik. Jy was altyd `n gulsige roofdier! In kort, daar was geen verlossingshoedanigheid in jou nie, en jy was bykans al oor jou kop en ore in die hel. Maar die Meester het genade met jou, neem jou, en wil jou verlos van die boeie van die hel. Dink jy werklik dit kan moontlik wees sonder om jou te wys hoe jy is?

Of het jy nog nooit gesien wat `n horlosiemaker op aarde doen met `n horlosie wat buite werking is nie? Hy haal dit uitmekaar, bestudeer en maak elke partjie versigtig skoon, maak reguit wat gebuig is, vyl, waar nodig, voeg by wat dalk ontbreek, en sit dan die hele beweging weer saam. Kon `n horlosiemaker `n foutiewe horlosie laat loop as hy dit net aan die buitekant gepoleer het, maar die beweging gelos het soos dit was? Jy is soos `n horlosiebeweging wat heeltemal buite orde is, en jy kan net beter word indien jou korrupte aard volledig ontleed word. Alles moet dus aan die lig van die ewige onverganklike waarheid blootgestel word, dat jy `n goeie blik op jouself kan kry en alles sien wat heeltemal korrup binne-in jou is.

Slegs nadat jy al jou foute herken het, kan die werk begin om jou weer `n mens te maak in ooreenstemming met die orde van God. Maar dit moet `n totaal nuwe mens wees, want jou huidige een is absoluut nutteloos!

Aangesien Ek dit alles vir jou doen, verdien Ek nie jou liefde nie?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205