Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 43

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 43 -

SATURNUS, AS DIE MEES GLORIERYKE VAN ALLE PLANETE. DIE AARDE AS 'N SKOOL VIR DIE KINDERS VAN GOD EN DIE TONEEL VAN DIE MEESTER SE INKARNASIE.

(Die Meester): "Hier is ons al by die oop deur, en die pragtige hemelse wêreld wat jy duidelik kan sien: die groot wal, wat in die vêrte ligblou lyk en daarbo, in volmaakte groepering, sewe verdere ‘wêrelde’, asof vrylik hangend, sigbaar, dit alles in ooreenstemming verteenwoordig die planeet Saturnus, die mooiste en die beste van wêrelde wat om die son sirkel. Jou aarde omsirkel dit ook, maar dit is die lelikste en die laaste planeet van die hele skepping, bestem om `n skool van sagmoedigheid en die kruis vir die grootste geeste te wees. Die rede hiervoor is as volg: Wanneer `n groot en magtige meester van die wêreld deur die strate van sy woongebied ry, sal die mense, wat gewoond is aan hom, hulle skaars draai om hom te groet en hom te eer. Hy, aan die ander kant, wat sy mense ken soos bure en bewus is daarvan dat hulle hom ken, verwag dit glad nie. Maar, as hy reis na `n ver klein plekkie, sal omtrent almal voor Hom buig, en daar wys hy wie hy werklik is. In sy woongebied sou so `n vertoning geen effek hê nie, want almal ken hom as `n bekende gesig.

Dit kan ook vergelyk word met iemand wat `n klein hoeveelheid kruit ontsteek in `n baie groot saal, waar die ontploffing redelik ondoeltreffend sou wees. Maar as dieselfde hoeveelheid kruit ontsteek was in `n baie beperkte ruimte, dan sou die gevolg `n luide ontploffing wees met `n vernietigende effek. Omdat die grootte baie groot lyk in vergelyking met die kleines, die sterk veel sterker in vergelyking met die swakke, en die magtige veral magtig in vergelyking met die swakke, moet die aarde so ellendig en beskeie in alles wees, sodat dit die grootste en mees briljante geeste kan dien, om of nederigheid te leer en daardeur die lewe te wen; of die oordeel en die ewige dood. Want soos reeds aan jou verduidelik, die klein en onbeduidende dien tot die vergroting van die karaktereienskappe van die groot en imposantes. En dit is al reeds hulle oordeel, want waar alles klein en onbeduidend is, moet die groot en belangrike daarmee ooreenkom en hulself nederig maak. As `n lang man `n kamer met `n baie lae deur wil ingaan, moet hy self laag neerbuig, of hy kan glad nie ingaan nie. Dus, die aarde is `n smal en doringrige pad en `n lae en smal poort na die lewe vir alle geeste wat vroeër baie groot was, en wat selfs nog groter wou word.

Maar hierdie geeste het gerebelleer teen hierdie pad, wat hulle te vernederend vir hulle trots gevind het, en het gesê dat hierdie pad te klein is vir hulle: `n Olifant kan nie op `n haar loop soos `n muskiet nie, en `n walvis kan nie swem in `n druppel water nie. Gevolglik was so `n pad nie verstandig nie, en Hy wat dit berei het, was sonder insig of verstand.

Toe het Ek, soos die heel hoogste en beste Gees in alle ewigheid, die kruis opgeneem en die pad geloop as die eerste. En ek het ook gedemonstreer hoe hierdie pad, wat geloop kon word deur die groot en almagtige Gees van God, maklik deur al die ander geeste gevolg kon word ten einde die ware, vrye ewige lewe te bereik. Baie het nou al reeds hierdie pad gevolg en het die gewenste doel bereik, naamlik om kinders van God te word en die ewige lewe te beërwe, met die grootste mag, krag en volmaaktheid en geniet al die kreatiewe eienskappe wat ek besit. Dit kan nie deur die geeste van al die ander ontelbare sterre en wêrelde behaal word nie, net soos nie alle dele van die liggaam kan sien, hoor of voel met innerlike geestelike waarneming nie, wat die werklike bewustheid van `n mens se eie is, sowel as van die ander wese en die vermoë om God te sien en te ken. Net sekere dele van die liggaam het hierdie eienskappe, terwyl by talle ander dele ontbreek dit heeltemal, maar hulle is steeds deel van dieselfde liggaam. Dieselfde geld vir die rasionele wesens wat woon op al die ander sterre: hulle is soos die afsonderlike dele van `n liggaam, of in `n meer volmaakte sin, van die hele mens wat in my eie beeld en die van al die hemele is. Daarom het hulle nie vir hul geluk al die goddelike eienskappe wat my kinders besit nodig nie. En wanneer my kinders gelukkig is, is hierdie sterbewoners dieselfde in en saam met hulle, soos julle, my kinders, in en met My is vir alle ewigheid. As jy geluk geniet, geniet al hierdie ontelbare geeste dieselfde in en deur jou, net soos jou welstand jou hele liggaam gemaklik laat voel. Met die oog hierop, maak die heilige liefde dit my kinders se hoogste plig om so volmaak te word as wat Ek Myself is. Want van hierdie volmaaktheid hang die geluk van ontelbare geeste af, wat op sy beurt weer joune oneindig verhoog en verbeter. Nou weet jy waarom ek jou eerste die planete wat die naaste aan jou aarde is, gewys het. Dink hieroor na en volg my nou na deur nommer sewe, waar jy in `n nuwe wysheid onderrig sal word. Maar daar ook, moet jy My niks vra nie. Want Ek alleen ken die pad wat ek jou moet lei sodat jy die hoogste moontlike saligheid kan bereik! Laat ons nou voortgaan. Laat dit so wees!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205