|
Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 16
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206. |
|
|
- Hoofstuk 16 -
BISKOP MARTIN SE SKULDBEKENTENIS. SY OPLOSSING, OM BY DIE LOODS TE BLY, SY REDDER EN DIE ENGEL PETRUS AS DIE DERDE BONDGENOOT.
(Biskop Martin): "O, my liewe vriend, ek moet tot my jammerte erken dat jy reg is in elke detail en ek sien nou dat ek geen verskoning het nie en ek is alleen verantwoordelik vir alles wat gebeur het. Maar ek wil graag van jou weet waarheen jy my neem en wat my lot sal wees vir die ewigheid."
(Die skipper): "Vra jou hart, jou liefde! Wat sê sy? Wat begeer sy? Wanneer jou liefde `n definitiewe antwoord op jou vraag gegee het, sal jou lot beslis wees binne-in jou. Want almal word geoordeel deur sy eie liefde of begeerte:"
(Biskop Martin): "O, vriend, as ek geoordeel word deur my liefde, sal net God weet waarheen ek sal gaan! Want my gedagtes is nog steeds net soos dié van `n modegek vrou wat `n keuse van honderde rokmateriale het en nie in staat is om te besluit wat om te neem nie. `n innerlike gevoel trek my na God, my Skepper. Maar dan kom my baie groot sondes in die pad en laat die bereiking van hierdie wens onmoontlik lyk. Toe onthou ek die skape en lammers van hierdie wêreld, en dat dit nie onaangenaam sou wees om by sulke skape tot in ewigheid te lewe nie. Maar `n innerlike stem waarsku my dat dit my nooit nader aan God sal bring nie, dit sal my eerder verder weg neem. So sink ook hierdie troetel idee van my in hierdie peillose diep see. Weer kom die gedagte by my op dat ek kan lewe as `n eenvoudige boer in `n uithoek van hierdie ewige geesteswêreld en miskien een maal die guns toegestaan word om Jesus te sien, selfs al is dit net vir `n oomblik: Maar dan herinner my gewete my weer dat ek nie waardig is vir so `n groot eer nie - en ek sink terug in my sondige nietigheid voor Hom, die Allerheiligste! Slegs een idee lyk my die minste moeilik te wees, en ek moet erken dat dit nou blyk my troetelidee te wees - naamlik om by jou te bly deur alle ewigheid, waar jy mag gaan. Alhoewel, in die wêreld kon ek nie diegene vat wat dit gewaag het om my die waarheid te vertel nie, ek het jou baie lief gekry, want jy het my die waarheid vertel soos `n wyse, maar sagte regter. By hierdie troetelidee van my, sal ek bly tot in ewigheid!"
(Die skipper): "Goed, as dit jou groot liefde is, waarvan jy nog jouself moet oortuig, kan dit dadelik geskied. Ons is nie ver van die strand nie en redelik naby die hut waar ek woon. Jy is nou bewus van my beroep - dat ek `n loods is in die ware sin van die woord. Jy kan deel in my besigheid en in my klein stukkie grond, wat ons goed sal bewerk in ons vrye tyd om ons `n lewensbestaan te bied. En as jy nou kyk, sal jy iemand langs jou vind wat getrou by ons sal bly."
Vir die eerste keer op hierdie reis, draai die biskop om en onmiddellik herken hy die engel Petrus. Hy omhels hom, en vra sy vergifnis omdat hy hom beledig het.
Petrus antwoord met dieselfde liefde en loof die keuse wat die biskop se hart gemaak het.
Die boot het intussen die kus bereik, is vasgemaak aan `n paal, en die drie betree die hut.
|
|
|
|
|