Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 95

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 95 -

CHANCHAH SE VERLANGE OM DIE AARD VAN DIE MEESTER TE DEURGROND. DIE MEESTER SE FORMULE. CHANCHAH SE GLOEIENDE LIEFDE VIR DIE MEESTER.

Chanchah ontvang die kledingstuk met eerbied en toe sy dit aanraak, word haar hele mooie wese salig omvou. Toe sy daar in haar hemelse gewaad staan en ween van vreugde sê sy: "O, vriend, vertel my jou naam dat ek dit vir ewig in my hart kan skryf met gloeiende letters."

(Ek sê): "Mooiste Chanchah, dit is reeds gedoen en as jy jou hart deursoek sal jy dit vind wat jy nou wil hoor van My. Ek verseker jou, jou liefde vir My sal alles aan jou openbaar."

(Chanchah oordink My woorde verbaas en dan na `n ruk, herhaal sy, nadenkend): "Jou liefde vir my sal alles aan jou openbaar. Wat jy wil doen, is reeds gedoen. Deursoek jou hart en jy sal vind wat jy van My wil hoor. Hoe eienaardig! Hmm, hoe kan hy so praat? En waarom brand my hart met liefde vir hom as hy met my praat? Sy stem het soveel mag en krag dat ek voel hy moet in staat wees om wêrelde te skep en te vernietig slegs deur die krag van sy stem. Sy onvergelykbare vriendelikheid, aan die ander kant, straal ware goddelike strengheid uit. Waarlik, ek het `n gevoel van iets groots! O, u heilige woord, nie op aarde gehoor! Heilige klank van spraak: "Jou liefde vir my sal alles aan jou openbaar." Ek wil net een ding weet, sy naam! Maar hy sê: "Alles, alles!" Hoeveel meer die 'alles' bevat! O, Lama, U groot, heilige Lama, hoe sal ek dit verstaan? Wat `n goddelike gestalte, watse majesteit in die uitdrukking van sy oë! Ook die ander twee manne is van goddelike gestalte en lyk baie slim en magtig. As ek egter na hierdie een kyk, brand my hart soos die groot fakkel bokant die hoë toring van die keiser se kasteel en verlig die hele stad beter as die volmaan!

(Chanchah spreek My aan): "O, my liewe, goddelike vriend! Die woorde wat jy met my gepraat het, wie behalwe jy kan dit interpreteer? Hulle het in my hart `n diepe afwagting laat ontwaak en ek kan dit nie meer langer verberg nie, `n diep en magtige liefde vir jou, mees glorieryke een! Dit is waar wat jy gesê het: “Jou liefde vir my!” Ja, my liefde vir jou, glorieryke een! Toe ek op aarde deur die pragtige uitgestrekte tuine van my stad gestap het, het ek dikwels geluister na die sagte geluide waarmee die swane, grasieus oor die oppervlak van `n pragtige dam sweef, die ondergaande son sou groet. Hoewel glorieryke geluide, kan hulle nie met die sagte geluid van jou stem vergelyk word nie. Ek het gereeld vir `n vroeë oggendwandeling gegaan en my windharp saamgeneem. Wanneer die sagte oggendbries sy snare aanraak, is dit so `n wonderlike klank, dat dit my hart laat bewe het van vreugde. Dit was toe, maar nou, sedert ek die hemelse klank van jou stem gehoor het, dat die klank van die harp nie meer Chanchah se hart wil roer nie. Hoe soet het my moeder se woorde geklink wanneer sy na my geroep het: "Chanchah, my lewe, kom na die hart van jou moeder, wat jou meer liefhet as haar eie lewe." Daardie roep, liewe vriend, het meer harmonie gehad as wat die wêreld kon verstaan. En hoe gelukkig het dit die vrolike Chanchah gemaak. Die hele wêreld het verhelder. Dit was soos `n hemelse tuin! Maar toe, my liewe, glorieryke vriend, het ek nog nie die geluid van jou stem gehoor nie! En as ek nou na jou kyk en my bewende hart nog steeds die hemelse klank van jou toespraak hoor soos `n eggo uit die hemel, sink alle vorige geluk terug in die stof. O, my glorieryke een, wat sal ek doen as my hart aanhou om meer en meer feller te brand vir jou?

Lama, Lama, jy is sonder twyfel groot en glorieryk en moet bo alles bemin word! Maar hoe kan arme Chanchah dit help as haar hart hierdie een, wie jou vriend moet wees, met soveel teerheid gevang het? En jy, mees glorieryke een, sal nie kwaad wees vir my omdat ek durf om jou so diep lief te hê nie, sal jy? Want ek kan dit nie help dat jy so heilig in my hart geword het nie. Ek was in die wêreld geleer dat daar vir die goeie mense `n hemel is wat `n duisend keer mooier is as Beijing, die groot keiserlike stad en die hemel was meer goddelik as die majestueuse blou berge. Maar vir my is hierdie hemelse heerlikheid leeg en ek glo dat slegs `n hart vir `n ander hart hemel kan wees vir ewig. In jou het ek my hemel van die hemele gevind! Ag, as jy net ook in my `n bietjie plesier kan vind! "Met hierdie woorde gooi die mooi meisie haarself aan my voete.

(Biskop Martin): "O, Meester, ek bedoel 'broer', ek het U byna weggegee, ek het nog nooit so `n maagdelike sagtheid gesien nie. Dit is sekerlik ware liefde! In vergelyking daarmee voel ek soos `n armsalige os! Wat dink jy, broer Borem? Daar is baie wat ons nog van haar kan leer!"

(Borem, vol respek): "Ja, liewe broer, Martin, in die teenwoordigheid van die Meester van die meesters, sal ons vir ewig bly leer! Ek bewonder die mooi Sjinese meisie. Dit sal `n geruime tyd duur voordat ons in staat sal wees om te kompeteer met die sagtheid van haar emosies en die tipies Oosterse hitte van haar liefde. Dit is baie aangenaam om haar woorde te hoor en die vermeerdering van haar liefde te sien. Maar die grootste geluk vir ons is om die rigting te sien wat haar nog blinde liefde neem."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205