Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 83

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 83 -

BISKOP MARTIN SE VERLANGE NA DIE MEESTER. DIE VISSE IN DIE SAK. SORTERING VAN DIE VISSE. DIE BEKER, HOUER VAN GENADE, EN ANDER SOORTGELYKES. DIE BEGIN VAN MARTIN SE GEESTELIKE VERLOSSING.


(Biskop Martin): "Mag die Meester my verlossing gee volgens Sy genade en ook aan almal wat nog min of meer blind is. Solank as jy nog nie heeltemal tuis in hierdie gebied van geeste is nie, is jy nie in staat tot innerlike, salige tevredenheid nie. En jy kan nêrens anders tuis wees as in die huis van die Meester nie, die mees heilige huis van die Vader. Daarom is my grootste begeerte om so gou as moontlik by die Meester te wees. So ek sal nou die grootste moontlike aandag gee aan alles wat ek sien, dat my verlossing gou uitgewerk kan word. Dus sal ek weer op die agterkant van die kop van hierdie dame konsentreer. "Ah, die twee boodskappers sleep die sak na die kus. Wat gaan hulle nou doen? Hulle sal nie die sak, of liewer die inhoud daarvan, weer in die see gooi nie, sal hulle? Die ou man en sy dogter help met die sak, terwyl die ander ou mense bedees wag vir die verdere ontwikkeling. Dit lyk nie of hulle weet wat die sak bevat nie. Die sak het die water bereik en word geopen. Ek wonder wat dit sal openbaar? O kyk net, `n groot hoeveelheid vis kom uit, daar is groot en klein vissies, party vars, ander vrot en leweloos. Nou begin die twee boodskappers om die vars vis te skei van die verrottes, wat hulle in die see gooi. Die varses word in `n pragtige houer gesit, wat ooreenstem met `n groot beker en blink asof dit gemaak is van silwer of goud. Waar kry hulle hierdie dinge so skielik vandaan, as dit nie van tevore daar was nie? Die oomblik dat hulle benodig word, is hulle daar, as of deur toordery! Maar eintlik kan ek verstaan hoe sulke dinge tot stand kom. Hulle word benodig in die loop van die goddelike orde! Die Meester wil dit hê en dit is beskikbaar! Is dit nie so nie, my geliefde broer, Borem?"

(Borem): "Ja, jy is reg. Jy besef nou dat die Meester is alles in almal. En daarom vind jy dit nogal maklik om te verstaan, uit die diepte van jou wese, die bron van al die talle wonders wat jy hier gesien het. Bly nou kyk!"

(Biskop Martin): "Ja, broer, ek konsentreer op die toneel. Ek kan nou sien dat die beker groter word, met sy staander, maar dit groei nie in hoogte nie, net die omtrek. Die vis daarin swem flink, net soos op aarde die goudvis in `n glasbak swem, behalwe dat hierdie vis aansienlik groter is. Hulle moet die vorige dames wees wat as lelike paddas die see ingedryf was. Maar so ver kan ek nie `n verduideliking vind waarom hulle hierdie keer as vis verskyn nie, of die rede waarom baie vrot en dooies in die see teruggegooi is. Ek het `n baie dowwe idee van die rede waarom, maar ek kan dit nog nie in woorde uitdruk nie. Wag, Ek het `n idee! Ja, ja, nou het ek dit! Die beker verteenwoordig die houer van die Meester se genade en barmhartigheid, waarin hierdie dames nou toegelaat is. En die water in die houer is lewende water wat hierdie dames, wat nog steeds in die vorm van vis is, gaan reinig en hulle hul menslike vorm gaan teruggee. Die groter word van die beker verwys na die groei van die Meester se genade en barmhartigheid. Die visvorm lyk of dit die vorm van die vrye verteenwoordig, die nederige bekeerdes en in die algemeen, van alle mense wat uit hul eie vrye wil gevang word vir die koninkryk van God, deur die Woord van God, of liewer, bereid is om gevang te word. Dit is waarom die Meester self Sy apostels "vissers van mense" genoem het, en wat betref die verrotte vis wat teruggegooi is in die see, het die Meester self `n beskrywing van hierdie gebeurtenis in die Evangelie gegee, die waarste goeie tyding uit die hemel. Dat die visse in die beker - ten minste vir die oomblik - beter af is as dié in die see, is duidelik. Wat dink jy, liefste broer? "Is my interpretasie korrek?"

(Borem): "Al ons liefde vir die Meester, onse God! Wees bly, broer, want die Meester het jou gees verlos! Dit was nie deur jou siel verstaan nie, maar slegs deur jou gees wat die Meester nou ten volle laat ontwaak het in jou. Daarom kan jy nou die hemelse betekenis van dinge verstaan. Dit is die begin van jou verlossing, wat ek verskeie kere aan jou genoem het en terselfdertyd is dit die einde van die tweede toneel van hierdie groot geestelike drama. Jou interpretasie van wat jy gesien het in hierdie toneel is korrek in elke detail, alhoewel jy nog nie volle geestelike visie bereik het nie. Maar wat jou nog ontbreek, sal die derde toneel gee, te danke aan die onbeperkte genade van die Meester. Daarom, bly kyk en jy sal die magtigste manifestasies sien en ook die mees wonderbaarlike maniere leer waarop die Meester Sy kinders na die groot doel van verlossing en lewe lei. Skenk aandag, hierdie baie belangrike derde toneel begin nou!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205