|
Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 8
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206. |
|
|
-Hoofstuk 8 -
MARTIN SE KRITIEKE MONOLOOG EN BELYDENIS.
Alleen in die veld, begin hy die volgende monoloog:
(Biskop Martin): "Waar is my gids nou heen? Dit is nou `n goeie gids! Verdwyn net wanneer `n mens hom die nodigste het! Maar wanneer mens `n fout maak - verskyn hy dadelik! En ek hou nie daarvan nie! As hy nie by my bly om my te lei op hierdie onveilige paaie in die geesteswêreld nie, kan hy eerder wegbly as om na my toe te kom as ek alreeds gesondig het op die een of ander manier. As hy my wil lei na saligheid, moet hy sigbaar by my bly, anders is sy leiding van geen nut hoegenaamd nie. Wel, wag, jou Lutherse wegkruiper van `n gids, jy sal my `n harde geval vind en gou jou geduld verloor! Wat erger kan met my gebeur? Ek is al reeds `n Lutheraan - volkome ryp vir die hel volgens Rome se standaarde! Miskien al reeds in die hel sonder dat ek dit besef. Daarom, laat die pragtige lammers net terugkeer na my. Ek sal nie `n wolf in skaapsklere vir hulle wees nie, maar `n vurige minnaar. Ek sal nooit my hand teen hulle lig nie, ook nie hul name uit die boek lees nie, sodat hulle nie wegvlug van my af nie. Ek sal myself nie tot so `n mate vergeet met die een of die ander van hulle soos ek dit voorheen gedoen het nie, maar ek sal beslis nie my hand lig nie, of hulle name lees nie! En as my gids dan weer verskyn uit sy wegkruipplek, sal ek hom wys hoe `n biskop van die aarde kan praat, as hy wil!
Ek wonder waar bly die liewe klein engele? Daar is nêrens `n spoor van hulle nie! Wat my aanbetref, ek voel nou baie moediger. Kom net, julle skattige klein engele, en julle sal die regte man nou in my vind, nie meer `n lafaard nie, maar `n held! En wat `n held!
Maar, waar sou hulle wees? Dit is nogal `n rukkie sedert my gids my verlaat het, en nog steeds geen teken van iemand nie. Wat sou dit beteken? Is dit moontlik dat my gids my weer geflous het? Dit lyk amper so! Ek het weer die gevoel asof baie jare verstryk het sedert hy my verlaat het - miskien groei dit na miljoene.
Lewe in die geesteswêreld is regtig vreeslik. Alles lyk vaag, daar is geen behoorlike lig nie. En dinge is nie wat hulle voorgee om te wees nie. Selfs die rots waarop ek sit en wag vir die skape en lammers is waarskynlik nie `n rots nie. En wie weet wat die liewe klein engele in werklikheid is? Waarskynlikste - niks! Anders sou hulle nou al hier gewees het. O, ja, niks is soos wat dit lyk nie, nie eers my gids nie, of anders sou hy nie so skielik in die niet kon verdwyn nie.
Dit laat my dink aan `n droomlewe. Hoe dikwels het ek gedroom van allerlei lawwe dinge, van verskeie transformasies. En wat was dit regtig? Niks nie, behalwe prentjies geskep deur die verbeeldingryke krag van die siel. Op dieselfde manier is die lewe hier niks anders as `n onsinnige, leë, ewige droom nie. Net my oorwegings lyk of dit werklike inhoud het, al die ander is verbeelding. Nou het ek al byna tweehonderd jaar vir die lammers en skape gewag, en geen teken van hulle nie.
Wat steeds vir my vreemd is, is dat in hierdie wêreld van verbeelding die boek hier, my boereklere, en die hele landskap, met inbegrip van die huis en die Lutherse kerk, onveranderd gebly het. Daar moet iets in hierdie hele besigheid wees, maar die vraag bly - wat? Kan dit wees dat ek verkeerd was om nie sy raad dadelik te volg nie? Maar as hy `n ware gids is, sou hy my onmiddellik berispe het in plaas van te verdwyn. Het hy nie gesê dat as ek weer val, sou dit my baie skade doen en my dalk `n paar honderd aardse jaar kos nie? Maar het ek regtig geval? Met my gedagtes en wil, natuurlik, maar nie met dade, wat onmoontlik is, aangesien sekere klein engele glad nie verskyn het nie.
Miskien verskyn hulle nie as gevolg van my gedagtes en wil. Dit kan maklik die geval wees. As ek net ontslae kan raak van sulke gedagtes. Hoekom moet die klein engele so aantreklik wees? Nou het ek myself werklik in die moeilikheid gekry. Ek sal net op my tyd wag tot my dwase gedagtes en neigings afneem.
Ek verstaan dat dit bedoel is as `n toets met betrekking tot my grootste swakheid, ek sal in `n baie moeilike posisie wees, want op hierdie spesifieke punt was ek `n dier gewees in my aardse lewe. Elke keer wat ek `n welbedeelde meisie gesien het. . . taceas [stilte]! En al die pragtige jong nonne wat ek. . . taceas de rebus praeteritis [moenie praat oor dinge van die verlede nie]! O, daardie wonderlike tye - maar nou taceasl Hoe streng was ek in die konfessionele met die beleiers nie en hoe laks teenoor myself! Baie jammer en baie verkeerd! Maar wie, behalwe God het die krag om die drange van die natuur te weerstaan?
As dit nie vir die domme selibaatheid was nie, dan kon `n biskop die man van `n goeie vrou gewees het, wat sovêr ek weet, St Petrus uitdruklik gevra het. Dan sou die stryd teen die vlees sekerlik soveel makliker gewees het. O, blast! Maar dit is soos dit is en wie kan dit verander? Die Skepper, natuurlik, as Hy wil, maar sonder Sy hulp, sou die mense, veral my soort, ten alle tye net `n dier bly. Meester, ontferm U oor my! Ek besef dat indien U nie help nie, ek nie `n kans het nie, want ek is `n dier - en my gids `n hardnekkige skurk, miskien selfs die gees van Luther! Geduld, verlaat my nie. Ek moes seker al `n duisend jaar op hierdie plek spandeer het. "Ten laaste word hy stil, en wag vir die skape en lammers.
|
|
|
|
|