Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 68

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 68 -

BOREM SE VERLIGTE WOORDE OOR DIE WEG TOT SALIGHEID.

In die huis kom een van die Minoriete, wat reeds, op `n vorige geleentheid baie sinvol gepraat het, hulle tegemoet en vra Biskop Martin: "Liewe vriend en broer, wat was daar buite wat gemaak het dat jy so vinnig uitgegaan het? Ons was almal baie bekommerd en het gedink dat jy dalk geroep was om rekenskap te gee vir ons en dat iets sleg jou dalk oorgekom het. vertel ons wat gebeur het?"

(Biskop Martin glimlag): "Liewe vriende en broers, moenie bekommerd wees oor my nie. Kyk hier, die Meester het hierdie liewe vriend en broer gestuur vir julle en my eie onthalwe, om my te help om julle op die regte weg te lei. Dit is die enigste rede waarom ek na buite geroep was. Almal van julle behoort na hierdie vriend van die Meester te luister en sy raad te alle tye te volg, dan sal julle lot en dalk myne ook, binnekort aansienlik verbeter. Want Ek is ook nog ver van `n geseënde gees, maar slegs op pad na bereiking van volle saligheid deur die genade van die Meester. Hou aan strewe na hierdie genade, almal van julle en dit mag gebeur dat ons almal saam die pad mag betree na die ryk van Goddelike Lig."

(Die Minoriet): "Ja, broer, ons belowe jou en jou vriend om streng by al die instruksies wat julle aan ons gee te hou, ten einde minstens `n bietjie van die Meester se genade te ontvang."

(Borem): "Ja, liewe broers en susters, hou by hierdie belofte uit die diepte van julle hart. Wees vir Jesus Christus, die Gekruisigde, bo alles lief, want Hy is ons enige en baie liefdevolle en heilige Vader. Bly net Hom en Sy Liefde soek en moenie julle harte op enigiets anders as Hom sit nie en julle sal julself, veel eerder as wat julle verwag, in die huis van Sy ewige liefde vind. Maar julle moet enige materiële, wêreldse gedagtes uit julle harte verban, anders sal dit nie vir julle moontlik wees om die ewige woning van die baie Heilige Vader te betree nie. Luister goed na wat ek julle gaan vertel. In die wêreld het almal van julle twee verskillende, maar in wese valse konsepte van God, die hemel en die siel se toestand na die fisiese dood gehad. Hier is julle nou al in staat om julself te oortuig dat julle aardse geloof nog glad nie in enige iets bevestig is nie. Julle het nie `n vagevuur of `n hel, nóg `n hemel met engele met vlerke gevind nie. En net soos julle dit nie gevind het nie, sal julle ook nie enige van die ander dinge wat julle aan geglo het as Rooms-Katolieke vind nie. Dus, die gebedshulpmiddels van julle kerke en priesters, in wie julle so volkome vertrou het, is van geen waarde hoegenaamd nie. Hier kan niemand na die Meester kom deur middel van intredende genade nie, omdat die Meester in elk geval die grootste genade is en om die baie barmhartige en liefdevolle Vader te dwing om barmhartigheid te hê, sou die grootste goddelose dwaasheid wees. Daarom, om na God, die Meester van die ewige oneindige heerlikheid te kom, moet elkeen hier sy eie werk doen. Kyk, Ek is nou `n groot engel van die Meester en Hy noem my nooit iets anders nie as: "My broer, Ek het jou baie lief!" As ek vir julle intree vir `n ewigheid, sou dit geen verskil maak nie, omdat elke een moet optree uit sy eie liefde volgens sy krag, of hy kan nooit ware geestelike vryheid bereik nie. God is natuurlik Almagtig, maar Sy almag maak niemand vry nie; in teendeel, ons moet verlos word deur ons vrye wil en ons liefde vir God. Anders sou ons net masjiene en automate van God se almag wees. Dit is die rede waarom God, in Sy oneindige wysheid, maniere ontwerp het waarop ons hierdie Goddelike vryheid kan bereik. Hierdie maniere is tot dusver onbekend aan julle, maar ek sal julle daarmee bekend maak. Daarom, wees versigtig om te bly by hierdie manier van julle eie vrye wil en julle sal die bestemming van elke gees geskep deur God, bereik. Van nou af sal julle elke denkbare vryheid toegelaat word. Julle sal dit kry wat julle begeer. Maar dit sal nie ware vryheid wees nie, maar slegs `n toets, wat so verstaan moet word, maar nie misbruik moet word nie. Duisende Evas sal julle die appel van versoeking aanbied, maar vir die liefde van die Meester, mag julle dit nie aanraak nie. Julle sal belaster en gespot word, maar mag nooit kwaad word of dink aan vergelding nie. Julle sal vervolg, beroof en selfs sleg behandel word, maar julle enigste verweer mag net liefde wees, terwyl julle baie middele van wraak tot jul beskikking sal hê. Hou altyd die Meester en Sy evangelie in gedagte en julle sal `n sterk, onwrikbare fondament vir julle ewige, hemelse woning lê. Wat ek julle vertel is die ewige Waarheid van God, die Meester van alle bestaan en lewe. Wie nie aktief die Woord van God in homself sal nakom nie, kan nie Sy Koninkryk binnegaan nie. Elkeen moet deur die nou poort van nederigheid gaan en alles aan die Meester oorlaat. Ons moet niks oorhou, anders as liefde en die diepste nederigheid nie. Niks mag ons aanstoot gee nie. Ons moet nooit dink of sê dat ons geregtig is op iets nie. Net op liefde en nederigheid is ons geregtig, alle ander is die Meester s'n. As die Meester Homself verneder het tot op die laagste moontlike vlak, so moet ons as ons wil gaan waar Hy is. As iemand jou in die gesig slaan, moenie weerstand bied nie, maar hou jou ander wang ter wille van vrede en harmonie tussen julle. As iemand jou mantel wil hê, gee hom jou jas ook. As iemand jou verplig om saam met hom vir `n uur te loop, maak dit twee uur, om die volle maat van jou liefde te demonstreer. Seën jou vyand en bid vir dié wat julle vervloek. Moet nooit kwaad met kwaad vergeld nie, maar doen goed aan diegene wat julle haat - en julle sal ware kinders van God wees. Maar so lank as wat julle, jul reg soek op enige plek buiten in die Woord van God, so lank as wat julle `n doring in jul hart dra, veroorsaak deur `n belediging, so lank as wat julle dink dat julle verontreg is op die een of ander manier, is julle nog kinders van die hel en is die genade van die Meester nie in julle nie. God se kinders moet in staat wees om absoluut alles te dra en te ly! Hul krag moet uitsluitlik in hul liefde tot God en hulle broers wees, of hulle nou goed of kwaad is. Sodra hulle sterk hierin is, dan is hulle absoluut vry en in staat om toegelaat te word in die koninkryk van God. Ek is bewus van die feit dat almal van julle priesters en nonne van die Roomse kerk was, wat die minste verlig van alle kerke is. Ek weet ook dat sommige van julle in die geheim nog steeds trots daarop is. Maar ek waarsku julle almal om nie terug te dink aan wat julle op die aarde was en gedoen het nie. As julle dink aan al die goed wat julle gedoen het, sal die Meester al die kwaad onthou en julle volgens julle werke oordeel. Want, wie deur die Meester geoordeel word, ontvang die dood, nie die lewe nie, want oordeel is die siel se dood in ewige gevangeskap van sy gees. Wanneer die Meester sê: "As julle al hierdie dinge wat julle beveel is, gedoen het. Sê; ons is slegte dienare,” hoeveel te meer moet julle, wat nog nooit geleef het volgens die Evangelie nie en ook nie julleself, of julle broers, in ag geneem het nie, dit bely. Dit het ek aan julle gesê in die Naam van die Meester en dit getrou soos ontvang van die Meester, aan julle gegee, sonder om `n enkele woord toe te voeg of weg te neem. Dit is nou vir julle om dienooreenkomstig op te tree en van nou af sal julle geen verskoning hê dat julle dit nog nooit gehoor het nie, as gevolg van hardnekkige nie-nakoming van die Meester se wil, val julle onder die oordeel. Maar vir diegene wat van goeie wil is, wat alleenlik val as gevolg van hulle inherente swakheid, is ek en hierdie broer hier om hulle terug op hulle voete te help. Dus, sien julle dat eerste van alles, om te begin met julle goeie wil noodsaaklik is en dan met die optrede. Daarom, maak seker dat jy die eerlike oortuiging het om die regte ding te doen en die Meester sal nie te noulettend op die eintlike daad wees nie, want die goeie wil kan al beskou word as die werk van die gees. Maar wee die van julle wat in die geheim `n sluwe en bose wil het, maar net uiterlik voorgee om van goeie wil te wees! Ek sê vir julle in die Naam van die mag van die Meester, wat op hierdie oomblik deur my waai soos `n orkaan deur `n bos, so een sal direk na die hel gedryf word en in die put van die ewige verdoemenis gewerp word, soos `n klip wat val uit die hemel in die dieptes van die see, van waar hy nie uitgehaal kan word nie, maar sal bly lê in die modder van die bodemlose put van oordeel! Nou weet julle wat om te doen om die Koninkryk van die Meester binne te gaan as Sy ware kinders. Doen dienooreenkomstig en julle sal lewe! Ek en julle eerste vriend hier sal agter julle wees, selfs al is dit nie altyd sigbaar nie, ter ondersteuning van diegene wat dalk struikel weens hulle swakheid. Maar as iemand sou val as gevolg van sy boosheid, sal hy nie gehelp word nie, behalwe dat hy in dieselfde munt betaal mag word. Moenie vra oor die plek waar julle aan hierdie toetse onderwerp sal word nie. Hulle sal plaasvind hier en daar, wanneer dit die minste verwag word, sodat dit nie inmeng met jou vryheid nie. Die Meester is met julle en met ons! Amen!"

(Biskop Martin): "Broer, dit is duidelik dat jy dit gespreek het met die Meester se gesag en elke woord is absoluut waar. Jou woorde het my diep geraak omdat hulle `n aantal punte opgehaal het wat my naby aangaan."

(Borem): "Dus sal dit jou nie seermaak om op hulle te let nie! Ek sal nie daarvan hou dat jy nou al die mooi Mercuriaan op jou eie ontmoet nie! Verstaan jy my broer?"

(Biskop Martin): "Natuurlik, jy is heeltemal reg! Jy weet dat ek nog `n bietjie van `n dier is, maar ek hoop dit gaan binnekort verander!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205